'n Woord kan 'n tydsgees vasvang.
In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se Suid-Afrikaanse woord van die jaar-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol".
Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". (Sien "Woorde van 2014", deur Willem Botha en die WAT.)
In 2015 was daar vuurwarm diskoers rondom studenteprotes en hutsmerkveldtogte. Die # is aangewys as wenner.
Besoek hierdie kategoriebladsy om inskrywings van vorige kompetisies deur te blaai.
Wat is 2016 se Afrikaanse woorde - woorde wat ontstel, prikkel, of die heersende gesprek saamvat?
Stuur jou #litnetwoord2016 voor 6 Desember 2016 aan: naomimeyer@litnet.co.za.
LitNet sal R1 000 toeken aan een woord, die sterkste inskrywing volgens LitNet se redaksie. LitNet behou hom die reg voor om geen prys toe te ken nie.
Kommentaar
Is dit om "ge-trigger" te word soos die SJW's?
Afrikaans dalk - geontprop.
Trompop.
Staatskaping
Knersvat.
Ghwar. Ploert. Koekieraakvatter. Soos in: Op sy goue troon sit die aangewese president: 'n ghwar, 'n ploert, die Koning van Id.
Ook maar goed dat 'n oop mikrofoon nie op almal gesit is in hierdie lewe nie. Ons sou baie stories gehoor het. Baie maklik om 'n man tussen mans se skertsgesprekke te hoor wanneer daar geld op die spel is. Hy't goeters gesê waardeur ALMAL nou so offended is, maar hy't nie verkrag nie! Waar CLINTON nou by PIZZAGATE betrokke is en dit is lelike goed. Madeleine McCann se storie gaan heel waarskynlik by Hillary en Tony Podesta uitkom. Hoe weet ons wat agter die Withuisdeure aangegaan het toe daar nie sosiale media was nie. Sigare en goeters? Ja baie presidensieel. Ek dink Trump is AWESOME. Wanneer 'n mens na sy stories met Oprah kyk indie 80's was hy presies dieselfde as NOU! Ek dink 'n mens se kinders wys nogal hoe 'n mens self is. CNN en die hoofstroommedia is passé.
As jy niks meer oorhet nie is jy 'n 'nuljoenêr'.
Woord van 2016 Zupergom
Het iemand al "kakistokrasie" oorweeg? Myns insiens die beste beskrywing vir Suid-Afrika se huidige regering.