
Foto: Canva
Skeppingsprag
Goudgeel topaas ontplof
op berge se omlynde toppe
as son baldadig sy laaste kleure mors
net so voor hy totsiens fluister
en nag volop haar mond soen
gulsig drink my oë dorstig
aan die uitgestorte
hemelse heuningtint
om nie ’n druppel te verspil
aan die soet nektarstroop
donker bome staan afgeëts
teen die pieke van die berghange
gedetailleerde silhoeëtte
vertoef in volle admirasie
vir God se skeppingsprag


Kommentaar
Genade, dís nou mooi. Soveel talent.
Baie dankie, Mich 🌻