Pasgelaai

Persverklaring: Tuin van Digters 2026 vier 15 jaar met ’n program rondom menswaardigheid

LitNet Boeke en skrywers 2026-08-19

Tuin van Digters keer op Vrydag 11 en Saterdag 12 September 2026 terug na die Breytenbach Sentrum in Wellington vir sy 15de fees. Met die tema “menswaardig” bring die fees vanjaar gevestigde en nuwe digters, skrywers, musikante en kunstenaars byeen vir ’n program van gesprekke, voorlesings, musiek, uitstallings en optredes.

Soetroos van Saron deur Theolla Langenhoven: ’n resensie

Tania Colyn Resensies 2026-08-19

"Langenhoven is ’n vars nuwe stem in die Afrikaanse literatuur. Haar debuutwerk bring ’n nuwe inslag op gevestigde temas. Die leser word deurgaans geboei en die karakters is goed ontwikkel."

Press release: Winner of the Ingrid Jonker Prize 2026

LitNet Books and writers 2026-08-19

The committee of the Ingrid Jonker Prize gladly announces the winner of this year’s prize.

Rymstories: "Die Skilder in die Groot-Karoo"

Etienne van Heerden Skryfwerk 2026-08-19

"Vir hom ’n uitspattigheid, dié geklets
Want diep deur die grense van sy talent gekwets
Staan hy uur na uur na nat verf en tuur."

Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.

Wat maak van die mens op die plakkaat ’n geskikte burgemeesterskandidaat?

Heindrich Wyngaard Menings 2026-08-19

"Dit bepaal hoe ingelig, ernstig, bekwaam of gekwalifiseerd ’n kandidaat is om uiteindelik die kritieke rol van drywer van die munisipaliteit se visie te vervul."

Landmyn by Silwerskermfees 2026: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Maryke Roberts, Nico Scheepers kykNET Portaal 2026-08-19

"Landmyn gaan nie oor hoe ons wil wees nie, maar hoe ons is. Mense is komplekse, deurmekaar gedaantes wat net soveel seermaak as wat ons genees. Veral met onsself en met dié wat naaste aan ons moet wees: ons familie."

PEN Afrikaans-gesprekke – waarna uitgewers op soek is: ’n onderhoud met Shawna-Leze Meiring

Naomi Meyer, Shawna-Leze Meiring PEN Afrikaans 2026-08-19

"Die basiese dinge vir ’n goeie storie moet altyd daar wees: interessante karakters waarmee lesers kan vereenselwig, vloeiende/gemaklike dialoog, ’n sterk storie (dink maar aan die klassieke storieberg se formaat) en goeie navolging van genrekonvensies (as dit ’n storie is wat in ’n genre pas). Vir kinder- en jeugboeke is dit belangrik om die ouderdom van jou teikenmark in gedagte te hou."

Projek Panama: Die graf van die biblioteek

Cornelius Henn SêNet-briewe 2026-08-19

"Die ironie is bitter. Anthropic wou die model leer om keurig te skryf. Om dit te bereik, het hulle die skatkamers van goeie skryfwerk, veral die skaarser, ouer en sorgvuldiger tekste, stelselmatig vernietig. Die medium is geoffer vir die nabootsing daarvan."

Wees gewaarsku: Ná bek-en-klouseer bring varkpes, voëlgriep en slenkdalkoors dalk ’n nuwe landboukopseer

Heindrich Wyngaard Menings 2026-08-19

"Lank voor Steenhuisen die portefeulje sou behartig het, was Thoko Didiza ’n betreklik gewilde minister van landbou, wat steeds geprys word vir die wyse waarop sy ’n goeie verhouding met boere opgebou het."

Persverklaring: Gratis kreatiewe kursus vir opkomende skrywers in Kimberley

LitNet Boeke en skrywers 2026-08-19

Die Jakes Gerwel Stigting en die Sentrum vir Kreatiewe Skryfkunde en Afrikatale aan die Sol Plaatje Universiteit bied vanaf 14 tot 16 Oktober vanjaar ’n gratis werkswinkel aan opkomende Afrikaanse skrywers, digters en dramaturge. Verskeie gevestigde en gevierde skrywers, digters, dramaturge en dosente sal deur die verloop van die kursus sessies oor die skryfkuns aanbied.

Gewildste plasings op LitNet: 12 tot 18 Augustus 2026

LitNet Als oor LitNet 2026-08-19

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 12 tot 18 Augustus 2026.

Die Serwiër deur Carel van der Merwe: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2026-08-19

"Elke karakter, hetsy vriend of vyand, held of skurk, word gerugsteun deur ’n oortuigende komvandaan wat sy keuses en motiverings in die hede onderskryf."

ATKV|LitNet-Skrywersalbum: Lys van Afrikaanse skrywers

LitNet ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-08-19

Hier is ’n lys van die biografiese artikels oor Afrikaanse skrywers wat gratis op LitNet beskikbaar is.

Generasie Z en bestuursrolvermyding

Handré Brand Menings 2026-08-19

"Generasie Z is nie minder ambisieus nie, maar loopbaansukses en -ontwikkeling word anders gedefinieer as in vorige generasies. Organisasies wat steeds uitsluitlik op tradisionele hiërargiese sisteme steun, loop die risiko om goeie kwaliteit potensiële werknemers in die toekoms te verloor."

Gesondheid uit die natuur se apteek deur Chris Pitzer: ’n lesersindruk

Mitke Joubert Lesersindrukke 2026-08-18

"Die boek laat ’n mens uiteindelik met ’n groter waardering vir die kennis wat in die natuur en in die vorige geslagte se ervaring opgesluit lê."

Seen elsewhere: AI, Artificial Intelligence, is at best purely Simulated Intelligence

Jonathan Amid Opinion 2026-08-18

"True creativity has never been about providing easy answers and ready-made platitudes, and even less about reducing the complexity of our world and experience to a set of ever-palatable 'truths'."

Persverklaring: VKV vier eeu van kuns in die Vrystaat

LitNet Musiek 2026-08-18

Die FAK was die trotse borg van dié eeufeesviering. Die geleentheid het ook betekenisvol saamgeval met die viering van Afrikaanse Taaldag op 14 Augustus – ’n gepaste geleentheid om stil te staan by die rol wat taal, kultuur en die kunste speel in die vorming van jong mense en die oordrag van ’n lewende kultuurerfenis aan toekomstige geslagte.

Elders gesien: Bejaard in ’n vreemde wêreld van "portals" en "links"

Hannes Stander Menings 2026-08-18

"Het die moderne wêreld die Tannie Hesters van ons wêreld van hulle waardigheid gestroop? Dié wat voor ons hier was, word nou alleen agter gelos om te kom sien kom klaar. Miskien moet ons introspeksie doen?"

 

Unsettled in Zimbabwe: How the absence of history and heritage from public spaces points to a deeper unease

Robin K Crigler Opinion 2026-08-18

"But the most curious thing for us about Harare (especially since so many of our number were scholars of southern African liberation movements) was the lack of visible history in its streets. It’s not a city that wears its heritage on its sleeve the way Johannesburg does: There are no blue plaques and almost no monuments or museums that tell the story of Zimbabwe’s history."

Persverklaring: Reënboogrant keer terug met meer drama, romantiese dilemmas en splinternuwe moeilikheid

LitNet kykNET Portaal 2026-08-18

Die Brink-familie en hul vriende maak foute, raak verlief, verloor koers en help mekaar om weer te probeer in die tweede seisoen van Reënboogrant wat vanaf Vrydag 28 Augustus om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

Top