Kommentaar
'n Prosesevaluering van 'n verkeersoortrederswerkopdrag
Jan Nel 2015-12-22 Absoluut fantasties. Werklike praktiese en wetenskaplike aanbieding. Dit het my dadelik laat dink aan 'n parralellestudie oor boelies by skole. Die benadering is nie die straf nie, maar die verandering van die denkpatroon.
'n Kersfeeswens
Reusedwewrg 2015-12-22 Baie dankie vir jou en jou familie en geliefdes ook. Dit is vir my die mooiste Kerslied en is trots om dit uit volle bors te sing.
Skole-navrae
Gino 2015-12-22 Goeie dag. Ek is 'n graad 5 Opvoeder, ek is opsoek na makliker manier om Wiskunde te onderrig, veral die onderrig van Maal, Deel en Kolom metode minus, Asseblief. Dan is ek ook opsoek na Vraestelle vir: Graad 5 Wiskunde Afrikaans Engels Natuurw
Nagstil (vir doofblind-maand)
Louisa Filander 2015-12-21 Wat 'n pragtige gedig. Skoon weemoedig nadat ek dit gelees het. Baie dankie Floris, u is voorwaar 'n uitstekende digter. Hou aan ...Die spook van Uniondale
Mariska Tilburn 2015-12-21 Machiel ek't myself nou byna dood gelag :) goeie werk.
Jeugresensie: Jasper op hoërskool deur CF Beyers-Boshoff
Mary Sadler 2015-12-21 Ek lei dus af dat die Jasper-boeke is nie ge'moderniseer' nie (ek neem aan die empiriese geldstelsel is reeds destyds in die herdrukke na desimaal oorgeskakel). Welgedaan, Protea!
US Woordfees 2016: Program
Thea Schoema 2015-12-21 WAAR kan ek die Woordfees 2016 se Program-boekie in die hande kry. Laasjaar was dit by Computiket ASOOK ons dorps biblioteek beskikbaar (Somerset Wes) - hierdie jaar is dit nie by een van die 2 plekke nie. 21 Desember 2015
Maniere of opvoeding of gene?
Dawie 2015-12-21 Daan, ek stem saam. Ek skaam my dood vir sulke mense. Net 'n enkele wysiging aan jou laaste sin: sulke mense is niks van my of jou volk nie.
“Moenie my ‘jy’ en ‘jou’ nie” – die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van ’n loodsondersoek
Hannes Deetlefs 2015-12-21 O, ek het nog vergeet om iets by te voeg: In die Duitse kultuur is dit altyd die ouer persoon wat aan die jonger persoon die "jy", die "Du" kan aanbied, en dit word altyd met 'n glasie wyn beklink. En vir die jongere persoon is dit 'n geweldige eer as hy/
Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel
Deon Erasmus 2015-12-21 Dankie vir die goeie kommentaar. Ek is besig om daaraan te werk, maar rus eers nou tot middel Januarie! Groete DeonWil jy die taal van diere verstaan en kan terug praat?
Anna-Marie Venter 2015-12-20 Ek dink dit is net wonderlik. Ongelooflik wonderlik. Ek bly in Gauteng. Kan jy my leer asseblief? Groot groot asseblief.
die reggemaakte huisman
Jan van Duyker 2015-12-20 Mooi kort storietjie in vrye versformaat Koos. Sou graag ook 'n Villanelle uit jou pen wou sien!
Wat is LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015?
Amanda 2015-12-20 Ook goed ... kan nie stry nie?
Red die SASNEV-gebou in Pinelands
Renee Muller (Dr R.P.Muller) 2015-12-19 Ons moet aanhou, behou en uitbou.
Wat is LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015?
Helize van Vuuren 2015-12-19 as die hutsteken 'n woord is, is ek nou behoorlik onthuts want 'n taal aanmekaar geklits van tekens is klaar in die kis Mene, mene, tekel, upharsin aan die muur staan die skrif ...
Wat is LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015?
Lydia Potgieter 2015-12-19 Het al baie negatiewe kommentaar gesien oor die #. Die wêreld beweeg aan en ons moet almal probeer byhou.
Ronelda Kamfer (1981–)
Charles J. Fourie 2015-12-19 Jitte, oom Jan en antie M uiteindelik kry jou mense 'n ietsie.
Wat is LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015?
Engela Geyer 2015-12-18 'Slombie' (slimfoon + zombie) in Afrikaans val sag op die oor!
Wat is LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015?
Cilliers van Niekerk 2015-12-18 Wat my meer interesseer is die herkoms van die kernwoordjie "huts". Kom dit van die Nederlandse "hutselen" wat deurmekaargooi of skud beteken, en met die bekende "onthuts" en "hutspot" verband hou (en wat dan lieflike woordspeling en so reg in die ty
Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel
F Heys 2015-12-18 Baie goeie artikel. Wat van 'n opvolg: Hoe die openbare mening soos gevorm deur die media Oscar getroef het in Hoë Hof van Appèl!
Wat is LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015?
Engela Geyer 2015-12-18 Hier in Duitsland is die jeugwoord 2015 'smombie' (smartphone + zombie) vir iemand wat sy/haar slimfoon onophoudelik aanstaar en en gevolglik soos 'n zombie rondloop.
Wat is LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015?
Gert Burger 2015-12-17 Ek hoor mense kla # issie he woortie. Ek sê dit is he woort, ja. Die woort is hêsj. Dis amper he woort sôs eisj, maar dissie heelenmaal eisj nie. Mar dit lat baie mense net so koud. Ek sê maar net ...
“Moenie my ‘jy’ en ‘jou’ nie” – die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van ’n loodsondersoek
Hannes Deetlefs 2015-12-17 Die oorsprong van die probleem is die feit dat Engels, en veral die Amerikaanse Engels, geen enkelvoudige "jy" of "u" ken nie. Die tweede persoon enkelvoud en meervoud is "you". Streng genome is daar geen enkelvoudige "jy" of "u" in Engels nie, net 'n "ju
O red ons liewe God van die taalklousulekomplot
Cilliers van Niekerk 2015-12-17 Later hopelik meer, maar ek moet nóú sê dat ek met die lees net wou hê dat dit nooit ophou nie! Die helderheid van sig en argument, die klinkende (geheel-en-al na Engels onvertaalbare, soos dit hoort) ekonomie van uitdrukking, en juwele soos "Joe
Wat is LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015?
William 2015-12-17 Yay!! # is the beste 'woordjie'.
Red die SASNEV-gebou in Pinelands
Anneke Hesseling 2015-12-17 Red en behou asb hierdie wonderlike gebou met sy kosbare funksie.
Wat is LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015?
Marinda 2015-12-17 Baie geluk aan Lydia Potgieter met haar oorspronklikheid. Dis sowaar die mees gepaste "woord" van die jaar.
O red ons liewe God van die taalklousulekomplot
Johannes Comestor 2015-12-17 Jaco Alant, ek voel ook gefrustreerd oor die Afrikaanssituasie in die nuwe Suid-Afrika. Ek stem egter nie saam met "eintlik het ons natuurlik 'n baie goeie Grondwet" nie. Afgesien van die sotlike opset van elf amptelike tale is daar geen groep- en minderh
Gesprek: "Meneer, ek wil net iets word ..."
Daan Delport 2015-12-17 Hierdie is 'n baanbrekerstandpunt wat deur die twee ondersoekers gestel word. Die apatiese oordra van koue feite en inligting maak plek vir oorsteek en belewing van geleefde wêrelde, sodat begrip en verstaan van belewenisse lei tot toegepasde inligting e
Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel
Deon Erasmus 2015-12-17 Baie dankie vir die positiewe kommentaar!
Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel
Deon Erasmus 2015-12-17 Die Van Breda-moorde was en is steeds opspraakwekkend. Indien die staat nie gaan vervolg nie, behoort hulle redes daarvoor te verskaf, soos bv 'n tekort aan getuienis. Aangesien ons nie 'n stelsel van verpligte vervolging het nie, bestaan daar 'n instelli
God se Woord verander nie. Of hoe?
F C Boot 2015-12-17 Beste Jaco Geniet jou vakansie. As jy 'n ledige uurtjie het, Google http://ancienthistory.about.com/od/religionmythology/fl/Gods-and-Goddesses-of-World-Mythology-An-Index.htm. Miskien kry jy daar 'n god wat meer in jou smaak is en by jou sienswyse inpas
Flieks 2015: Suzette Kotzé-Myburgh se toptienlys
Dirna 2015-12-16 Mooi opgesom! My lewe is sooo leeg. Net Birdman gesien maar my nuuskierigheid nou geprikkel met jou lysie!
Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel
Chris Snyman SC 2015-12-16 Dit is `n uitstekende artikel geskyf deur `n uitstaande juris wat nie net `n akademikus van formaat is nie, maar ook self in die hooggeregshof opgetree het in talle strafverhore. Elke regspraktisyn behoort hierdie artikel te lees, want dit gee ook meer in
