Ek wou sê
as daar ’n tarentaalveertjie in my tuin is
moes daar ’n tarentaal gewees het
toe kry ek hom op sy sy
onder ’n boom
langs die waterpomp by die sloot:
sy nek met die kop daarop
in sy lyf ingetrek.
Dis belangrik hoe hy doodgegaan het:
Ek dink hy is dood
net toe ek die hekkie oopstoot
en die blare sag soos ’n reënstok se omswaai ruis:
die klank van sy spikkels wat afval.


Kommentaar
Hierdie is vir my 'n roerende mooi gedig. Ek vind myself telkemale terug hier, net om dit weer te lees.
Baie dankie Gideon. Ek dink nie 'n digter vra veel meer as dat lesers weer wil terugkom na 'n gedig nie.
Ek moet sê dit is pragtig. Dankie.
Jislaaik! vir n nie-Afrikaanssprekende Namibiër is dit sommer 'n meesterstuk ...