Onvermydelik het my gedagtes
My steeds gesteur
Ek het besef jy is weg
Watter bottel het jou dié keer om jou lewe laat veg
Met antagonistiese karakters wat die protagonis aanmoedig,
Word ek net al hoe meer mismoedig
My hart is by my huis
My huis is by jou hart
Wat het my dit laat verdien - die smart
Die R&R of die VX
Ek onthou nog jou facebook-kode xxx
'n Laaste boodskap
Voor die finale skoot klap
Geen brief of rede
Almal se vaarwelgedagtes hang in die hede
My hart is by my huis
My huis is by jou hart ...
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.



Kommentaar
"R&R of die VX" - moeilik om te kies hoor.