Kommentaar

Verwerplike uitnemendheid in huidige goedheidskringe

Angus 2016-11-30 Jan, die top 96% sê absoluut niks. Dit het al gebeur dat die hele klas druip.

New Atheism

Angus 2016-11-30 Ek piepie in elkgeval nie op ander mense se batterye soos Jan Rap nie.

Los die mier

Angus 2016-11-30 Beste Jan, Ek dink die probleem lê by hoe ek en jy na 'n feit kyk. Vir my is 'n feit 'n gegewe wat op hierdie oomblik as waar aanvaar word. Jy toets 'n feit van die verlede met die hedendaagse kennis. Jy beweer 'n feit is nie mensgemaak nie. Sê dan v

Kerk benodig ’n paradigmaskuif oor gays

F C Boot 2016-11-30 Beste Johan Terblanche Ateïste soos Angus was voormalige Christene wat uit die geloofsbus geval het en nou alles in hul vermoë doen om ander gelowiges van siening te laat verander. Hul uitgangspunt is deurgaans dat 'n mens die skeppingsverhale letterl

Soeke na waarheid

Jaco Fourie 2016-11-30 Die waarheid is wel orals, maar nie altyd maklik waarneembaar nie, die dat daar ook gesoek en nagevors hoort te wees.

Anglo-aardbewing

Marius 2016-11-30 Ja Wilhelm, solank ons glo dat ons Eerstewêreldstatus/standaarde in opvoeding gaan bereik deur 90% van ons leerlinge in hul tweede of selfs derde taal op te voed, sal ons gedoem bly tot 'n ewige ontwikkelende/afwentelende status. Geen ander land in die w

Persvrystelling: Slawevrystelling-viering

Hanno Visagie 2016-11-30 Ter opheldering, lees gerus die volgende artikel - Grense, gelykheid en gemeenskap – Prof Danie Goosen - http://www.npvanwyklouw.org.za/grense-gelykheid-en-gemeenskap-prof-danie-goosen/

Persvrystelling: Slawevrystelling-viering

Hanno Visagie 2016-11-30 Daar is vanselfsprekend beduidende verskille in afkoms, groepsverband, identiteit, kultuurgebruike, taalgebruik, ensvoorts, tussen bv die Khoi-San (bv tradisioneel die rieldans) en die Afrikaner (bv tradisioneel volkspele), maar polities korrek wil linkse

Soeke na waarheid

CM 2016-11-30 Die gesoek na die waarheid is 'n eienaardige verskynsel. Die waarheid is oral. Dit kan nie gesoek word nie.

Beginafrikaans

Hans du Plessis 2016-11-30 Beste Leopold, met watter wil in die wêreld sien ons Nederlands in hebban olla vogola ...? Aan die ander kant, hoe meer ons vra, hoe meer verstaan ons die storie agter Afrikaans.

Verwerplike uitnemendheid in huidige goedheidskringe

CM 2016-11-30 Jan Rap: Die onderwerp is buite die grense van jou kennis en insig. Dit kon nooit in die klas bespreek gewees het nie.

Verwerplike uitnemendheid in huidige goedheidskringe

Jan Rap 2016-11-30 Natuurlik is dit diep CM; ek was nie verniet in die top 96% van my klas nie.

New Atheism

Jan Rap 2016-11-30 Nee sies Angus man; waar's jou maniere?

Los die mier

Jan Rap 2016-11-30 Nee Angus, feite is nie mensgemaak nie. Aristoteles (of een van daardie ou Grieke) het gesê 'n 10-pondgewig val 10x vinniger as 'n eenpondgewig wat, natuurlik, soos Galileo by die toring van Pisa bewys het, onsin was. Die feit is daardie twee gewigte v

Pass 'ie torch aan

Frances 2016-11-29 Baie inspirerende vroue! Moet nooit ophou nie met dit wat julle doen!

Anglo-aardbewing

Wilhelm Fourie 2016-11-29 Hierdie is 'n baie insiggewende artikel wat die kern van die probleem aanraak!

Die groot gelieg van liefde

Angus 2016-11-29 Charles Darwin kon dit eenvoudig nie meer sluk nie, en siedaar! die ontstaan van die evolusieteorie.

Verwerplike uitnemendheid in huidige goedheidskringe

Angus 2016-11-29 Beste Jan, Natuurlik sal die evolusieleer vir jou (vir alle mense) vol gate wees, tensy jy terselfdertyd plantkundige, dierkundige, geoloog, argeoloog, antropoloog, medikus, breinspesialis, landbouer, veeteler, ateïs, en seker nog vele ander is. Jy sa

Danie van Wyk se #litnetwoord2016

Eleanor 2016-11-29 Ek hou van woorde wat in woordspeling vorm gebruik kan word. Die Afrikaanse taal het rommelstatus bereik.

Raka, ’n rally en die lang pad na Worcester

Ray Theron 2016-11-29 Ai, kyk hoe sit ek nou hier met vogtige oë in die vreemde en verlang na Worcester en Suid-Afrika se wonderlike, warmhartige mense! Dankie vir die hartroerende stuk!

Boekresensie: Die Dorslandtrek deur Nicol Stassen

Christo Coetzer 2016-11-29 Baie interessante boek. Ons weet bitter min van dié geskiedenis. My oupagrootjie (Johannes Hendrik Coetzer) se ouers (Wentzel Coetzer en sy vrou) was ook deel van die Dorslandtrek. Die beskrywing van die jagongeluk van 20 September 1879 (Hoofstuk 12) is

Onderhoud: Toast Coetzer en Erns Grundling oor Weg Agterpaaie

A.E. (Elsa) van Rooyen 2016-11-29 Goeiemiddag Erns (en Toast) Ek onthou dit soos gister toe Erns met u kontak gemaak het en die opgewondenheid wat dit in die klas veroorsaak het! Erns was 'n ongelooflike student om mee saam te studeer. Ons het geëindig met 'n totaal van drie (3) student

Marita van der Vyver oor Donald Trump en hierdie 9/11

Annora Eksteen 2016-11-29 Inderdaad ontspoor en hier kom ek ook nog ingedrentel. Ek het nou so lekker almal se sienings gelees. Ai, ek was so hartseer oor Dame Hillary, maar sy het nie die stamina gehad nie, en vreeslike foute gemaak; na die verkiesing is al die glamour ook sommer

Beginafrikaans

Christo van Rensburg 2016-11-29 Ek is baie bly dat jy hierdie stukkie oor Beginafrikaans interessant vind, Leopold. Of dit geradbraakte Khoi is? Miskien is nog ʼn kyk daarna nodig. Die Khoi-Khoi het juis ʼn ander teikentaal as Khoi in die oog gehad, wat maak dat die nuwe taal nie meer K

Persverklaring: Sara se geheim, ’n nuwe kykNET-dramareeks

Arthur 2016-11-29 Ek kan nie wag tot dat hierdie reeks vrygestel word nie. Ek is `n dosent by Northlink Kollege, Tygerberg Kampus - van die tonele word hier verfilm. Dit is lekker om die "behind the scenes" te ervaar.

Uitnodiging: Stuur jou liefdeskortverhaal as voorlegging vir nuwe Hartlam-bundel

Marianne Venter 2016-11-29 Goeiedag! Mag ons meer as een verhaal deurstuur?

Kerk benodig ’n paradigmaskuif oor gays

Angus 2016-11-29 Beste Johan Terreblanche, Die evolusieleer is ʼn teorie. In wetenskaplike taal, as feit, hipotese en wet eers teoriestatus bereik het, is dit bewys. Die evolusieteorie is die model waarvolgens die wetenskap in die moderne era werk. Die evolusieleer is we

Op hierdie mense en dinge, dan

Willem Boshoff 2016-11-29 Amazing Jaco!

Gee jou hart vir Richmond

Lilla du Preez 2016-11-29 Ek is mal oor jou skets van die boekefees in Richmond. Ek ry net altyd verby die vaal dorpie in die middle van nêrens en is versigtig vir die verkeerskamera wat my al 'n paar boetes gekos het. Nou sal ek anders na die dorp kyk en wie weet? Dalk is ek vol

Rooi in die reënboog

Lilla du Preez 2016-11-29 Juliana, jy kan maar skryf. "Rooi in die Reënboog" is pragtig. Liefde, Lilla

Ons ateïste het die stryd verloor: Die aarde is plat!

Jaco Fourie 2016-11-29 Angus Nice traai! "The Landover Baptist Church is a satirical parody website based around a fake fundamentalist Baptist church. The church is a parody of fundamentalist, Independent Baptist churches and Biblical literalism, and originated as a satir

Persvrystelling: Slawevrystelling-viering

Johann Basson 2016-11-29 Indo-Europese talegroep > Germaanse tale > Wes-Germaanse tale > Laag Frankiese tale > Nederlands > Afrikaans > " Post 2016 Afrikaans genaamd XXXXX "? Wat is die verskil tussen Afrikaanse vierings en Afrikaanse funksies teenoor nie-Af

Kan ek maar “preek” oorie skoene?

Cecile 2016-11-29 Uitstekend geskryf. Ek sou graag die skryfster wou ontmoet.

Kerk benodig ’n paradigmaskuif oor gays

F C Boot 2016-11-29 Beste Angus Jy het 23 Bybels ,maar jy kort nog een en dit is die 'Die Boodskap' en dan 'n naslaanwerk soos bv Die Bybel A-Z. 'n Omvattende, nuttige hulpbron wat die Bybel en sy leefwêreld vir hedendaagse gelowiges oopsluit. Daarin sal jy dan die volgend

Op 'n strandjie ...

Jaco Fourie 2016-11-29 Raed Bly om jou weer op die werf te gewaar. Was self nooit in Mauritius gewees nie, wel baie daaroor verneem. Indien jy weer 'n eiland vakansie wil geniet, maak 'n draai by die Kanaries (meer as een eiland) tog deel van Afrika sonder die Afrika-bevolking

Onhaalbaar

CM 2016-11-29 F C Boot: Nee. Jy weet duidelik nie. Jy moet sorg vir jou eie ontwikkeling. Ook die opvoeders besef dit nie.

Inskrywings vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 (IV)

Schalk Joubert 2016-11-29 Halskloof - Afrikaanse woord vir "cleavage"

Verwerplike uitnemendheid in huidige goedheidskringe

CM 2016-11-29 Diep swaer. Oorweldigende wetenskaplike kennis. Lig asseblief die wêreld in.

Kerk benodig ’n paradigmaskuif oor gays

Angus 2016-11-28 Beste FC Boot, Natuurlik verstaan ek wat ek lees, maar verstaan jy wat jy lees? Dit lyk nie so nie. Nêrens in die skeppingsverhaal van die Bybel lees ek dat dit as teenvoeter moet dien vir die Babiloniese skeppingsverhale nie. Kan jy my asseblief ʼn aan
Top