Hart verloor

  • 3

Foto: Canva

Hart verloor

saterdagmiddag
laat winter
onder die blou afdak
van ou eike
se kaal wintertakke
my wynmakersvriend sê:

hierdie is my vandaankomplek
my tuisdorp
my huis
hier het ek my verstand gekry
grootgeword
geleer skryf en lees
skoolgegaan
geswot

en terwyl
die Moederkerk
wit oor ons neerkyk
sê hy amper peinsend:

as ek aan Stellenbosch dink
dink ek eerste aan wingerde
hier het ek twee keer my hart verloor
een keer op my vrou
die ander keer op Cabernet van die Helderberg

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top