Vir Jan Rap re sy vorige brief oor Afrikaans

  • 50

Beste Jan,

Dit lyk my ek en jy beskou Afrikaans vanuit verskillende rigtings. Vir jou word ʼn suiwer Afrikaans wat sommer hier uit die lug geval het, bedreig deur Engels, tot so ʼn mate dat Afrikaans gaan verengels. Samehangend hiermee is daar nog die teenkanting wat Afrikaans ondervind en die uitstoot daarvan op alle gebiede. Ek, daarenteen, sien Afrikaans teen ʼn historiese en linguistiese agtergrond. Wat in die verlede met Afrikaans gebeur het, is belangrik. Wat met ander tale gebeur het, hoe hulle ontstaan het en ontwikkel het, is belangrik vir Afrikaans, want hy loop min of meer dieselfde paadjie.

Vir my lê die wonder daarin dat Afrikaans sy ontstaan het in die 19de eeu te midde van ʼn sterk verengelsingsbeleid wat begin het met Lord Charles Somerset se taalwette, en die invoer van Britse Setlaars in 1820. Vir my lê die wonder van Afrikaans daarin dat, ten spyte van ʼn angliseringsbeleid na die Engelse oorlog in 1902, Afrikaans steeds gegroei het tot een van die amptelike tale in 1925. As dit die geval is, sien ek nie hoe ʼn magtige taal soos Afrikaans nou in die 21-ste eeu deur enige teenkanting van waar ook al, kan verdwyn in die niet nie.

Ek sien ook nie Afrikaans in ʼn blik gedruk met die deksel bo toe nie. Taalstudies toon dat as jy ʼn lyn van Amsterdam na Berlyn toe trek, die een buurman langs die lyn af die ander kan verstaan en sy taal praat ook. Tog praat die Amsterdammer Nederlands, terwyl die Berlyner Duits praat. Dieselfde verskynsel kry jy ook as jy ʼn lyn trek vanaf Parys na Berlyn. Almal verstaan mekaar langs die lyn af, terwyl jy aan die een kant Frans kry en aan die anderkant Duits. Met die ontstaan van ʼn nuwe taal aan die Kaap, het jy amper ʼn soortgelyke verskynsel gekry. Uit Kaaps, Kaaps-Hollands het uiteindelik Afrikaans gekristalliseer so teen 1870 langs. Te midde van die verengelsingsbeleid het ʼn ongekende taaltrots ontstaan, tot so ʼn mate dat taalkundiges begin het met ʼn suiweringsproses, wat voortgeduur het na die Engelse oorlog, tot onlangs. Miskien sal jy ook nog onthou hoe Anglisismes uitgeroei is op skool. (Nie sideboard nie, maar buffet. Nie bloed is dikker as water nie, maar waar bloed nie kan loop nie, kruip dit, ens.)

Die Engels wat deesdae in Afrikaans gehoor word, is nie om dowe neute daar nie. Dit verleen ʼn vryer uitdrukking aan Afrikaans en bind hom nie aan die taalidioom van die jare 1920 nie. Dit klink nie mooi vir die ou oor nie, maar toe die mense Nederlands begin swak praat het in die sewentiende eeu, het dit ook nie mooi geklink nie, en luister net hoe mooi klink Afrikaans vandag.

Jy verwar die invloed wat Engels vandag het met die Engels wat jy hoor as iemand Kaaps praat. (Onthou die lyn wat getrek is vanaf Kaapstad na Pretoria en verder Noord geld ook nou. ) Kaaps het ʼn ander woordeskat en aksent as die taal wat beoordelaars, onderwysers, aanbieders en kinders gepraat het met die revue-kompetisie op TV, of die taal van die sepies.  Tog verstaan ons mekaar of daar nou Kaaps, Standaardafrikaans, Afrikaans met Engelse woorde tussenin, Griekwa-Afrikaans, of swarttaalafrikaans gepraat word. Niemand loop met ʼn woordeboek onder die arm om te kan praat nie, soos jy wil voorgee. Ons gooi die taal te lekker.

Nee, Sarel Celliers sou nie “Wow amazing” gesê het toe hy die Zoeloes sien aankom het nie. Hierdie woorde het eers in die 21ste eeu in Afrikaans kom posvat. Hy sou Kaaps gepraat het, want Afrikaans het toe nog nie bestaan nie. Sy Kaaps sou baie sterk na Nederlands geklink het, want hy was ʼn geletterde man, en predikant in die Gereformeerde kerk. Daar mag miskien Engelse woorde uitgeglip het, want ek het ʼn vermoede dat sy ma Engels was, ten spyte van die nooiensvan Louw. Charl, of dan Sarel was van Franse afkoms en het grootgeword in die Paarl-omgewing. In 1829 het die hele Celliers-gesin na die omgewing van die huidige Colesberg getrek. Droogte het hulle genoodsaak om by Retief aan te sluit toe die Trekkers daar verbygekom het. Heel waarskynlik was Retief se Engels nog beter as Sarel Celliers s'n, want hy het groot vriende gemaak met die Britse Setlaars toe hy nog op die Oosgrens geboer het. Die Retief-manifes was bv in Engels geskryf. Miskien sou Sarel Celliers gesê het: “Oh, Ghod, Annatjie, my darlienkie. Vandag is hieso k-k in die land. Gee tog Dadda se ou Sannatjie aan. Lat ek vi helle loep wys wa Deiwid die worteltjies galoep bêre het!” Afrikaans het in 1836 nog nie bestaan nie, en almal het maar όf Engels όf Kaaps gepraat. Trouens, al die Voortrekkers het maar Kaaps gepraat. Dié wat kon skryf was net die geleerde mense en hulle het nogal redelik goed Nederlands geskryf.

Om terug te keer tot jou klagte. Dis nie net op sepies wat jy die swak Afrikaans hoor nie, dis orals. Almal praat so, selfs ek en jy. Net vanoggend nog het ek gevra wie my tweepunt-adapter van my skeermes gevat het. My dogter het kom kla dat die wasmasjien nie wil werk nie. Dis ʼn toploader en ek het uitgevind die spindle het gestrip. Net nou die dag het ek ʼn spindraaier by Game gaan koop, en ons vacuum is besig om in te konk. My vrou het juis sin aan een van daardie wet and dry masjiene. Hulle het ingebreek by my seun se fabriek, en nou het hy my laptop geleen tot tyd en wyl hy ʼn nuwe kry. In the mean time moet ek battle met my desktop sonder die spellcheck. Krismis het ons die hele dag kos gemaak want ek en my tjommies het ʼn spitbraai gehad. My buurvrou, (nie die een wie se man Sondae vir my vrou loer as sy topless langs die swembad lê nie) het ʼn heerlike poeding gebring. Dis was tjoklitkoek met so ʼn peppermint flavour. (Peperment geur klink vir my of  ʼn mens dit nie proe nie, maar ruik en dan kan jy nies van die peper.) Sy’s amazing as dit by kosmaak kom, en alhoewel sy  ʼn beautiful babe is, verkies ek darem my vrou. My vrou het net die knack om my te laat goed voel as ek down in the dumps is.

In hedendaagse Afrikaans is dit ‘greetings so van huis tot huis,’  

In Kaaps is dit ‘baing kirislam by di hys se kant.’

Angus

 

  • 50

Kommentaar

  • Angus, jy hang 'n soort Darwinisme aan as dit by taal kom. Verdomming was nog altyd die maklike uitweg, en net so dikwels verkoop as die mees 'natuurlike'. Die blywende van die mens het egter telkens uit 'n verset teen hierdie benadering gekom. My voorspelling is dat jou Taylor Swift Amerikaans nie eendag onder laasgenoemde sal tel nie.

  • Beste Pyrrho,
    Ek sal graag by jou wil hoor watter soort Darwinisme jy by my sien ivm met taal. Hoeveel soorte Darwinismes ken jy? Dan moet jy ook aan my verduidelik waar ek 'verdomming' nogals verkoop. Van watter verset praat jy teen watter benadering en wat beskou jy as blywende van die mens? Watter soort dolosse gooi jy om by jou voorspellings uit te kom en wat het Taylor Swift se Amerikaans met my of met die prys van eiers te make?

    Groete,
    Angus

    • Angus, laat ek jou stap vir stap verduidelik, soos jy aanvra. Die Darwinisme waarna ek verwys, is die blote aanvaarding van die toedrag van sake, om te maak asof die kunsmatige 'natuurlik' is. Die verdomming waarna ek verwys, is 'n uitvloeisel van hierdie globalisering en kommodifisering van taal self, oftewel wat 'n filosoof noem die 'verwoesting van taal'. Jou slotparagraaf verwys ter ondersteuning van wat ek hierbo vermeld, telkens na kommoditeite in 'n sogenaamde "Engels" (wat eintlik 'n swak Engels is, wat ek noem Taylor Swift Amerikaans omdat sy dieselfde omvang van woordeskat as jy blyk te hê). Laastens stel ek dit teen jou determinisme dat 'n groepering en individue self kan besluit wat hulle die beste sal baat. As jou Engels, of die Engels wat in ons kele afgedruk word uit Dickens of Joyce gekom het, kon 'n mens dit miskien oorweeg, maar ek is nie bereid om die bietjie wat ons ou taaltjie al opgelewer het prys te gee ter wille van Taylor Swift se Amerikaans nie.

  • Jaco, Pyrrho bedoel jy sien enige verandering as evolusie en dus as groei. Agteruitgang van Afrikaans byvoorbeeld, sien jy as groei, die vorming van 'n nuwe taal waar dit in wese 'n manifestasie is van die oorname deur Engels, die afsterwe van Afrikaans dus,

  • Beste Jan Rap,
    Terwyl Jaco nog vakansie hou, sal ek maar in sy plek antwoord.
    Dink jy Afrikaans sal heeltemal afsterwe en net Engels sal oorbly, of sal daar 'n taal ontstaan wat sintakties Afrikaans is met hoofsaaklik Afrikaanse woordeskat, maar ook Engelse woorde tussenin?
    Groete,
    Ek is nog Angus

  • Beste Jan Rap,
    Evolusie beteken nie groei nie. Evolusie is die aanpassing van 'n organisme by nuwe omstandighede, en dis wat Afrikaans doen. Agteruitgang van 17de eeuse Nederlands het die ontstaan van 'n nuwe taal tot gevolg gehad. Met ander woorde, Nederlands het hom aangepas by nuwe omstandighede, en so het 'n nuwe taal, Afrikaans, ontstaan. Afrikaans sit die proses maar net voort. Jy kan dit nie insien nie, want die omstandighede waarby Afrikaans hom moet aanpas is heeltemal anders.
    Groete,
    Angus

  • Beste FC Boot,
    Jy slaan die spyker op die kop: dis nie Afrikaans of Engels nie. Sintakties is is Afrikaans, met Afrikaanse en Engelse woordeskat. Dis nog taal, want dit kommunikeer deksels goed by wyse van die spraakklanke gemaak deur die spraakorgane; dit moet dus taal wees. Kom ons noem dit voorlopig Engfrikaans. Afrikaans het ook so vis-nog-vlees begin. Dit was nie Nederlands nie, ook nie Maleis-Portugees, of Khoi, of Engels nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus

    Jy propageer dus dat mense deur taalvermenging 'n nuwe taal moet beging. Waarom dan ophou met Afrikaans en Engels en nie 'n goeie dosis van al die ander tale ingooi nie en 'n eg nuwe Afrikataal begin nie?

    Ek het die voorstel aan my vrou gemaak wat as onderwyseres vir amper 40 jaar Engels eerste taal aan boertjies probeer oordra het, sê jy is reg, want spreektaal is vloeibaar en nie stagnant nie en jy kan kontaminasie daarin nie keer nie, solank die basiese gramatika reg is, is dit OK.

    Sy beveel dit egter nie aan as jy Engels of Afrikaans formeel as 'n vak aanbied nie.

  • Beste FC Boot,
    Ek stel voor dat jy by jou vrou om hulp moet aanklop as dit by taal kom. Taalgebruikers hoef nie formele kennis van die grammatika te hê nie. Organisasie van taal is by die mens ingebore.
    Ek "propageer" nie taalvermenging nie, dit gebeur op 'n natuurlike wyse waar twee of meer tale in aanraking met mekaar kom, en ek en jy kan niks daaraan doen nie. Mense kan nie kunsmatig 'n nuwe taal skep wat suksesvol gebruik word nie. Buitendien is Afrikaans 'n eg nuwe Afrikataal.

    Die onderrig van 'n taal is heeltemal 'n ander saak. Dan probeer die onderwyser om bestaande woordeskat te behou.

    Ek stel belang in watter skool jou vrou skoolhou, waar sy Engels eerste taal aan boertjies leer. Dit klink vir my na Afrikaanssprekende leerlinge by 'n Engelse skool, want gewoonlik leer boertjies maar Engels as tweede taal.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    As Afrikaans 'n egte Afrikataal is hoekom wil jy dit opneuk met Engels?
    Taalorganisasie is nie aangebore nie, maar aangeleer en oorgedra van geslag tot geslag. Was jou ouers maar nie jou eerste “onderwysers” 'nie?
    Grammar is al beskryf as: “Grammar refers to the way words are put together to make units of meaning." As almal op hul eie aanneuk sal jy woorde kry wat totaal 'n ander betekenis kry by verskillende mense.
    Vroulief was by 'n tegniese skool. Jy sal verbaas wees hoeveel “boertjies” Engels as eerste taal neem, soms uit eie keuse of uit 'n “gemengde” huwelik waar ma Afrikaans was en Pa Engels.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Grammatika begin eintlik by betekenislose spraakklanke, wat betekenisvolle woorde vorm, wat betekenisvolle sinne vorm, ens. Dit alles is aangebore by die mens, en hy hoef nie spesiaal te gaan sit en dit leer om te kan praat nie. Dit verhoed dat hy nie sommer op sy eie opneuk en so onverstaanbaar word nie. Gaan klop by vroulief aan en kry les by haar oor Chomsky se diepte- en oppervlaktestrukture.
    As tale geografies langs mekaar lê, beïnvloed hulle mekaar, veral tale soos Engels en Afrikaans wat verwante tale is. Afrikaans is 'n egte Afrikataal omdat dit hier ontstaan het. Dit is basies Nederlands wat in aanraking gekom het met ander tale, oa Engels, en hom so aangepas het by Afrika-omstandighede.
    Taalorganisasie, soos jy dit noem, is aangebore. Die taal wat jy praat, het jy by jou ouers geleer. Eintlik is die storie ingewikkelder as dit, en taalwetenskaplikes het al diepgaande navorsing daaroor gedoen. Kortliks: die baba het die vermoë om deur blootstelling aan taal, daardie taalorganisasie aan te leer wat hy dan toepas op die taal wat hy hy aanleer om te kan praat. Gaan vra vir vroulief om jou daarmee te help.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Jy redeneer teen jouself, want jy skryf: "Kortliks: die baba het die vermoë om deur blootstelling aan taal, daardie taalorganisasie aan te leer wat hy dan toepas op die taal wat hy hy aanleer om te kan praat."
      Dit is juis die blootstelling aan taal wat die vermoë ontwikkel. En by wie word jy blootgestel? Natuurlik in die gesin waar jy groot word, wat jou die betekenis en uitspraak van woorde leer. Jy leer dus deur nabootsing van die klanke. Van eenvoudig tot meer ingewikkeld. Dit is dan ook in
      https://www.sciencedaily.com/releases/2012/01/120109155948.htm,gerapporteer dat : "Understanding the development of speech is a complex and challenging problem. Using novel techniques, such as the ones used in this experiment, we can isolate and better understand how the different components of speech develop," says Dr MacDonald. One possibility is that toddlers rely on the interaction with the person they are talking to in order to judge the accuracy of their speech sounds."
      Hulle monitor dus nie soos groot mense hul klank nie en pas dit aan nie.
      Daarom is moedertaal onderrig so belangrik, want dit is op die fondament wat jy bou later in jou lewe. Daar is gevalle maar nie baie is bewys nie dat babas selfs diere klanke sal namaak. Die sg “feral children”.
      Nee ek het nie vroulief se hulp nodig nie, jy het! Moet jou egter waarsku sy was bekend daarvoor om leerlinge wat hul nie kon gedra nie, met boeksak en al uit die klas te gooi.

  • Beste FC Boot,
    Ek weet dis vir jou 'n moeilike begrip. Kom, ek verduidelik dit so: die baba word blootgestel aan taal en daardeur leer hy die organisasie van taal, en so ook sy moedertaal. Taalvermoë is by die baba (die mens) ingebore, daarom kan hy deur blootstelling aan taal, 'n taal en taalreëls leer. 'n Sprinkaan het nie ingebore taalvermoë nie; daarom kan jy hom blootstel aan taal soveel as jy wil, hy sal nie die taal met sy taalreëls kan leer nie.

    Ek kan sien jou vroulief was nie een van my studente nie. By my is dit een van die wette van die Mede en die Perse: jy gooi nie 'n leerling uit jou klas uit nie, want as hy daar buite staan, kan jy hom nie opvoed nie. Indien 'n student hom skuldig gemaak het aan so 'n oortreding gedurende proefonderwys, sou ek hom summier gedruip het.

    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Lees gerus From Grunting To Gabbing: Why Humans Can Talk,http://www.npr.org/templates/story/story.php?storyId=129083762
    Wat leerlinge aanbetref wat hul nie gedra nie, is jou sienswyse om hom/haar te laat druip verkeerd. Jy sien dit werk so: Leerling X wangedra hom in 'n klas van 30 en sorg vir 'n onderbreking van 5 minute. Jy laat hom druip - my vrou het hulle uitgegooi want hulle is tyd- en gelddiewe.
    Jy sien hy het 29 x 5 minute tyd gesteel van die ander leerlinge, hulle van onderrigtyd beroof, dus 145 minute wat jy maar self in geldwaarde kan omskakel. Jy laat hom druip, nou wat help dit? Gooi hom/haar uit sodat hulle sondes kan oordink en berouvol kan terugkeer en verskoning vir geld- en tyddiefstal voor die klas kan vra.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Lees tog weer. Ek laat nie die kind druip wat hom wangedra in die klas nie. Ek laat die student-onderwyser druip wat tydens proefonderwys 'n kind uit die klas jaag. Dit beteken, ek laat jou vrou druip omdat sy 'n kind uit die klas jaag. Geen skoolhoof wat sy sout werd is, sal so iets van sy personeel duld nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Pyrrho,
    Mense wat grootsprakig is, het dringend hulp nodig. Hulle wil bitter graag geleerd klink, maar hulle onkunde laat hulle in die steek, en dit probeer hulle dan verdoesel deur onsinnighede kwyt te raak met groot woorde. 'n Verdere kenmerk van sulke grootsprakerigheid, is dat die gebruiker daarvan sy opposisie sal laat weet hoe beperk hulle woordeskat is.
    Ek is 'n ateïs, maar een ding het ek van die Bybel geleer: skryf eenvoudige taal. Almal verstaan dit in teenstelling met jou onsinnige gebrabbel wat glad nie kommunikeer nie.
    So tussendeur jou bombasme kon ek darem twee dinge agterkom: jy het net van Darwinisme gehoor, en jy het nog nie mooi oor taal gedink nie.
    Geen Darwinisme het te doen met die "blote aanvaarding van die toedrag van sake" nie. Die dryfveer van Darwinisme is juis seleksie. Ek verstaan nie mooi jou grootsprakigheid nie, maar dit lyk my jy dink dat die invloed van Engels op Afrikaans 'n kunsmatige besigheid is, en dat dit sou lei tot "verwoesting van taal" soos jou onbekende filosoof beweer. Het jy al daaraan gedink hoe Afrikaans ontstaan het? Dit lyk my nie so nie.
    Dit klink alte geleerd as jy die woord determinisme gebruik, maar die sin waarin jy dit gebruik, wys daarop dat jy geen snars weet wat dit beteken nie. Ek sou eerder sê dat determinisme tot jou denke hoort wat geen vrye wil aan mense toelaat nie. Dit klink asof jy vir Afrikaanssprekendes wil voorskryf hoe hulle moet praat.
    Ten slotte, Afrikaans is nie sommer net 'n taaltjie nie, en het nie "bietjie" opgelewer soos jy beweer nie. Afrikaans is 'n bielie van 'n magtige taal wat in een en 'n halwe eeu meer vermag het as enige ander taal in tweeduisend jaar.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus,

      Ek sien uit na jou handleiding in die "Kenmerke van die Grootsprakerigheid", amper soveel soos ek uitsien na jou "Alternatief vir Afrikaans: advertensiebord Engels". Nou ja, wat kan ek nou vir jou sê, noudat jy my ontbloot het vir 'n brabbelaar? Netjies het jy uitgewys dat my sin waarin ek vrye keuse teenoor determinisme stel, 'n weerspreking is. Vrye wil is net 'n onderafdeling van determinisme, so het ek iets nuuts geleer vir die dag! Ongelukkig vir my klein verstand, lyk dit of jou laaste sin (waarin jou deeglike bestudering van al die wêreld se tale oor die afgelope 2000 jaar uitstaan) heeltemal jou aanvaarding en toegewing aan die, uhm verskoon my grootsprakerigheid, globalisme en verdomming weerspreek. Laastens wil ek 'n vraag aan jou rig, wat jy gerus in jou ateïsties-Bybelse eenvoudige styl kan verduidelik: het ons, die sprekers van hierdie "magtige taal" soos jy dit noem, geen keuse, verantwoordelikheid of invloed op die manier waarop hierdie taal haarself gaan vorm vir die nageslagte nie?

      • Angus,

        Ter aanvulling tot jou deeglike huiswerk oor taal, kan jy dalk jou reeds groeiende reputasie as 'n taalhistorikus/evolusionis nog verder laat uitkring met 'n stawing van jou laaste stelling? Het Afrikaans meer in die laaste 50 jaar vermag as Latyns in die 1ste eeu, Arabies in die 10de eeu, Katalaans in die 13de eeu, Italiaans in die 14de eeu, Duits in die 16de eeu, Engels in die 17de eeu, of selfs Frans in die 18de eeu?

        Groete

  • Beste Angus
    Jy skryf :"Lees tog weer. Ek laat nie die kind druip wat hom wangedra in die klas nie. Ek laat die student-onderwyser druip wat tydens proefonderwys 'n kind uit die klas jaag. Dit beteken, ek laat jou vrou druip omdat sy 'n kind uit die klas jaag. Geen skoolhoof wat sy sout werd is, sal so iets van sy personeel duld nie."
    Dit is die grootste stukkie onsin wat jy tot dusver hier kwyt geraak het, want jy blameer die onderwyser, hetsy vas of op proef, vir die kind se oproerige gedrag. Jy sien dit is maar kinders se manier op vas te stel waar die grense is.
    Dit is so goed of jy sê dit is die polisiemag se skuld dat daar misdaad in die land is en misdadigers dit oorneem. Gaats en nou moet die polisiehoof verskoning maak as sy lede misdadigers dalk net effens te hardhandig hanteer. Oortreding van menseregte, nè?
    Dit is duidelik dat jy nooit in die weermag was nie. Kom ek vertel jou nou as jy nou op haar Facebookblad gaan, sal jy sien dat talle oudleerlinge van dwarsoor die wêreld haar as die beste onderwyseres beskryf wat hul ooit gehad het.
    Haar loopbaan is kort geknip juis deur iemand se lamsakhouding en het een van die behalmels dit goed gedink om haar so te laat aanrand in haar klaskamer dat sy vandag nog talle rugprobleme ondervind en dit ons duisende rande aan verdere mediese koste uit die sak gejaag het.
    En die onderwysdepartement se optrede was presies dieselfde as jou houding. Polisie se verskoning :" Sorry sir, but we don’t have the resources to arrest the culprit'.(Geen petrol in voertuie.) En dit terwyl die misdadiger 20 kilometer verder in ’n aangrensende dorp woon.
    Die oortreder is skuldig bevind in die hof en een van die grootste bedrae ooit is aan my vrou as skadevergoeding toegestaan. Ongelukkig kon die misdadiger nooit opgespoor word nie omdat sy soos 'n vlakhaas net altyd een tree voor die balju gebly het en soos 'n meerkat van gat tot gat gevlug het, van dorp tot dorp gevlug het.
    Wat haar (vroulief) onderwysmetodes aan betref, wel, selfs 'n baie bekende skoolhoof het eendag haar klasse bygewoon en opgemerk: "Mevrou as ek u as onderwyseres gehad het, sou ek nooit so met Engels gesukkel het nie.”
    Onder haar het talle leerlinge onderskeidings in die vak behaal, want dissipline was die wagwoord en geen oproerige gedrag soos tans nie. ’n Skoolhoof wat sy sout werd is veral op 'n meerderheid seunskool sou haar ondersteun en buitendien toesien dat die oproerige nog twee van die bestes op sy sitvlak kry. En hier praat ek van ondervinding.
    Die tragiese toedrag van sake in ons land en veral op onderwysgebied is te wyte aan 'n totale gebrek aan dissipline en is oproerige studente niks meer as tyd en gelddiewe nie, want hul vermors nie net die staat se geld (belasting ingevorder - dus belastingbetalers se geld) asook die bydraes van die wat hul geldelik ondersteun.
    En dan word talle verskonings van regeringskant en onderwysowerhede op die tafel geplaas om darem ’n tikkie legitimiteit aan die optrede te verleen.
    Hulle beroof die wat wil studeer van kosbare studietyd en los talle inrigtings in chaos deur die optrede en brandstigting. Is jy een van die wat sulke gedrag goed praat?
    Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    Ek is jammer om te hoor van die aanval op jou vrou. Dit kan slegs 'n onopgevoede persoon wees wat so 'n daad kan pleeg.

    'n Goeie onderwyser is nie net iemand wat sy vakkennis kan oordra en goeie resultate behaal in die eksamen nie. n Goeie onderwyser is ook iemand wat opvoedingswerk kan verrig. Om 'n kind uit die klas te jaag, is een van die eerste tekens dat die onderwyser nie dissipline kan handhaaf in sy klas nie. Die kind wat uitgejaag is, is nou buite die beheer van die onderwyser. Hy kan nie opgevoed word nie, en nog minder doen hy enige vakkennis op. Jy mag dit as onsin beskou, maar om 'n kind uit die klas te jaag, is taboe.

    Jy verwar natuurlik die opstandige kind in 'n klas by 'n normale skool, met polities gemotiveerde opstandige leerlinge in sommige hedendaagse skole. Hierdie leerlinge stel geensins daarin belang om kennis op te doen nie, en van opvoeding is daar nie sprake nie. Jy het gesê jou vrou was daarvoor bekend dat sy 'n kind met boeksak en al by die klas uitjaag. Dis nie die "hulle" teen wie jy so te velde trek, wat chaos en brandstigting veroorsaak nie. Dis maar die gewone stout outjie soos ek en jy ook maar was. Ek was ook al een keer uit die Sondagskoolklas gejaag om in die bloedige son langs die kerk te sit. Ons Sondagskooljuffrou het probeer verduidelik waarom die maagd Maria 'n maagd is. Al wat ek wou weet is of sy 'n maagd is, en toe jaag sy my uit. Ek was lief vir haar, maar daarna kon ek die dierasie nie verdra nie.

    Polities gemotiveerde opstande in klaskamers moet anders gehanteer word. Daar is ook nie sprake van net 'n leerling met boeksak en al uitjaag nie. Dis 'n saak vir die polisie en die belhamels moet gearresteer word.
    Groete
    Angus

  • Beste Pyrrho,
    Die sarkastiese trant van jou skrywe staan my nie aan nie. Steek dit liewer in jou broeksak en hou dit vir jouself.
    Dit is tipies menslik dat jy nou jou verleentheid wegsteek, maar ek moet jou tog daarop wys dat vrye wil nie 'n onderafdeling van determinisme is nie. Indien jy Filosofie bestudeer het, het jy dalk deurmekaar geraak met non-determinisme. Indien jy dalk teologie bestudeer het, gaan knap jou kennis op oor predestinasie. Dalk is jy 'n genetikus, en dan moet jy net weer gaan kyk na die werking van die menslike DNS.
    Om jou omslagtige vraag te beantwoord: nee, gebruikers van 'n taal het nie 'n keuse waarheen die taal wat hy praat, rigting inslaan nie. Hulle kan slegs die struktuur en woordeskat bepaal, maar het geen beheer oor dit wat nuut bykom nie. Ek kan dit toelig met 'n voorbeeld: ek en jy ken die woord 'wonderbaarlik', en leer dit aan ons kinders deur middel van gebruik. Om een of ander rede begin hulle die woord 'amazing' gebruik, wat ek en jy ook ken. Ons kinders se kinders ken net die woord 'amazing', en 'wonderbaarlik' sterf uit saam met ek en jy se heengaan. Dit in 'n neutedop, is hoe alle tale stadigaan verander. Linguiste bestudeer hierdie verandering en ook die spoed waarmee dit dit plaasvind.
    Om jou tweede sarkasties gestelde vraag te beantwoord: het enige van jou tale wat jy noem binne 50 jaar van kombuistaal na amptelike taal ontwikkel, ten spyte van streng wetgewing daarteen? Het enige van die tale wat jy noem se letterkunde binne 50 jaar gegroei vanaf beroerde skryfseltjies in koerante tot wêreldletterkunde?
    Eintlik het ek een en 'n halwe eeu genoem, maar as jy wil, 50 jaar is ook goed genoeg, sê so van 1880 tot 1930.
    Groete,
    Angus

    • Angus,
      Ek kan nie langer my verleentheid wegsteek nie, ek buig nederig die knie voor jou amazing kennis. Sê net vir my, noudat jy weereens keuse ondergeskik aan een of ander krag stel (jy weier om 'n evolusionis of determinis genoem te word, so my woorde raak nou op ...), het die taalbewegings in Afrikaans sommer uit die bloute ontstaan, of het mense moeite gedoen en geveg daarvoor (veg impliseer tog om teen die stroom te beweeg.) Dan beweer jy verder dat die sprekers nie eintlik 'n invloed op ontwikkeling van 'n taal uitoefen nie, behalwe vir die struktuur en woordeskat. Hier moet jy my net weer reghelp, Angus, want ek het my hele lewe lank geglo dat die struktuur en die woordeskat wesenlike komponente van 'n taal is, of hoe? Laastens wil ek reageer op jou vraag oor of die tale wat jy genoem het gegroei het van "beroerde skryfseltjies ... tot wêreldletterkunde"? In kort, ja. Ek sien uit om jou terugvoer te lees oor hoe Afrikaanse outeurs van die tydperk wat jy noem groter figure is as Seneca, Virgilius, Petrachus, Shakespeare, Milton, Luther en ander figure wat almal in die beginfase van die vorme van hul tale staan.

  • Beste Pyrrho,
    Ek kan sien jy is nog groen hier op SêNet. Laat ek my aan jou bekend stel. Ek is ateïs, evolusionis, non-determinis, plant- en dierkundige, genetikus, opvoedkundige, linguis, Engelssprekende liefhebber van Afrikaans, en sommer nog ook Jack of all trades en wat daarby hoort. Wanneer dit oa by spelling kom, veral in Afrikaans, is ek verskriklik vitterig en hou nie daarvan dat jy weer eens verkeerd spel nie. Ek geniet dit om met almal hier op SêNet sommer oor alles te gesels, en veral om Afrikaans te skryf, want hier in Natal is dit net Engels, Engels, alles Engels.
    Gaan lees asseblief alles wat ek hier al vir veral Jan Rap geskryf het, en jy sal agterkom dat jou en my siening oor taal baie ooreenstem. Kaaps-Hollands en later Afrikaans het 'n opdraande stryd gevoer vanaf Charles Somerset se taalwetgewing, deur die onderdrukking daarvan na die Engelse oorlog, tot by die hedendaagse waar dit weer polities onderdruk word. Dit alles natuurlik ten goede, want Afrikaans het binne 50 jaar gegroei van kombuistaal na een van die land se offisiële tale.
    Dit is so dat struktuur en woordeskat wesentlike komponente van taal is, maar huidige sprekers het geen beheer oor hoe die taal homself in die toekoms gaan vorm nie. (Dis ʼn lomp sin, maar ek probeer dit in jou oorspronklike vraag se trant skryf. Ek wil terselfdertyd sommer vir jou leer dat “haarself” anglisisties deur jou gebruik is.) Huidige sprekers van die taal het geen beheer oor wat in die toekoms gaan gebeur nie. SJ du Toit het met die skrywe van die eerste grammatika van Afrikaans geen beheer gehad oor die toekomstige struktuurveranderinge wat Afrikaans sou ondergaan nie, nog minder oor die nuwe woordeskat.
    Dit sal moeilik wees om enige van die skrywers wat jy noem te vergelyk met Afrikaanse skrywers. Seneca, om maar een voorbeeld te noem, het begin skryf in ʼn letterkunde-milieu van meer as twee eeue. Hoe vergelyk jy Virgilius se Aeneid, wat eintlik gebaseer is op Homerus se werke, met Raka van NP van Wyk Louw? Raka is ten minste oorspronklik.
    Gaan lees in elk geval mooi wat ek geskryf het. Ek het nie beweer dat Afrikaanse skrywers groter figure is as klassieke skrywers nie. Ek het gesê dat die Afrikaanse letterkunde binne die bestek van een en ʼn halwe eeu gegroei het van briewe in ʼn koerant na wêreldletterkunde. Of beskou jy die skrywers wat jy genoem het se werke as die enigste wêreldletterkunde wat daar is? Is daar nie ook plek vir ʼn Eugene Marais, Van Wyk Louw, Opperman, Brink, om maar net ʼn paar te noem nie?
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus,
      Ten spyte van jou opmerking dat ons sienings eintlik ooreenstem, wil ek vir jou sê dat ons sterk van mekaar verskil. Dat 'n taal verander, dit het ons in gemeen (en dit is geen opspraakwekkende insig nie), maar hóé dit verander, daar verskil ons hemelsbreed van mekaar. Om die waarheid te sê, jy verskil dikwels van jouself! Jy weerspreek jouself wanneer jy nie die rol wat die sprekers in die proses speel wil erken nie, maar dan met name en voorbeelde vorendag kom van mense wat presies dit gedoen het! Dan daal jy tot die vlak om woorde in my mond te lê rakende die gehalte van die outeurs wat jy noem. Lyk my jou geheue is bietjie kort, want drie van die outeurs was nie werksaam in die tyd wat jy aanvanklik genoem het nie. Laastens probeer jy my uitoorlê deur te wys op die feit dat Virgilius swaar op Homeros se epiese digkuns geleun het, terwyl van Wyk Louw se epiese gedig Raka "oorspronklik" is. Dat jy juis daardie voorbeeld moes kies, spreek vanself oor jou "kundigheid".
      Oor een ding is jy reg: ek is 'n "groentjie", wat anders as jy, hierdie swak weergawe van Engels in my opleiding moes verduur. Ten spyte daarvan leer ek stelselmatig aan om myself teen jou weergawe van evolusie (verswakking ten koste van voortreflikheid) te verset. Laastens wil ek vir jou die raad gee om nie aannames te maak oor ons jonger generasie nie, ons gee nie so maklik boedel oor as wat jy dink nie.
      Mooi loop.

  • Beste Angus
    Wat vir jou taboe is werk vir ander. Nou lyk dit vir my of die bloedige son jou oordeel aangetas het toe jy die gevra is om die Sondagskoolklas te verlaat. Jy stel die belange van een bo 29 ander en skryf dit dan toe aan die onderwyser se gebrek om dissipline te handhaaf.
    Nou ek verstaan ons lewe in ’n ander Suid-Afrika. In die Suid-Afrika word nuwe woorde geskep om die werklikheid anders te beskryf as wat dit is. Waar jy voorheen slegs ’n ‘secondhand’ motor kon gekoop het, kan jy vandag net ‘preowned’ motors koop. In finansiële state word slegte skulde nou aangetoon as ‘debt impairment’.
    Dit word dan makliker om die voorsiening daarvan met ’n verder R800 miljoen te verhoog tot R2.3 miljard soos in Ekurhuleni. ‘Debt impairment’ verkoop dus makliker aan die ‘comrades’ as ‘bad debt’, want eersgenoemde kan makliker aan voorheen agtergeblewe mense gekoppel word, as slegte skulde terwyl beide wanbetaling is.
    Nou kan ek jou verseker dat as jy iemand is wat woonagtig is in ’n voorheen bevoordeelde woonbuurt en ’n dag laat is met jou betaling, sal daar die volgende dag ’n hand-afgelewerde ‘final notice’ in jou posbus wees.
    Nou het daar ook ’n totale nuwe begrip oor wat ryk en wat arm is ontstaan. Ouers wat ’n inkomste van R600 000 rand per jaar het se kinders kan aansoek om finansiële ondersteuning doen om verder te studeer!
    En dit terwyl derduisende afgetrede spoorwegamptenare, blank en swart met ’n skrale R2000 per maand moet klaarkom na jare se getroue diens. En dit omdat ’n geleerde ‘comrade’ ’n redelike gemors van hul pensioenfonds gemaak het.
    Dan het jy seker ook nog nie gehoor dat dit een vrot appel neem om die res aan te steek nie. Kom ek vertel jou die volle verhaal. Die kind was besig met sy selfoon en het herhaalde versoeke daarom te bêre geïgnoreer en deur sy gedrag die les onderbreek en soos reeds genoem 'n tyd en gelddief geword.
    Sy reaksie op die laaste waarskuwing was min of meer soos volg, nadat hy opgestaan het: “Jou fokken bitch vandag gaan jy opgefok word."
    Onthou nou jy het nie hier met klein kinders te doen nie. Jy het met groot seuns te doen waarvan baie ver in die ou taal oor die ses voet is. My vrou is vyf voet een. Toe storm die jong man se getatoeëerde ma die klas binne. Sy is 'n baie groot vrou en lig vroulief op en stamp haar herhaaldelik teen die skerp rand van die swartbord.
    Gelukkig is dit op die oomblik klasverwisseling en sien verbygaande seuns dit en verwyder haar met geweld, waarop sy vlug en die skoolterrein verlaat.
    Jy sien die boef was toe heeltyd besig om die aanranding met sy ma, wat in die parkeerterrein gewag het, te organiseer en het net op die regte oomblik gewag.
    Soos reeds vermeld was die reaksie aan owerheidskant beroerd. Ek het die saak by die polisie en onderwysdistrikskantoor aangemeld. Wat die polisieoptrede was weet jy reeds.
    Jy sien Angus jy het 'n slagoffer van liberale denke geword. In die liberale denke word optrede versag want 'n siek kultuur van menseregte het ontstaan. Baie skoolhoofde kyk eers na die ouers se posisie in die samelewing en wat hul vir die die skool beteken, om hul optrede te bepaal.
    Dit is naamlik nie 'n goeie idee om bv 'n prokureur se seun kort te vat nie, anders beland jy die volgende dag in die hoof se kantoor en word jy onder kruisverhoor geneem.
    Nee Angus die belhamels word nie gearresteer nie, want jy sien daar word eers na die omstandighede waaronder die kind groot geword het gekyk. In my vrou se aanrandingsaak, 'n kind uit 'n gebroke huis sonder dissipline.
    By universiteite is die verskoning dat die kinders uit 'n voorheen benadeelde samelewing kom en hul as gevolg daarvan net hul frustrasie uithaal op dit wat die verlede verteenwoordig.
    Nou wat wys dit vir jou, net een ding 'n totale gebrek aan selfdissipline en 'n gebrek aan ontsag vir diegene wat oor hul aangestel is. Of dit nou op skool of universiteit is, hierdie land gaan ten gronde weens ’n gebrek aan selfdissipline. Iets wat deel van hul opvoeding by die huis moet wees.
    Self kom ek uit ’n arm huisgesin waar die ma self klere gemaak het en is ons by geleentheid al as ‘poor whites’ beskryf deur meer gegoede ‘benadeeldes’. Tog was daar nooit enige gedagte aan diefstal, brandstigting ens onder arm kinders van die tyd nie. Want jy sien in daardie tyd het hul geglo ‘sagte heelmeesters maak stinkende wonde’, wat vandag in ’n vrye liberale samelewing al meer bewaarheid word.
    So raak vroulike betogers in Amerika ‘nasty’ omdat hul ‘nasty’ is.
    Dit is te verstane want die land word geregeer met mense wat hul eie belange eerste stel en met goedkoop retoriek en emosie die skares agter hul verenig deur na 21 jaar die verlede nog steeds as die oorsaak van hul ellende voor te hou.
    Ek gaan afsluit met ’n verdere voorbeeld wat aantoon dat belhamels selde gearresteer word.
    Op ’n sekere dag bel ek my vrou om te hoor hoe laat ek haar by die skool moet kom haal. Geen antwoord nie. By die skool aangekom ontdek sy dat haar selfoon weg is, gesteel uit haar handsak tydens mondelinge eksamen.
    Ek vra toe ’n rekening van die selfoonverskaffer aan wat aantoon dat ’n bedrag van R480-00 oorgeplaas is na ’n onbekende selfoonnommer. Met die bewys maak ek ’n saak van diefstal op en vra die stasiebevelvoerder om die nommer van my selfoon te skakel.
    Dit blyk toe ’n ouer te wees van een van my vrou se leerlinge. Die stasiebevelvoerder vra die man om stasie toe te kom, omdat daar ’n saak van diefstal ter sprake is. Die man se verskoning: “Jammer ek is te dronk en sal Maandag by die skool wees.”
    So breek Maandag aan en Pa en seun is daar. Gekonfronteer met die feite pleit die seun steeds onskuldig en weier die Pa om te erken dat die fondse op sy selfoon gesteelde geld is. Die seun weier om die diefstal te erken, alhoewel sy vriende daarvan weet.
    En so Angus loop die saak dood. Geen optrede van enige owerheid nie. En die seun, wel hy word ’n held en as ‘untouchable’ deur sy bewonderaars beskou.
    Kan ek jou in die verband verwys na die SOUTH AFRICAN LAW COMMISSION se RESEARCH PAPER 18
    Conviction rates and other outcomes of crimes reported in eight South African police areas wat jy kan kry onder http://www.justice.gov.za/salrc/rpapers/rp18.pdf.
    Kyk na die statistieke op bladsy 18 wat handel oor moord, verkragting en bedrog.
    As jy nie geskok word oor die feit dat in die geval van moord 61% van die aangemelde sake nooit in die hof beland nie, 8% teruggetrek word, 8% onskuldig bevind word, 11% skuldig bevind word, 12% aan die gang is, sal niks jou skok nie.
    Daar is dus ’n baie goeie kans dat as jy in die distrikte moord pleeg jy skotvry daarvan gaan afkom. Die verkragtingstatistieke is nog meer skokkend.
    ’n Mens hoef nie te wonder waarom Suid-Afrika in die toestand is wat misdaad aanbetref as wat dit tans is.
    Dit begin in ons huise en op ons skole.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Wat die toestand in 'n veranderende Suid-Afrika betref, stem ek saam met jou. Met die voorval waarin jou vrou beseer is, klink alles vir my nie pluis nie.

    Jy het aanvanklik vir my gesê jou vrou was bekend daarvoor dat sy 'n belhamel sommer, boeksak en al, uit die klas jaag. Dit sê vir my dat sy nie 'n goeie verhouding opgebou het met haar klas nie; inteendeel, sy en haar leerlinge het 'n heel antagonistiese verhouding met mekaar gehad. Daar moes beslis iets voorheen gebeur het, want waarom dan die doelbewuste beplanning om jou vrou aan te val? Nee, êrens ruik ek 'n rot. Om stout kinders uit die klas te jaag, is eenvoudig onopvoedkundig; gaan vra maar vir enige pedagoog.

    Groete,
    Angus

  • Beste Pyrrho,
    Ek het nie gesê ek en jy stem in alle opsigte ooreen wat taal betref nie. Ek het jou net krediet gegee vir die klein bietjie insig wat jy darem het. Natuurlik verskil ons oor hoe taal verander. Jy sien dit soos jy dit graag sou wou gehad het, en ek sien dit soos dit is.
    Jou skrywe is eintlik maar net ʼn gehap in die wind, want deur te skuil agter vaagheid, sê jy niks. Kyk maar na die volgende: “Om die waarheid te sê, jy verskil dikwels van jouself! Jy weerspreek jouself wanneer jy nie die rol wat die sprekers in die proses speel wil erken nie, maar dan met name en voorbeelde vorendag kom van mense wat presies dit gedoen het!”
    Ek sou graag wou weet waar ek sprekers se rol nie erken het nie, en hoe dit nou juis ʼn bewys is dat ek myself weerspreek. Dan wil ek ook weet watter mense ek mee vorendag gekom het wat ook nie die rol van die sprekers in die proses erken nie. Wat se twak is dit?
    Dan beskuldig jy my daarvan dat ek jou woorde in die mond lê? Die woorde is nogal rakende die gehalte van outeurs wat ek sou genoem het. Wat se twak is dit?
    Dan beskuldig jy my daarvan dat my geheue kort is, maar dit lyk my jou geheue is korter. (Ek hoop jy kyk so nou en dan die advertensies op TV.) Ek het aanvanklik een en ʼn halwe eeu genoem (1860-2010), wat jy met jou geheue onthou het as vyftig jaar.
    Jou sarkastiese antwoord op wat ek geskryf het oor die vergelyking tussen Afrikaanse skrywers en klassieke skrywers is maar power. “Dat jy juis daardie voorbeeld moes kies, spreek vanself oor jou "kundigheid", sê absoluut niks.
    Ek verduur iets ergers as jy. Ek moet vaaghede, onkunde oor filosofie en die wetenskap probeer ontsyfer sodat dit sin maak. “Verswakking ten koste van voortreflikheid,” mag wel jou siening van evolusie wees; dit is beslis nie myne nie. Ek het ʼn al te deeglike studie van evolusie gemaak om met sulke twak vorendag te kom.
    Ten slotte wil ek graag weet waar ek aannames oor “ons jonger generasie” gemaak het? (Of het jy nou die kluts heeltemal kwyt geraak?)
    Groete,
    Angus

    • Angus,
      Aangesien jy my vaagheid uitgewys het, laat jy my met geen ander keuse as om jouself teen jouself te laat praat nie. Hieruit sal ons uiteindelik finale antwoorde kan kry, want jy sien dinge mos "soos dit is" (jou ou Determinis!).
      - "gebruikers van 'n taal het nie 'n keuse waarheen die taal wat hy praat, rigting inslaan nie."
      - "Huidige sprekers van die taal het geen beheer oor wat in die toekoms gaan gebeur nie."
      - "Ek sou graag wou weet waar ek sprekers se rol nie erken het nie."
      - "50 jaar is ook goed genoeg, sê so van 1880 tot 1930." (ek het jou op jou woord hier geneem, maar toe verander jy van deuntjie, nie baie sportief nie – en dan word ék van 'n kort geheue beskuldig!).
      - Op grond van hierdie aanhalings wil ek afsluit met nog 'n aanhaling: "Het jy nou die kluts heeltemal kwyt geraak?"
      Groete
      Alter-Angus

  • Beste Angus
    Natuurlik het my vrou goeie verhoudings met leerlinge gehad. Ek weet nie waar jy skool gegaan het nie, maar in Afrikaanse skole word sulke leerlinge dikwels kort gevat deur sy medeleerlinge.
    Alhoewel die belhamel naderhand sleepvoetend om verskoning kom vra het was hy vir die res van sy loopbaan 'n uitgeworpene amper behandel soos die melaatse mense in die Bybel.
    Jy verstaan nie dat daar altyd 'n kind is met verwarde gedagtes. Kom ek vertel vir jou dat daar ook 'n kind was wat op die oog af heel normaal was, maar tog later in die 'Norwood Rapist' ontaard het.
    Jy sien jy bly vasklou aan jou liberale denke gegrond op menseregte en en verwerp tugtiging. Gaan lees Spreuke in die verband. Kyk man ek was in 'n seunskool en daar was ouens saam met my wat hul agterent behoorlik aan onderwysers afgevee het.

  • Beste FC Boot,
    Jy soek nou die fout by my omdat ek gesê het dat dit onopvoedkundig is om 'n kind uit die klas te jaag. Ek het self 'n onderwysdiploma, ek het self twee jaar lank skoolgehou, ek was dosent aan 'n onderwyskollege vir drie jaar en nooit het ek gehoor dat 'n kind uit die klas gejaag moet word met boeksak en al, nogal, omdat hy stout is nie. Stuur hom hoof toe, as dit moet, dat hy met die belhamel kan afreken, maar watter doel dien dit om hom daar buite te laat staan? Uit die klas jaag is nie tugtiging nie, dis moedopgooi deur die onderwyser. Ek verstaan maar alte goed dat 'n kind verwarde gedagtes het. Is dit dan nie die plig van die onderwyser om daardie verwarde gedagtes te ontwar nie? En hoe de joos gaan hy dit regkry met die kind daarbuite? Ek het Spreuke deurgelees en nêrens staan daar dat jy 'n kind uit die klas moet jaag nie. As 'n onderwyser nie deur leerlinge gerespekteer word nie, moet hy maar vir hom 'n ander joppie gaan soek.
    Groete,
    Angus

  • Beste Pyrrho,
    Ek het oorspronklik gesê een en 'n halwe eeu. Jy het het verstaan dit beteken 50 jaar. Een en 'n halwe eeu is 150 jaar, nie 50 jaar soos jy dink nie.

    Net om jou geheue te verfris. Op 2017-01-18 skryf ek aan jou: " Ten slotte, Afrikaans is nie sommer net 'n taaltjie nie, en het nie "bietjie" opgelewer soos jy beweer nie. Afrikaans is 'n bielie van 'n magtige taal wat in een en 'n halwe eeu meer vermag het as enige ander taal in tweeduisend jaar."

    Jy antwoord op 2017-01-19: "Ter aanvulling tot jou deeglike huiswerk oor taal, kan jy dalk jou reeds groeiende reputasie as 'n taalhistorikus/evolusionis nog verder laat uitkring met 'n stawing van jou laaste stelling? Het Afrikaans meer in die laaste 50 jaar vermag as Latyns in die 1ste eeu, Arabies in die 10de eeu, Katalaans in die 13de eeu, Italiaans in die 14de eeu, Duits in die 16de eeu, Engels in die 17de eeu, of selfs Frans in die 18de eeu?"

    Wat jy met die aanhalings wil bewys sal net jy weet.

    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jy sê jy het die hele Spreuke deurgelees. Wel dit lyk my jy het die volgende nie raakgesien nie.
    1953-vertaling, Spreuke 13 vers 24: "Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom lief het, besoek hom met tugtiging."
    Spreuke 19 vers 18: “Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.”
    Spreuke 22 vers 15: “As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.”'
    Spreuke 23 vers 13 en 14: “Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.
    14 Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.”
    Spreuke 19 vers 15 en 17: “Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar ’n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
    17.Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.”
    Jy weet lyfstraf is verbode, maar tog sê jy " Stuur hom hoof toe, as dit moet, dat hy met die belhamel kan afreken,” maar watter doel dien dit om hom daar buite te laat staan?
    Nou hoe stel jy voor, moet die hoof hom tugtig. In detensieklas plaas, uitskryfwerk gee,
    'n paar harde woorde toedien. Die ouers inlig, wat in baie gevalle eerder die kind as die onderwyser glo, want “Jannie is eenvoudig nie tot so iets in staat nie!” Is die kind nog 'n goeie sportman en eerstespan-rugbyspeler, kan hy baie lig daarvan afkom.
    So jy het twee jaar skool gegee en nou is jy 'n deskundige, jy het duidelik nog nie met
    jong manne te doen gekry nie, wat tans elke vorm van gesag uitdaag nie. Of jy 'n kind nou hoof toe stuur of uitjaag en 15 minute onderrig mis, in beide gevalle is hy nie in die klas nie. Die kans is groot dat 'n kind langer vir 'n hoof se kantoor kan sit en wag as dit.
    Jou slotsin laat my lag wanneer jy skryf: "As 'n onderwyser nie deur leerlinge gerespekteer word nie, moet hy maar vir hom 'n ander joppie gaan soek.”
    Jy moes eerder geskryf het: "Leerlinge wat nie oor die nodige selfdissiplinne beskik nie, het ook nie respek vir hulself en daarom ook nie vir diegene wat hul moet onderrig nie en behoort nie op skool of Universiteit nie.”
    Laat ek afsluit uit nog 'n familielid se ondervinding, met nie net met twee jaar, maar 'n leeftyd ondervinding. Op 'n goeie dag spreek hy 'n Zoeloesprekende meisie in Zoeloe (wat hy van kind af praat) oor haar gedrag, en kry toe as antwoord, 'n snotklap terug.
    Die kind wat in die verkragter ontaard het, het op die oog af, stil, beskeie en effens bedeesd voorgekom. Nou hoe stel jy voor moes onderwysers gedurende sy skoolloopbaan sy gedagtes gelees het en voorkom het dat hy 'n reeksverkragter word? Net iemand met twee jaar ondervinding sal skryf wat jy skryf in die verband.
    Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    In Spreuke sê dit dat jy jou kind moet tugtig, nie wegjaag nie. Ek sal in elk geval nie die Bybel as norm gebruik vir die opvoeding van ʼn kind nie. Die Bybel beveel aan dat stout kinders gestenig moet word.
    Lees weer: ek het nie gesê ek is ʼn deskundige nie. Ek het gesê ek het twee jaar skoolgehou en was vir drie jaar verantwoordelik vir die opleiding van onderwysers. Nêrens in geen handleiding het daar gestaan dat ʼn stout kind uit die klas gejaag moet word nie. Dit is eenvoudig onopvoedkundig.Gedurende my twee jaar as onderwyser het ek geen dissiplinere probleme gehad nie. Die kinders wat te besig en het nie tyd gehad vir allerhande twak nie. As dosent het ek net een student gehad wat nie dissipline kon handhaaf in die klas gedurende proefonderwys nie.
    Sy het later 'n uitstekende kleuterskoolonderwyseres geword.
    Ek het ook gesê stuur hom hoof toe as dit MOET, maw as die onderwyser dan self raadop is en nie weet hoe nie. Hoe die hoof die saak hanteer, is sy saak. Hy is veronderstel om dissipline in die skool te handhaaf as hy sy sout werd is.
    Dit is die plig van ʼn goeie onderwyser om ʼn kind te leer om selfdissipline toe te pas. Selfdissipline is nie ingebore nie, maar moet aangeleer word. Om te beweer dat ʼn ongedissiplineerde kind nie op skool of universiteit behoort te wees nie, is om tou op te gooi.
    Ek verstaan nie jou slotparagraaf mooi nie. Beweer jy dat, indien die onderwyser die kind uit die klas gejaag het, sou hy nie ʼn verkragter geword het nie? Wat het die feit dat die kind ʼn verkragter geword het, te make met uit die klas uit jaag?
    Groete,
    Angus

  • Interessante debat. Ek verstaan Angus se invalshoek, en stem saam met FC Boot se stellings. My opinie wat ek gevorm het deur al die kommentaar te lees is dat Angus nie 'n ander persoon se siening, storie, feite of opinie wil verstaan nie.

  • Beste Angus
    Nou toe nou jy wil alles in 'n handboek lees. Jy is gelukkig dat jy nie probleme gehad het nie. Nee onderwysers neem naderhand in 'n stelsel wat hul nie wil of kan ondersteun nie hul eie besluite of dit nou opvoedkundig is of nie.
    Kyk 'n skool is nie 'n weermag nie. Skoolhoofde se hande is in baie gevalle afgekap
    want enige optrede kan hom in botsing met die ouers en bestuursliggaam bring.
    Kyk maar na die hare-spektakels. Persoonlik het ek meer deurslotte vervang as wat jy ooit in jou lewe sal vervang. Kyk as 'n sekere groep nou besluit het hul is die dag nie lus vir klas nie, breek hul die deurhandvatsel af of verstop die sleutelgat sodat niemand die klas kan ingaan nie.
    Nou wat stel jy nou voor is 'n doeltreffende optrede is so 'n geval? Kyk die wêreld het verander. Op hoërskool het onderwysers op die rugbyveld met 'n lat rondgeloop as jy volgens hul mening nie vinnig genoeg gehardloop het nie, jou geroep en gevra of dit die “vinnigste was wat jy kon”.
    As ons wiskunde-huiswerk nie klaar of te veel na afskryf gelyk het, moes ons op 'n tafel klim en sing: “Hier slaan ons groot katte dood,” vergesel van 'n hou op die agterent, want dit het nie gehelp om hom te probeer oortuig dat "great minds think alike” want sy standaard antwoord was altyd “fools never differ”.
    In die weermag was daar ook maar min genade, maar ondanks dit alles het die meeste van ons as meer gedissiplineerde en doelgerigte mense anderkant uitgekom.
    Nou skuif jy die ouers se plig af op onderwysers wanneer jy sê: “Dit is die plig van ʼn goeie onderwyser om ʼn kind te leer om selfdissipline toe te pas. Selfdissipline is nie ingebore nie, maar moet aangeleer word. Om te beweer dat ʼn ongedissiplineerde kind nie op skool of universiteit behoort te wees nie, is om tou op te gooi.”
    Weereens skiet jy jouself in die voet want die kinders wat jy onderrig het, was volgens jou skrywe gedissiplineerd want nêrens sê jy dat jy hul selfdissipline geleer het nie. Hulle het gedissiplineerd jou klas ingekom. Hul selfdissipline is dus nie die gevolg van jou onderrigmetodes nie.
    Verder probeer jy twee onverwante onderwerpe met mekaar verbind. Nêrens, maar nêrens sê ek dat die kind wat in 'n verkragter ontaard het nie een sou geword het as hy uit die klas gejaag was. Dit is 'n belaglike gevolgtrekking van jou kant.
    Die kind was juis die teenoorgestelde. Stil en bedees met geen opsigtelike afwykingspatrone nie. Nou vra ek vir jou hoe is dit dan dat in al sy skooljare niemand iets opgemerk het nie?
    Al wat dit vir my sê is dat gedrag 'n veel meer komplekse onderwerp is at dikwels
    ver buite die onderwyser se kennisveld lê. Jy kan maar kwik en kwaak soos jy wil.
    Ongedissiplineerde kinders wat maak en breek soos hul wil behoort nie op skool of universiteit nie, want hulle is ontwrigtende faktore wat niks meer as tyd en gelddiewe is nie, want hul ontneem diegene wat wil, van onderrigtyd en vermors die belastingbetaler en hul ouers en borge se geld.
    'n Verbeteringskool of iets dergeliks is myns insiens 'n beter plek vir hulle.
    Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    Om te studeer, maak studente gebruik van handboek, geskryf deur spesialiste op hulle gebied. Geen opvoedkundige het al navorsing gedoen en bevind dat die beste manier van opvoeding is om ʼn stout leerling, boeksak en al uit die klas te jaag nie. Geen skoolhoof sal aan sy personeel voorskryf dat leerlinge uit die klas gejaag moet word om hulle te dissiplineer nie. Jy is nou net besig om te gorrel oor deurslotte wat gebreek word, en sleutelgate wat verstop word. Onderwysers jaag leerlinge gewoonlik uit die klas omdat hulle nie bevoeg is om dissipline toe te pas in die klaskamer nie. Vandalisme moet anders teen opgetree word. Dis ʼn saak vir die skoolhoof, wat so iets heel waarskynlik by die polisie sal aangee. As die hoof nie weet hoe om so ʼn saak te hanteer nie, moet hy maar aanskuif en plek maak vir iemand anders.
    Onderwysers wat nie dissipline kan handhaaf nie, het niks te make met Wiskundehuiswerk wat nie gedoen is nie, ook nie met die weermag nie. As ʼn leerling nie sy huiswerk gedoen het nie, sal dit absoluut niks baat om hom daaroor uit die klas te jaag nie. Aangesien jy so ʼn voorliefde vir skakels het, gaan lees hier:
    https://books.google.co.za/books?id=Z9-xmTTE4FMC&pg=PA53&lpg=PA53&dq=chasing+learners+out+of+the+classroom+to+discipline&source=bl&ots=JABZsZYnY7&sig=Hk7L_UAUOsPnkYlZoLInb-z8y_8&hl=en&sa=X&ved=0ahUKEwjfyMPOyfXRAhUOOsAKHc5GAo8Q6AEILTAD#v=onepage&q=chasing%20learners%20out%20of%20the%20classroom%20to%20discipline&f=false
    Verklaar asseblief die volgende twak wat jy skryf: “Weereens skiet jy jouself in die voet want die kinders wat jy onderrig het, was volgens jou skrywe gedissiplineerd want nêrens sê jy dat jy hul selfdissipline geleer het nie. Hulle het gedissiplineerd jou klas ingekom. Hul selfdissipline is dus nie die gevolg van jou onderrigmetodes nie.”
    Hoe weet jy wat in my klasse aangegaan het? Jy weet nie dat ek die ouers van elke kind persoonlik geken het deur huisbesoek en ouerdag by die skool nie. Jy weet nie hoe ek hulle geleer het om met mekaar te kommunikeer sonder om ander te steur nie. Jy weet nie hoe ek hulle in groepe verdeel het en geleer het om saam te werk en mekaar te help nie. Jy weet nie hoe ek hulle geleer het om absoluut trots te wees op die netheid van hulle aantekeningboeke en werkstukke nie. Jy weet nie hoe ek hulle laat besef het dat hulle die grootmense van die toekoms is, en dat hulle verantwoordelik moet optree nie.
    Die onderwerp van bespreking is of dit enige opvoedkundige waarde het dat leerlinge met boeksak en al uit die klas gejaag moet word. Dis jy wat verkragters en vandale bysleep by die onderwerp.
    Praat van kik en kwaak soos jy wil. Dit is presies wat jy doen.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Nou laat jy my lekker lag. Handboeke sê jy. Wel daar is baie dosente wat handboeke skryf en dit dan voorgeskrewe werke vir studente maak en so ietsie ekstra verdien.
    Toe ek eendag aan 'n dosent skryf dat dit wat in die handboek staan glad nie so werk in praktyk nie, was sy antwoord die volgende: "Ja, dit mag waar wees, maar jy skryf eksamen oor wat in die handboek staan en nie dit wat in die praktyk gebeur nie."
    Nou skryf jy, jy het elke leerling se ouers geken deur huisbesoek .Waar het jy skoolgehou, by 'n plaasskool? Hoeveel kinders was daar in die skool en hoeveel leerlinge in jou klas?
    Die volgende statistieke is maar net die gemiddelde vir Gauteng en dit verteenwoordig nie die werklikheid by elke skool nie: In 2013 was daar 1 899 542 leerlinge in Gauteng, 59 357 onderwysers en 2056 skole.
    (http://www.education.gov.za/Portals/0/Documents/Publications/Education%20Statistic%202013.pdf?ver=2015-03-30-144732-767)
    As ons werk met gemiddeldes wat natuurlik nie waar is vir elke skool nie, vertel dit tog die volgende:
    Gemiddelde aantal leerlinge per skool: 952
    Gemiddelde aantal onderwysers per skool:29.
    Onthou nou hierdie onderwysers is ook verantwoordelik vir naskoolse aktiwiteite, soos bv Sport, konserte ens.
    Afhangende van die aantal vakke wat die skool aanbied, kan 'n onderwyser dus met gemiddeld tussen 180 en 200 leerlinge te doen kry. Onthou nou soos kinders matrikuleer kom nuwes in. Geen onderwyser gaan tyd hê om aan elke kind persoonlike aandag te gee nie, wat nog staan elke kind se ouer te besoek nie.
    Hul tyd word opgeneem deur voorbereiding, nasienwerk, klas gee, eksamenvraestelle ens. Daar is eenvoudig nie tyd om dit te doen wat jy sê jy gedoen het nie, want die getroudes, verloofdes het ook nog 'n ander lewe buite skoolhou.
    Voeg daar nog by dat letterlik honderde memorandums deur die onderwysdepartement opgestel en versprei word oor "KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING” dan kan jy verstaan dat ervare onderwysers net eenvoudig aangaan met die dinge wat hul weet wat werk en nie steur daaraan nie.
    Ek kom dus agter dat jy eenvoudig nie weet wat aangaan in die onderwys nie en in La-La land daaromtrent is.
    Omdat jy 'n ateïs is en God en sy gebod verwerp, het jy ook 'n belangrike tugtigingsmiddel
    weggeneem en sit ons vandag met soveel sosiale probleme in ons samelewing, dat dit is om van naar te word.
    Ja in die ou gehate Suid-Afrika het ons gemiddeld 7 000 moorde per jaar gehad. In die nuwe Suid-Afrika drie keer soveel. Die skuldigbevindings is skokkend laag wat so min as 11 per honderd moorde beloop.
    Daar word gemiddeld tussen 2 500 en 3 000 aborsies in klinieke en hospitale per maand uitgevoer.
    Gemiddeld word ongeveer 147 verkragtingsake per dag by die polisie aangemeld.
    Dit vertel vir my Suid Afrika is wetteloos. En dit begin in ons huise en skole, want sagte heelmeesters het nog altyd stinkende wonde agtergelaat. Moenie dink ek is 'n voorstaander van kinders dooddonder nie en dat ek geen waardering het vir jou pogings nie, maar net dat jou ondervinding te kort is om 'n finale oordeel uit te spreek oor wat werk en nie in onderwys.
    Ek sleep vandale en ander in want dit is waarmee onderwysers ook te doen kry. Soms
    vererg onderwysers hulle na aanhoudende getart en so kry een 'n R4 000-boete omdat hy 'n snotklap uit frustrasie uitgedeel het.
    Ek los jou met 'n staaltjie uit my skooldae. Daar word by die snoepie ingebreek. Die Hoof besluit om dit te sluit. Die volgende loop die matriekseuns met latte rond en jaag die lot van ons paradegrond toe, Sit is die bevel, die skool staak en geen klas voordat daar met die Hoof onderhandel is oor die heropening.
    En so sit ons dan op die paradegrond in die son. Party na by die rugbyveld se bome het darem 'n skaduwee-gelukkie. Die onderhandelinge slaag - die snoepie heropen en klasse hervat. En die onderhandelaars ... wel die meeste van hulle was in Provinsie se skolespan.
    'n Intimiderende lot was hul vir my wat toe in graad 9 was. So was die nooientjie se pa
    by wie se boetie ek gaan kuier het. Daar aangekom kyk hy my op en af en vra: “Is daar
    nie werk op julle plot nie?”
    Ek verseker hom dat die werk op ons plot klaar is. “Goed sê hy,” en stop my 'n draadtang in die hande en met 'n bondel binddraad, stap ons langs die grensdrade af en herstel dit wat nodig is.
    Toe dit nou klaar is, kry ek darem 'n heerlike yskoue glas tuisgemaakte koeldrank van die tannie en kry darem 'n geselsie in voordat ek die pad huis toe vat.
    Nou kan jy maar verder kwik en kwaak soos jy lus kry.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Bostaande gekwik en gekwakery van jou is nog geen bewys van die opvoedkundige waarde wat dit het om leerlinge met boeksak en al uit die klas te jaag nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus

    Dit gaan nie in die eerste plek oor die opvoedkundige waarde nie, maar wel om die verwydering van 'n hindernis, want die belange van 29 weeg swaarder as die van een. Hopelik sal hul na die episode weet dat dit 'n kwessie van "adapt or die" is.

    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Natuurlik gaan dit in die heel eerste plek oor die opvoedkundige waarde. As die onderwyser nie hindernisse in sy klas kan oorkom nie, moet hy maar vir hom 'n ander joppie gaan soek, liefs kantoorwerk, waar hy stil op sy eie kan wees. Indien hy weet hoe om die hindernis te oorkom, sal dit meer vir die res van die klas beteken as net bloot 'n geuitjagery met boeksak en al en heel waarskynlik nog 'n skop op die agterent ook.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jy lees nie lekker nie en verstaan nie mooi nie. Voordat jy die oproerige tot bedaring gebring het is die les verby. Jy was ook nie in die weermag nie. Daar was CB en dB jou voorland, want daar is meer op die spel as die belange van een.
    Moet nie dink dat ek met 'n klomp 'Hooligans' op skool was nie. Nee van hulle was
    kinders wat gewoond was aan harde arbeid en as een van hulle jou op die rugbyveld
    in die hande gekry het, weet jy jy het nie met 'n 'softie' te doen nie.
    So kry een van hulle my geskiedenisonderwyser se pyp en twak in die hande en rook dat die byle huil en die rookwolkies stadig by lessenaar uitkrul. Toe die onderwyser dit agterkom sê hy : 'Ek is lus en voeter jou'. Die roker staan op en trek sy baadjie uit en sê: "Reg Meneer - kom probeer.” Dit was doodstil in die klas terwyl die onderwyser self 'n baie groot man, net verleë omgedraai het na die swart bord.
    Jy sien Angus die ou was 'n verskrikking op die rugbyveld, waar ander ouens nog teenstanders plat getrek het, het hy die nare gewoonte gehad om ouens regop plat te loop wat natuurlik vandag totaal onwettig is.
    So was daar 'n ander voorryman van die skool, nie saam met my nie, wat die nare gewoonte gehad het as die span by die see ontspan het, op 'n toer, die afrigter,'n baie groot kêrel te gryp en te sê : “Reg meneer, haal asem,” en dan die arme ou se kop onder die water te druk en 'n rukkie daar te hou.
    My oorlede skoonpa was ook in die kategorie, het by geleentheid 'n predikant in 'n beergreep speels vasgevat. Die volgende dag bel mev Dominee en sê : “T... jy het 'n paar van sy ribbes afgedruk.”
    Jy weet nie met al jou boekgeleerheid waarvan jy praat nie en sou dalk eerder 'n skop onder jou agterent gekry het.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Dis jy wat die onderwerp van bespreking nie mooi verstaan nie. Wat het die weermag en dominees se ribbebene breek met leerlinge boeksak en al uit die klas jaag te doen? Ek het ook rugby gespeel, en ouens hard geloop, maar dit het niks met onderwysers te doen wat stout kinders uit die klas jaag nie. As dit 'n onderwyser se onderrigmetode is om leerlinge uit die klas te jaag, sal hy gou-gou in die moeilikheid kom by die onderwysdepartement, want afgesien dat dit onopvoedkundig is, is dit ook ontoelaatbaar.
    Jy moet vir daardie geskiedenisonderwyser sê hy moet die metodiek van geskiedenisonderrig bestudeer; dan sal hy weet hoe om sy leerlinge aktief betrokke te kry by sy les. O, en sê ook vir hom hy moet sy rookgewoonte laat vaar. Dis nie net 'n slegte voorbeeld vir leerlinge en fris jong seuns nie, maar dit veroorsaak beslis kleinselkanker in die longe.
    Onthou die onderwerp: Is dit opvoedkundig korrek om stout leerlinge, boeksak en al, uit die klas te jaag?
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Met al jou boekgeleerheid moes jy al agter gekom het dat sielkunde nie met alle kinders werk nie. Dit was al bekend vanaf Bybelse tye, maar het nog nie tot jou deurgedring nie.
    Daarom is 'n paar goed gemikte houe op die agterent net die regte medisyne. Suid-Afrika is juis in so 'n gemors van al die sielkundige benaderinge wat aan die orde van die dag is.
    Waarom ek die weermag aanhaal is juis om aan te toon dat daar nie plek vir sielkundige praatjies is nie. As jy oor 'n 'obstacle course' moet gaan, kom jy daaroor, of jy val dat jy bars.
    Ek het 'n goeie klompie sielkunde in my bedryfsielkunde agter die blad en daar is tye
    wat mooipraatjies nie gaatjies vul nie. Die onderwysdepartement se gat man. Dit is juis hul weiering om belhamels behoorlik vas te vat wat die hoofrede vir die huidige gemors is.
    Waarom ek my skoonpa aangehaal het is om jou 'n les te leer soos my oorlede swaer
    moes leer. Kyk die man was groot man, 'n ses voet vier kêrel.
    Op 'n dag sê hy vir my toe ons op pad na 'n piekniek is: "Swaer,” sê hy vir my “vandag gaan ek die ou kêrel rol.”
    Ons het toe ook skaars daar aangeland en uitgepak, toe hy my skoonpa speels pak.
    Tot almal se verbasing en ook die wat die petalje gesien het, rol my oorlede skoonpa my swaer met gemak om en druk hom met een hand op sy bors op die grond vas.
    “En toe my seun.” My oorlede swaer se kommentaar is nie herhaalbaar nie.
    Nou waarom vertel ek jou die goed? Omdat jy uit jou vakkennis behoort te weet dat onder alle primate daar dominante primate is wat hul agterent aan sielkunde afvee.
    Dit is verstommend dat die sg moderne mens dit eenvoudig ignoreer terwyl die mense van die Bybel dit derduisende jare reeds geweet het.
    Vandag is lyfstraf uit en wat bly oor vir die onderwyser, 'n sielkundige praatjie waaraan die belhamels hul agterent afvee en jou agterna uitlag? Nee man jou tydjie in die onderwys was veels te kort om te kom vertel hoe dinge moet werk.
    Gaan jou weereens los met ’n voorval uit my skooldae. Op 'n goeie dag besluit 'n klomp matrieks om 'n onderwyser wat met 'n bromponie huis toe ry 'n poets te bak.
    Hul kry toe 'n groot aartappel en druk die in die bromponie se uitlaatpyp op. Natuurlik wil die bromponie nie vat nie en naderhand is daar 'n samedromming tot dat iemand dit agterkom.
    En die skuldiges? Miskien moet hul jou self vertel asook die lot wat 'n onderwyser se motor netjies onder die rugbypale in sy dwarste parkeer het en hy ure lank gesukkel het om uit te kom. Daar was nie kragstuur in die dae nie.
    As jy dink mooi sielkundige praatjies sou tot gedragsverandering gelei het, moet jy maar liefs aangaan met wat jy nou doen. Jy sal die onderwys in net 'n groter gemors dompel.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Nou kwalifiseer blote kwajongstreke ook by jou as gedragsafwykinge, en jou behandeling daarvoor is jaag hom uit die klas, boeksak en al met nog ʼn skop onder sy agterent ook. Ek wonder wat jy as ouer van so ʼn behandeling van jou arme bloedjie sou sê?
    My mening was dat ʼn onderwyser nie ʼn kind uit die klas moet jaag nie, want dan staan hy daar buite in die son, of die winterkoue, met ʼn wrok in sy hart teenoor die onderwyser. Hy is dan heeltemal onder die beheer van die onderwyser uit. As gevolg van my standpunt, is ek, volgens jou, ʼn mislukte onderwyser wat die onderwys in ʼn gemors sal dompel. Ek sou graag wou weet aan watter universiteit of onderwyskollege het jy studeer as onderwyser? As ek jy was, sou ek onmiddellik my skoolgeld by hulle gaan terugvra.
    Nêrens het ek enigsins melding eers gemaak van “sielkundige praatjies” nie. Dissipline word nie deur sielkundige praatjies geskep nie, maar deur die houding van die onderwyser en hoe hy sy klas hanteer. ʼn Onderwyser wat baie praat terwyl die leerlinge moet sit en luister, bereik in elk geval nie veel nie. Sit hulle aan die werk en sy taak is net om te help met probleme. Ledigheid is die duiwel se oorkussing, is uitstekende raad wat die Bybel gee, en as dit nie daarin staan nie, behoort dit daarin geskryf te word.
    Ongelukkig ontbreek ruimte om aan jou die metodiek van al die skoolvakke uiteen te sit. Soos jy beweer, sal jy in elk geval jou agterent daaraan afvee. Nog ʼn rede waarom jy liewer jou onderwysdiploma moet stukkend skeur en jou skoolgeld terug vra.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jy verstaan niks wat ek jou aan die verstand probeer bring nie. 'n Periode is gewoonlik 30-35 minute lank .Nou word die arme bloedjie halfpad uit die klas gejaag en het hy volgens jou 'n wrok in sy hart. Twak man, meeste van hulle veral wie se huiswerk nie gedoen is nie, verwelkom so 'n brekie om 'n dampie te vat.
    Gaan jy nou die klas onderbreek met 'n sielkundige sedeprekie wat niks met die ander 29 te doen het nie? Nou steel jy saam met die oortreder die ander 29 van onderwystyd en geld.
    As 'n appel vrot is gooi jy dit uit. Jy sê houding skep dissipline. Twak man. Kom ek vertel vir jou wat sielkunde en mooi praatjies gedoen het.
    Ek was saam met duisende lotelinge opgeroep en het omdat ek so groot gemaak is mense vertrou. Groot was die ontnugtering, want jy sien die grootste diewe van wasgoed van wasgoedlyne af was nie die ouens van wie jy dit verwag het nie, maar presies die teenoorgestelde. Die sielkundig-opgevoede klomp.
    Natuurlik is ledigheid die duiwel se oorkussing. Terwyl jy preek dink jy die ander 29 se aandag is by die werk? Jy laat my verder lag, ek is nie 'n onderwyser nie. Ek kom uit 'n familie met verskeie onderwysers en is getroud met 'n oud-onderwyseres met amper 40 jaar onderwysondervinding.
    Weet jy dat op 'n suiwer seunskool die grootste meerderheid seuns eerder 'n hou op die agterent sal vat as om in 'n detensieklas te sit of uitskryfwerk te doen? Jy weet nie waarvan jy praat nie en moet jou eerder met jou vak as die onderwys bemoei.
    Nog 'n stukkie nuus vir jou: baie van die belhamels het nog by die huis vir 'n hou of twee gebuk want baie ouers het die tyd nie tyd vir nonsens en vermorsing van hul geld geduld nie.
    Op 'n dag net na my aftrede sien ek hoe kinders van buurman suurlemoene afpluk en hul bes doen om 'n groot slaapkamer venster van my huis stukkend te gooi. Ek betrap hom op heter daad toe hy daarin geslaag het.
    Hy blameer toe sy sussie. Toe ek hom daarop wys dat sy nie sover kan gooi nie, is sy verskonings op. Gelukkig is ek verseker en reël toe met die pa dat hul net die bybetaling sal betaal.
    Die aand kom die knaap met sy pa en bring die geld. Toe gee ek vir hom 'n gepaste sielkundige prekie en sê toe: "Boetman 'n man verskuif nooit die skuld van sy daad op 'n ander nie. As jy uitgevang word dan erken jy dit soos 'n man.”
    Die pa voeg toe by dat die mannetjie alreeds die rieldans uitgevoer het. Dit was die einde van suurlemoen en ander dinge gooi. Daar is dus ’n tyd vir alles. ’n Tyd om straf uit te deel en 'n tyd vir heling.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Jy rammel net voort met al jou stories en lees nie wat ek geskryf het nie. 'n Onderwyser wat sy sout werd is, gebruik nie "sedeprekies" en "sielkundige praatjies" om dissipline in sy klas te handhaaf nie. Hy het nie nodig om te slaan, en te skel nie, want daar is nie tyd voor nie. Sy klas is te bedrywig met werk. Dis mos waarvoor hulle skool toe kom. Ek het gesê ledigheid is die duiwel se oorkussing. Dit beteken dat die leerlinge moet werk aan een of ander taak, nie dat die onderwyser onledig moet wees deur te preek nie. Ek dink jy gaan te veel kerk toe.

    'n Mens jaag ook nie 'n leerling uit die klas omdat hy by sy huis die buurman se vensters stukkend gegooi het nie. Dis 'n saak tussen hom, sy ouers en die buurman.

    Nuus vir jou: natuurlik bepaal ek my by my vak. Ek dra my vakkennis oor aan studente. Dis nog mos maar onderwys, nie waar nie?

    Om by die onderwerp te bly, dis onopvoedkundig om 'n leerling uit die klas te jaag om watter rede ook al, veral as jy weet dat hy 'n "dampie gaan vat".

  • Beste Angus
    Hou op nonsens praat. Wanneer jy taal aanbied dan praat jy, of dink jy die onderrig kom deur stilswye? Jy weet nie waarvan jy praat nie en wil net nie erken dat jy nie weet nie.
    Natuurlik is ledigheid die duiwel se oorkussing. Maar dit gaan mos nie oor ledigheid nie. Dit gaan oor die verwydering van 'n ergernis. Al wat ek deur die voorbeeld wou toon is dat straf en praatjies en vergewing hand aan hand loop. Dit is 'n Bybelse konsep. Omdat jy op net een been probeer loop, loop jy skeef soos 'n krap en is die samelewing skeef. Want net in 'n samelewing wat totaal skeef is, sal 'n groep minderjariges 'n vyftienjare dogter wat uit die kerk uitkom, soos wilde diere aanval, na ’n oop stuk veld sleep, met 'n mes dreig en haar dan 'gang rape'. Die oudste 17.
    Jy het met groot mense te doen en nie met kinders wat iewers tussen adolessensie en volwassenheid beweeg nie. Jy kan dit net nie in jou kop kry nie, dat as een kind
    soos die een wat 'n aanranding op my vrou georganiseer het, die klas ontwrig dan is die les verby, vir almal wat in die klas is.
    Jy is 'n ateïs wat God en sy gebod verwerp. As jy so braaf is waarom het jy nie gekeer dat studente in die onlangse onrus, klasse ontwrig nie? Dit is tog immers grootmense ...
    Daar is derduisende kinders wat oor die hele wêreld versprei is, wat na al die jare nog met my vrou in verbinding is op haar Facebookblad en haar as die beste onderwyseres ooit beskryf het.
    Wat sy dus gedoen het werk. Dit het selfs 'n hoof, nou 'n doktor, erken. Sy was in die ou bedeling een van die 3% van alle onderwysers wat 'n meriete-toekenning vir volgehoue prestasies ontvang het.
    Ek gaan nou maar liewer ophou voordat ek iets sê wat ongesê moes gebly het.

  • Beste FC Boot,
    Miskien verstaan jy Afrikaans nie so mooi nie. Ek het gesê 'n onderwyser wat sy sout werd is, gebruik nie "sedeprekies" en "sielkundige praatjies" (jou woorde) om dissipline te handhaaf nie. Ek het niks gesê van "stilswye " nie. Jy is dus die persoon wat moet ophou om nonsens te praat. Natuurlik gaan dit oor ledigheid. As leerlinge niks het om te doen, as net na die onderwyser te sit en luister nie, dan begin hulle die klas ontwrig. 'n Goeie onderwyser weet hoe om leerlinge aan die werk te sit en besig te hou.
    Ek betwyfel dit nie dat jou vrou 'n goeie onderwyseres is nie, maar dit beteken nie dat as sy 'n leerling uit die klas jaag, dit enige opvoedkundige waarde het nie. Wat my hinder is waarom sal 'n leerling 'n wrok hê teenoor sy Afrikaans-onderwyser om so 'n aanranding te organiseer?
    Ek volg nie jou Bybelse konsep so mooi nie. Straf en praatjies en vergewing loop hand aan hand? Straf waarvoor? Praatjies waaroor? Vergewing waarom?
    Wys jou net hoe gevaarlik die Bybel kan wees.

    Ek is 'n ateïs, nie omdat ek God en sy gebod verwerp nie, maar omdat ek nie in bonatuurlike dinge soos spoke en gode glo nie. Ateïsme het ook niks met dapperheid te doene nie. Die onrus by studente is politiekgedrewe, en het niks te make met die onderwyser se klasdissipline nie. Of jou kop raak nou deurmekaar, of jy gryp nou na elke strooihalmpie. Buitendien, by my was daar nie studente wat oproerig was nie. Hulle is te besig met uiters belangrike werk wat hulle in staat sal stel om menselewens te red. Sou daar studente wees wat nie wil werk nie, is dit tot hulle eie nadeel, want hulle ouers het ten duurste betaal, en dit sal hulle toekoms erg benadeel.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top