Persverklaring: Kom sit aan by US Woordfees 2017 se programbekendstelling

  • 1

Die US Woordfees se program vir 2017 word op Donderdag 17 November feestelik in Ryneveldstraat, Stellenbosch, bekendgestel. Die geleentheid in in die vorm van ‘n lang tafel en die publiek word genooi om dit by te woon – en die eerste te wees om te weet wat die feesaanbod vir 2017 is.

Die fees is tradisioneel geopen met ‘n lang tafel-geselligheid maar daar is besluit om die programbekendstelling ook oop te stel vir die publiek. Die deel van Ryneveldstraat tussen Victoria- en Pleinstraat word gesluit en tafel word gedek.

“Die enigste plek waar ons soveel mense kan akkommodeer, is aan ‘n lang, lang tafel!” sê Saartjie Botha, US Woordfees-direkteur. Die baskitaarspeler Schalk Joubert en die eklektiese musiekgroep Bombshelter Beast gaan sorg vir die vermaak.

Die publiek is welkom om die geleentheid by te woon, wat om 18:00 vir 18:30 begin. Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R300 per persoon, wat aandete en en ‘n glas wyn insluit. Daar sal ook ‘n kontantkroeg wees.

  • 1

Kommentaar

  • Ek sou minder kosdemonstrasies verkies.Vir my het die woordfees nog altyd oor die Woord gegaan. Wyle minister Hendrik Schoeman het by geleentheid in die parlement gevra;"wil julle Vr--t of vlieg?"Wêreldwyd neem obesiteit toe. laat ons dus liewer op die geskrewe woord konsentreer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top