Pasgelaai

The substance: Demi Moore is in da house!

Ignus Rademeyer Film 2024-11-13

"Moore dra die interne konflik en bekruipende gruwel van die verhaal se uitgangspunt meesterlik oor namate sy die gevolge van haar besluite in die gesig staar." Ignus Rademeyer skryf oor The substance, die "grootste donkerperd" vir 2025 se Oscars.

Persverklaring: Voorleggings ingewag vir Jan Rabie-Rapportprys 2025

LitNet Boeke en skrywers 2024-11-13

Uitgewers word uitgenooi om boeke voor te lê vir die Jan Rabie-Rapportprys 2025 vir debuut- of tweede prosawerke in Afrikaans. Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.

Raai wat het julle byrie College of Magic gemis!

Tasneem Daniels Leefstyl 2024-11-13

"Voorie show begin’t, het ek ’n opportunity gekry ommie college te toer. Dis ’n twie-storie-gebou met klaskamers, ’n studio, een of twie klein teaterkamers designed vi training, ’n paa kantore en ’n magic shop! Ek’t gelee’rat ’n paa Suid-Afrikaanse comedians soes Riaad Moosa, Conrad Kock (aka Chester Missing) en Stuart Taylor is oek College of Magic alumni wat hulle comedy careers byrie college begin’t."

Is daar ’n nuwe wêreldorde op pad?

Freek Robinson, Anthoni van Nieuwkerk Onderhoude 2024-11-13

Gaan Donald Trump die VSA onttrek uit die demokratiese instellings soos die Verenigde Nasies en Navo? Gaan hy wel invoertariewe verhoog en so inflasie verder opjaag? Wat gaan Elon Musk in die Amerikaanse parlement doen? Gaan Trump vir Poetin ondersteun, of juis nie? Wat hou ’n insulêre VSA vir Afrika in?

Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern

Jason Lloyd Rubrieke 2024-11-13

"Gerwel se deurlopende tema in sy rubrieke was hoe ons die openbare gesprek met en oor mekaar voer. Hy het altyd in sy rubrieke beklemtoon: 'Die wyse waarop ons van en met mekaar praat, is tekenend van en vormend vir die patrone van saamleef in hierdie veranderende samelewing wat homself in soveel opsigte nog moet vind en definieer.'"

My brilliant divorce: ’n teaterresensie

Maryke Roberts Teater 2024-11-13

"Sy laat die gehoor skaterlag toe sy sê geskeide vroue hou ook van saans uitgaan – 'jy weet, in die donker, soos ander grootmense', maar 'ongelukkig het my man toesig oor al ons getroude vriende gekry met die egskeiding'."

 

Nag van die Zombies

Koos Kombuis Menings 2024-11-13

"Meteens is daar ’n nuwe vlaag regsgesindheid losgelaat op die planeet, wat gaan veroorsaak dat rubriekskrywers oornag hulle deuntjies verander en wat gaan maak dat al die Steve Hofmeyr-fans weer uit die kas uit donner, soos wat reeds verlede week gebeur het toe regsgesinde Afrikaners die Bela-protes gekaap het en in effek van voor af weer die stem van redelikheid, die nuanses van volwasse protes en die gee en neem van idees vertroebel en doodgesmoor het in ’n magtige nuwe oranje spookasem van etniese mobilisasie."

Word ryk, bly ryk deur PJ en Geo Botha, ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2024-11-12

"Hulle kombineer hulle ondersoek na suksesvolle mense met hulle eie insigte as adviseurs om die verskillende fases van die welvaartsiklus te bestudeer."

Cliff-hanger: Kinderlê deur Lynthia Julius, ’n resensie

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2024-11-12

"Sou Lynthia tydens die 1692-Salem-heksejaag as ’n heks aangekla gewees het? Ja, het ek besluit, al sien ek haar as ’n Namakwalandse blomnimf."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Shaleen Koopman

Braam Peens, Shaleen Koopman Onderhoude 2024-11-12

"Met meer boekklubs kan jy ook meer uitreikaksies aan alle ouderdomsgroepe lewer." Hierdie onderhoud met Shaleen Koopman is die elfde aflewering oor ons biblioteke.

Laat vrugte deur Johan Cloete: ’n onderhoud

Danneline Ramsden, Johan Cloete Skrywersonderhoude 2024-11-12

"Kweek ’n liefde vir lees. Lees wyd. Verbreed jou kennis. Neem waar, ervaar. Neem op die pen. Begin by die bekende en reis voort."

Pathisa Nyathi: A library that did not burn down

Philani A Nyoni In memoriam 2024-11-12

"In the writer’s ink lies the elixir to immortality. What’s done is done; the battle has been lost and won. While the breath is gone, the words still shine. The library lives on; it did not burn down."

Witness to power deur Mathews Phosa: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2024-11-12

"Hier het ons die geleentheid om ’n kykie in die binnewerke van die man agter die naam te kry, in sy eie woorde en uit sy eie perspektief. Maar terselfdertyd trek hy ook op besonderse wyse die gordyn weg sodat ons kan sien hoe die organisasie waaraan hy sy lewe gewy het, werk."

Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-11-12

"Quinn en haar maats vlek ’n sleg ding oop, maar sal die onnies hulle steun? Dalk sal die bloedjong, vroulike Engelsonderwyser nog help, maar sal die skoolhoof hom steur aan hulle? Gaan hy die stinkryk pa’s van die stinkryk seuns ter wille wees?"

Lewenswetenskappe: Blou pajamas en muskiete

Rouxlyn Botha Skole 2024-11-12

"Muskiete kan nie so baie kleure soos mense sien nie. Blou is een van die kleure wat hulle nie kan sien nie, tesame met wit, groen en pers. Deur blou pajamas aan te trek, raak jy dus onsigbaar vir muskiete."

Kunstekaap maak teater toeganklik vir plattelandse gemeenskappe

Marlene le Roux Teater 2024-11-12

"Die plattelandse uitreikprogram is ’n belangrike deel daarvan om die misterie te ontbloot van waaroor teater gaan, wat dit vir mense kan beteken, hoe dit skoonheid in mense se lewens bring en hoe dit help om verlore waardigheid te herbou en te herstel wat veroorsaak is deur die vorige ongeregtighede toe teater eenvoudig nie vir ons mense toeganklik was nie."

Persverklaring: Honderde skoolleerlinge ervaar Artscape-teater op hul voorstoep

LitNet Teater 2024-11-12

Die tegniese span het hulself oortref met ’n magiese wonderteater, ligte en klank uit die boonste rakke wat die kinders behoorlik na hul asem laat snak het. Sowat 1 000 leerlinge van verskillende skole in Mamre is meegesleur danksy uitstekende uitvoerings deur professionele kunstenaars.

Toorkombuis: Goud-in-die-mond – roomys vir die feestyd-blues

Karen Hart Kos en wyn 2024-11-12

"Wees gewaarsku: Dis verslawend. Dis die soort roomys waarvan jy selfs diep in die winter bly droom."

Bela-wet: Waarom die groot bohaai oor twee klousules?

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-11-12

"Bela is lank nie meer net ’n onderwysaangeleentheid nie; dit is ’n politieke, ideologiese aangeleentheid."

Postcolonial melancholia in Ronelda S Kamfer’s Hammie

J.V. Blignaut Academic research 2024-11-12

"The poetic speaker, a coloured woman, and her community are enveloped in a pervasive melancholia that is passed down from generation to generation and continues to be fed by discrimination based on skin colour and gender that she experiences in the present."

Top