Jan Rap2016-12-05JY praat van maniere! Is dit die woordjie 'stront' wat jou aanstoot gee of die naboots van jou venyn? Jy moenie huil as jy kry wat jy so vrylik uitdeel nie.
F C Boot2016-12-05Beste Angus
Net om te wys hoeveel twak jy in jou benoudheid kwyt raak is jou onkunde oor wat geloof werklik is.
Geloof staan nie in stryd met die wetenskap nie, want geloof is 'n vaste vertroue dat al die beloftes van God soos dit in die Bybel opgeteken
Reusedwerg2016-12-04Soek en jy sal vind. Klop en vir jou sal oopgemaak word. As jy reeds soos Trienie sê, die waarheid gevind het, hoef jy nie meer soekend te wees nie. Maklik en eenvoudig soos dit.
Duan van der Westhuizen2016-12-04Sjoe Christa, jy het ongelooflike teoretiese groei post-PhD gedoen. Die ou sê-ding, "'n goeie PhD is een waar die leermeester (studieleier) eventueel verbygesteek word deur die student", is hier verseker geldig! Baie geluk met jou goeie werk, ek is baie
francois verster2016-12-03Nasionalisme is 'n blinde geloof in eie onaantasbaarheid, en uitsluiting van ander om hulle te ondermyn tot eie voordeel. Patriotisme is die teenoorgestelde - die diens aan die vaderland en medemens, eerder as die aggressiewe houding teen ander, binne of
Laetitia Wolmarans2016-12-03Dankie, nou is my vrae ook beantwoord. Die boek, soos alles uit Annelie se pen, het so lekker gelees. Ek kon dit nie neersit nie. Die Bedford-stukkies was ook baie spesiaal.
Anton Lombard2016-12-03Ek sal Deon Maas seer sekerlik nooit ernstig kan opneem nie. Want sien, elke keer wanneer hy ter sprake is (ek wonder hoekom?), verskyn daar ‘n beeld voor my geestesoog, ’n beeld van die strokieskarakter Kuifie wat sy wit foksterriër hondjie, Spokie
antoinetta du preez2016-12-03Hoe kan mens ooit die diepte van 'n verkoopte mens se pyn voel ... en dan nog vir baie jare die kettings van verdrukking om die enkels dra ... met geen onthou van waar. Hierdie gedig is diep en juis en nou voel ek saam.
Lourens2016-12-03Ja,ek stem 100% saam met jou Pieter,ek is ook bevrees dit sal nie lank wees dan is die spook terug! Ons moet versigtig wees dat ons nie weer in dieselfde gat trap nie!
Angus2016-12-03Beste FC Boot,
Weer eens wys jou onkunde oor die saak as jy sê ek praat twak met die volgende bewering: “As Christene as Christene die wetenskap betree, en nie as wetenskaplikes nie, dan is hulle kreasioniste. 'n Kreasionis is iemand wat die Bybel let
Angus2016-12-03Beste FC Boot,
Eienaardig, maar as jy jou mond oopmaak, openbaar dit jou onkunde hieroor. Alle poësie is fiksie, met ander woorde, 'n skepping deur die mens se verbeelding uit die werklikheid. Fiksie beteken nie dat dit 'n leuen is nie. Die fiksie van d
Judy0072016-12-03VERENGING? Dit is so neerhalend wanneer dit absoluut niks met enigiets te doen het nie. Europa is so te sê vernietig en niks is nou verenig nie, almal se oë het oopgegaan.
Judy0072016-12-03Ag jaaa, of moet mens hardop sê (soos Hillary) SIGH ...
Huffington Post is nou die nuwe slang in Suid-Afrika se reeds totaal liberaal-linksmarksistiese pers. Verwag maar meer van dieselfde. Sargon het hier 'n bietjie sin gemaak oor Trevor Noah https://w
Angus2016-12-03As Standaardafrikaans so maklik ontsetel kan word, dan is dit seker 'n teken van onbeholpenheid en dat dit geen doel meer dien nie. Kaaps as taal sal erken moet word, want dis die moedertaal van baie mense.
A.E. (Elsa) van Rooyen2016-12-02Tans "verslind" ek LUGKASTELE vir twee redes: Annelie het die gawe om 'n gebeurtenis/storie haarfyn te vertel in so 'n mate dat die leser dit beleef. Die tweede rede is dat LUGKASTELE 'n Kersgeskenk vir my skoondogter uitmaak en dié geskenk moet in di
Marius2016-12-02Dankie vir die moeite Theodorus wat jy gedoen het om die verloop van sake met die ondergang van Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat aan te teken, anders gaan die waarheid dalk velore in toekomstige geskiedskrywing - soos dit ongelukkig so baie
Louis Heyneman2016-12-02Pyrrho, omdat jy onder 'n skuilnaam skryf, gaan ek my nie steur aan jou beledigende teregwysings nie. Ek, Louis Heyneman, is geensins skaam om my kommentaar onder my eie naam te publiseer nie. Ek het 'n bewese rekord as joernalis oor veertig jaar en hoef