Swart gat

  • 0

Foto: Canva

Swart gat

Ons eie verganklikheid 
word elke dag onderstreep
Met elke ikoon wat val
kom daar ’n haal by
totdat die swart van die strepe
die wêreld wat hulle verryk het
verswelg 
en net die leemte bly

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top