johan els2017-01-09Wie sê dat daar 'n verlange is na die Verwoerd-era? Ek het dit nog nooit gesê nie en ek het nog niemand dit hoor sê nie. Spreek maar slegs jou opinie uit en moenie uitsprake namens my maak nie.
Kotie Esterhuizen2017-01-09Ek sê en ek glo as Verwoerd nie vermoor is nie, en hy 'n kans gehad het om homself te bewys, sou die land vandag baie anders gelyk het.
Frans Venter2017-01-08Kan julle nie asseblief die roetes met kaarte publiseer nie, wil dit bitter graag gaan ry? Het julle program baie geniet, wat van een van die sentrale en noordelike dele van Namibië?
Dawid2017-01-08In Peter Abelard se boek "Sic et Non" het hy die oënskynlike teenstrydighede opgeskryf vir sy studente.
Toe hy gevra is waar die antwoord is, stel hy dat hy die professor is en stel vrae - die studente verskaf die antwoorde.
http://sourcebooks.fordham.
Dasid2017-01-08Die waarheid is glad nie 'n relatiewe begrip nie.
Daar is beginsels waarop waarheid gebaseer kan word.
Die voordele wat die Nasionale Party geniet het, is in die vorige dekades onder die generaals gevestig. Daar was groter visie onder hulle as die eng b
kla-kous2017-01-08Ek kry nie die indruk dat die regering werklik so bekommerd is oor werksverliese as 'n mens kyk wat hulle alles aanvang nie. Is daar inderdaad nog 'n regering? Dit net tersyde. Gegewe al die botsende belange, is die aangewese weg nie om dit oor te laat aa
André2017-01-08Wonder maar net of dinge beter of slegter gaan. Duidelik slegter en loop die paadjie van "Afrika". Maar daar is tog hoop. Los "affimative action", gee elke persoon op meriete kans en skep proses van mentorskap waar minder gegoede persone toegang kry tot o
Dedalus2017-01-08Ag Jason, ek weet nie wat die 2 loskoppe hierbo poog om te seg nie, om die waarheid te seg ek weet nie eers wat jy probeer seg nie maar wanneer ek na Nina Simone luister wat https://www.youtube.com/watch?v=R96jRnBYymU dan dink ek julle moet meer luister.
louis lagrange2017-01-07Daar is in die demokrasie as regeerselsel verskeie gesigspunteoor hoe goed leierskap daarmee n goeie bestaan vir die bevolking bewerk. Dat swart en bruin volle seggenskap oor hulself geniet het, word ontken om 'n dooie rooi Kommunisme weer in plek te roep
oester2017-01-0795 % van die verbruikers is die sg nie-blanke mark. Moenie jou met retoriek laat bluf nie. Enigiemand weet dat hoenders onder die swartes verkoop en dis waarop almal konsentreer en hul mooi stories is slegs stories.
Ek koop tans vars hoender in teen R3/
Bertie Vollgraaff2017-01-07Ek is baie bly ek kon Bettina Wyngaard se artikel lees en ek moet sê dat ek meer mense dit wou laat lees. Die bydrae van ander op die onderwerp is puik en in goeie smaak wat so anders is in meeste van nuusblaaie waar in opbouende gesprekke die hel op j
Margot Huysamer2017-01-07Dis alles goed en wel, maar wat Die Bybel preek en praktiseer is twee verskillende goed. Ek vind godsdiens uiters immoreel. Die Bybel is basies haat/vrees opgedis as liefde(hel), vrede en liefde opgedis as geweld/ bloedvergieting (kruisdood) en moenie p
F C Boot2017-01-07Al wat die rubriek en kommentare eintlik in 'n neutedop sê is, dat suksesvolle bevrydingsorganisasies nie suksesvolle regerings beteken nie. Ongelukkig is dit dikwels die teenoorgestelde en geld “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou d
Marietjie Buhr2017-01-07Ek stem heelhartig saam. Net een kwessie ontbreek: Bettina preek, buiten vir een sinnetjie, teen regses en verregses. 'It takes two to tango'. Dieselfde beroep moet gedoen word op diegene wat wittes verwens, wegdryf, doodmaak. En hierdie versugtinge bla
Dawid2017-01-07Die vooruitgang en ontwikkeling van Europa is direk as gevolg van die Evangelie.
Die sogename "Dark Ages" was als behalwe dit.
Die wetenskap, reg, gesondheidsorg, barmhartigheidsdienste het voortgespruit uit die Christelike milieu. Die universiteite wat
Johannes Comestor2017-01-07Jan Rap, jy het reg, maar die eerste voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Wannie Carstens, en die huidige voorsitster, Anne-Marie Beukes, asook die besturende direkteur van die ATR, Conrad Steenkamp, verkies polities korrek om na Afrikaans as vroulik t
Koos Smit2017-01-06Wat ook nie uit die oog verloor moet word nie was dat geld en kennis baie beperk was. Wie sal dan nie eers aan sy eie aandag gee voordat aan ander aandag gegee word nie. Daar was wel 'n plan om die ander bevolkingsgroepe ook op te hef maar natuurlik sou d
F C Boot2017-01-06Vir almal wat belangstel, lees oorsprong van Afrikaans by:
https://archive.org/stream/rosettaproject_afr_detail-6/rosettaproject_afr_detail-6_djvu.txt
Wat Angus sê: “Sy’s amazing as dit by kos maak kom, en alhoewel sy ʼn beautiful babe is, verkies
Angus2017-01-06Beste Jan Rap,
Evolusie beteken nie groei nie. Evolusie is die aanpassing van 'n organisme by nuwe omstandighede, en dis wat Afrikaans doen. Agteruitgang van 17de eeuse Nederlands het die ontstaan van 'n nuwe taal tot gevolg gehad. Met ander woorde, Nede
JR2017-01-06"Hul teenstand teen die regering se voorgestelde minimum loon van R3 500 is ’n absolute skande en getuig van hul politieke skynheiligheid omdat hulle voortdurend die intellektuele vermoëns van die armes onderskat."
Dus moet 'n huishulp wat nie lees
Angus2017-01-06Beste Jan Rap,
Terwyl Jaco nog vakansie hou, sal ek maar in sy plek antwoord.
Dink jy Afrikaans sal heeltemal afsterwe en net Engels sal oorbly, of sal daar 'n taal ontstaan wat sintakties Afrikaans is met hoofsaaklik Afrikaanse woordeskat, maar ook En
Jan Rap2017-01-06In baie flieks wat ek self met my eie oë gesien het.
Maar op 'n ernstige noot nou - van al die mense, van allerhande kulture en plekke dwarsoor die aardbol, wat al ondervinding van die bonatuurlike ondervind het, kan tog sekerlik nie almal lieg of aan d
F C Boot2017-01-06Beste Jaco
Luister nou wat Petrus sê:" U is die Christus, die Redder wat deur God na ons gestuur is. U is die Seun van die Lewende God.'
Dit is die waarheid wat nog Pilatus, nog enige ander ateïs ooit kon snap nie, want soos Jesus tereg opmerk teenoor
Juanita Pols2017-01-06What gets lost in translation. Miskien nie hier van toepassing nie.
Ek wil graag verstaan dat in die Anglikaanse kerk gepraat word van die “Holy Trinity” wat mooi en baie beskrywend is. In Afrikaans praat ons van die “Drie-Enige God”`
Ek mag ver
Jan Rap2017-01-06Miskien, maar dis heeltemal 'n ander onderwerp; niks te doen met jou stelling of my kommentaar daarop nie. Terloops, daardie lys name is nie almal wysgere nie.
Jan Rap2017-01-06A, nou onthou ek. Lyk my die taalonnie het my nie genoeg slae gegee nie. Dankie; ek sal nie weer daardie soort fout maak nie (hopelik).