Verplaas

  • 3

Foto: Canva

Verplaas

as ons
by jou
plaashek uitry

jou koring
wuiwend
langs die pad

ek by
Huis Môreson
jou goedjies uitpak

dit bêre in
’n kassie
langs ’n enkelbed 

as ek sê
Pa dis
tog mos beter so

sal jy my kan vergewe?

  • 3

Kommentaar

  • Jacques Boshoff

    Hierdie is 'n lieflike gedig. Die elemente van afskeid en eensaamheid is mooi verweef in die gedig - uitry, wuiwend, enkelbed. Dan ook die skuldgevoel in die laaste twee strofes. Welgedaan!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top