Toorwerk op papier

  • 2

Foto: Canva

Toorwerk op papier

jou toorwerk op papier
is deesdae skaars
Egipte het verdwyn in die mis
droogte roep na reën
ver en diep woorde
wat sprokies verander
in werklikheid

terwyl jy trippel op papier
met jou gedagtes
wat vlug of vlieg
oor verlate vlaktes
van kaktus en stof
waar niks wil groei nie
dit is te klipperig en droog

waar lawwe stofduiwels
jou hier en daar kul
dan siedaar
so waai en in die lug krul
terwyl tolbosse in die rondte hol
niks is ooit maklik
as woorde wegkruip nie
jou verstand te kort raak
soos jou bed

nagte wat nie verby gaan nie
gedagtes wat versteur raak
met werklikheid en sinnelose snert
wat jy weer opfrommel
saam met die papier
om dit asblik toe te stuur

want die sin maak nie sin nie
die strofe is bedonnerd
ritme is weg met ’n tolbos
wat jou alleen op jou godeberg los
met dorstige windverwaaide niks

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top