Pasgelaai
Nuut by Lapa: Die tantes van Atlantis – plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders deur Philip de Vos
2024-11-14Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet.
Nuut by Lapa: Donkerster deur Annerle Barnard
2024-11-14Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie. Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken.
Onder Hans se skrywershand
2024-11-14"Nou is dit by die drie dekades later en soveel van ons skryfmentors van destyds het ons reeds ontval. Hans (vir wie ek altyd Prof Hans genoem het) is die mees onlangse, en voor hom onder andere Abraham H de Vries. Afsonderlike rolle het hulle spesifiek in my eie ontwikkeling as ’n skrywer gespeel – die een as die aanbieder van ’n eerste skryfskool wat ek bygewoon het, iets waaraan ek hom kon herinner toe ons mekaar laas by die Etienne van Heerden Veldsoirée einde September vanjaar in Nxuba gesien het; die ander my Afrikaans-dosent gedurende my joernalistiekstudies, maar verenig in die skryflesse wat ek by hulle geleer het."
Agterstories: ’n Ekonomiese teorie oor Afrikaans
2024-11-14"Vir baie van ons is Afrikaans dalk die taal van ons hart, maar die realiteit is, om dit te behou vir ons kinders se kinders wat wag, gaan dit ook die taal van ons spaarvarkie moet word. Bela is maar net die begin."
New from Protea: Biology, ecological importance and diversity of southern African insects by Clarke H Scholtz and Hennie de Klerk
2024-11-14This book documents the stories of southern African insects in over 800 pages, with 3 200 beautiful photographs illustrating the rich morphological diversity and biological attributes of the insect species of the region. We emphasise their environmental importance as ecosystem service providers, and narrate, highlight, and illustrate many of the interesting, often remarkable, aspects of their life histories and behaviour, a first for insects of this region.
Hans du Plessis (1945–2024)
2024-11-14"Afrikaans gaan nêrens anders heen as waarheen ons dit vat nie. Ons moet produkte skep wat só goed is dat mense agter ons aanloop." Hans du Plessis se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Bela-optog: ’n onderhoud met Michael le Cordeur
2024-11-14"Die keuse van die kleur oranje stuur bepaald ’n boodskap uit, maar as die ANC ’n optog hou, dra almal swart, groen en geel. Solank almal besef Afrikaans behoort nie net aan ’n bepaalde groep nie, maar aan almal wat die taal praat."
Bloed
2024-11-14"Wat is bloed in elk geval? Niks meer as ’n vervoermiddel vir suurstof van die longe na liggaamselle nie."
Die laaste soen
2024-11-14"Hy het haar onlangs onverwags gesien in ’n winkelsentrum terwyl sy besig was om met ’n roltrap na onder te beweeg. Dekades het verloop en tog het hy haar herken. Sy het hom nie opgemerk nie en as sy ’n totale vreemdeling was, sou sy nie sy aandag getrek het nie; net ’n gewone ouer vrou tussen al die mense."
Bittersoet huispad
2024-11-14"maar toe ek die deur oopskroef
lyk die mens in my deurraam
onherkenbaar."
Cavin Solly Smith
2024-11-14"mag die son die koue nagte vir jou uitbrand
en mag die wolke saans jou slaap sag maak"
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: In gesprek met PJO Jonker, ’n video-onderhoud oor Die onsigbare
2024-11-14In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat PJO Jonker met Johann Rossouw oor Jonker se Die onsigbare. Hier is die video-opname.
Op dees aarde: Rotskuns van die San – uitbeelding wys ’n oerdier
2024-11-14"Die terapsiede en hulle nasate wat die groot uitwissings oorleef het en tot ons gelei het, se fossiele lê in die Karoo. In daardie oerbegraafplaas van die landskap."
Graad 11: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 1 en memorandum
2024-11-14Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Met hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld kan jy daarvoor voorberei. In hierdie vraestel sal jy onder andere leer om somme sonder ’n sakrekenaar te vereenvoudig. Met behulp van hierdie vraestel, sal Wiskunde so eenvoudig en ongekompliseerd wees soos ’n eilandvakansie!
Graad 5: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel en memorandum
2024-11-14Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy baie oefensomme doen om jou hiervoor voor te berei. Jy kan onder andere somme doen oor syfers se waarde. Hoe meer voorbeelde jy uitwerk, hoe meer selfvertroue sal jy ontwikkel. Onthou dat dit nie net syfers is wat waarde het nie. Jy is meer werd as goud!
PenAfrican: Gompo Book and Cultural Festival 2025
2024-11-13"Advocate Tembeka Ngcukaitobi and I, as writers who hail from the Eastern Cape, have had the dream of reckoning with the literary history of the Eastern Cape for as long as we have known each other. When, last year, there were celebrations of 200 years of Xhosa in the written word, we thought it an opportune moment to put the idea into action. The Gompo Book and Cultural Festival to be held in East London on 21 to 23 March 2025 is the tentative first step towards accomplishing this goal."
Gebooie deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2024-11-13"Lees ek die boek vinnig klaar om uit te vind hoe hulle die man gaan vastrek? Of lees ek stadig om die plesier uit te rek?"
Elders gesien: Die verhaal van ’n taal
2024-11-13"Maar verbeelde besittings word nie maklik afgestaan nie. En hulle maak van hom ’n prostituut van ’n groep se drome van ossewalaers. Die forum en sy vakbond en sy voorsanger maak asof hulle omgee vir hom. Hulle vertel van landboufakulteite gebaseer op die Orania-model, hulle hou optogte in oranje geklee."
