As jy God sou leer ken, sou jy die werklikheid ook leer - daar is Ewige Lewe. Maar, logies, nie op aarde nie, want die aarde sou uiteraard algar nie kon akkommodeer nie.
Jou desperate noodroep se konklusie is ook so onlogies en sinneloos ... watter logika is daarin om te wil redeneer dat mense gebore word met al die kompleksiteit (meeste waarvan nie fisies sigbaar in die wye sin daarvan is nie) wat daarop volg, en dan sal die 'lewe' sommer so subiet ophou sonder meer. Dit is wat jy glo, en dit is besonder kortsigtig. Leer dit - alles wat bestaan is nie vir jou sigbaar nie, selfs met geringe biologiese kennis behoort jy dit te weet. Dit wat van jou maak wie jy is, is 'n voorbeeld daarvan. Tog is dit wat vir jou onsigbaar is vir jou nie-bestaande (eerder onbegryplik) en so is dit ook met die Ewige Lewe, welke noodwendig elders buite die grense van die sigbare materiële stelsel beleef word en dus vir jou onsigbaar is. Die lewe op aarde is slegs 'n fase in die ewigheid ... Energie, die kern van lewe, vergaan nooit (en God is die Gewer en Bestuurder daarvan). Dit verander net soos nodig.
Kobus, hoe weet jy energie vergaan nie? Het jy dit êrens gelees, het Dominee dit vir jou gesê, of het jy dit self uitgedink?
Kyk net hoe baie energie daar al vermors is om jou te leer dat Jupiter mane het, dat 'n parallaksfout nie 'n ding is wat daar tussen die sterre ronddryf nie, en dat evolusie 'n voldonge feit is.
Dit is nie verbasend dat die Angus-tipe 'wysheid' jou verstand te bowe gaan nie ... Waar is daar enige bewys dat energie vernietig kan word of verlore kan gaan? Maar dit is goed hy betwis nie dat God die Gewer daarvan is nie. Kyk net hoe verdraai hy al die Jupiter- en parallaksgoed soos die tyd vorder. As jy sy verhaaltjie lees oor sy eie bestuursvernuf, weet jy hy leef heeltemal in 'n wêreldjie van sy eie. Wie weet waarmee hy volgende vorendag sal kom ...
Hoera! 'n klein bietjie energie het nie verlore geraak nie! Kobus begin sowaar verbeelding so vaagweg verstaan. Dis reg, Kobus, die menslike verbeelding kan enigiets skep en enigiets laat gebeur: 'n god wat alwetend, almagtig en liefdevol is, 'n hemel wat wemel van afgestorwe bekendes, en 'n duiwel wat die vure in die hel stook.
Kobus, ek wil weet hoe jy weet dat energie nie vergaan nie. Dalk is jy 'n fisikus van formaat, en kan ons begin gesels oor Newton, Joule, Hooke, Coulomb en Ohm se wette ... so vir 'n begin.
Angus, dalk moet jy maar eerder jou eerste absolute wet van termodinamika weer gaan oplees uit jou skoolboeke uit. Ek dink jy het vergeet. Vir jou is enigiets wat jy nie kan begryp nie - en daar skyn baie daarvan te wees, as ons jou stellings van tyd tot tyd so beskou - verbeelding. Jy het baie om nog te leer, jy en CM beide. Ek het jou vir bewys gevra na aanleiding van jou insinuasie dat energie wel vergaan en jy kom kenmerkend met die sinnelose snert hierbo vorendag.
CM maak gedurig net sulke wilde, onverantwoordelike stellings. Kan jy bewys dat versinsels, waarna jy verwys, wel versinsels is? Kan jy bewys dat daar nooit bewyse voor gevind is of kan word nie, van dit wat jy as versinsels beskou? Kan jy bewys jy of enigiemand anders, weet alles van alles af, om dit te kan sê? Nee, op al hierdie vrae.
Omdat ek jou wys op jou gegorrel is ek skielik grimmig? Nee wat, jy is nogal hopeloos te fyngevoelig ook boonop. As jy kritiek op jou stellings nie kan hanteer nie, moet jy hul liefs nie hier publiseer nie ... Neem van nou af verantwoordelikheid vir jou eie brousels.
CM
Die oortuiging van 'n ewige bestaan is 'n tragiese verkwisting van menswees.
Lewende liggame? Jy sal nog iewers in die toekoms agterkom dat jou eie siening van 'lewe' jou gruwelik mislei het. Wat jou eie status dan sal wees, weet net die HERE ... Gelukkig is HY genadig, as jy betyds daarvan gebruik sou wou maak,
want onthou, een ding van spyt, dit kom altyd te laat ...
Beste Kobus,
Dankie dat jy my vraag beantwoord het. Ek wou weet wie het vir jou vertel dat energie nie vernietig kan word nie. Nou weet ek; jy het dit in ʼn skoolboek gelees.
Jy het reg; ek het lankal vergeet wat die skoolhandboek van termodinamika sê. Toe ek op skool was, het ek ook gedink ek weet alles, soos jy nou. Dis eers na skool dat ek uitgevind het dis beter om skoolwetenskap en skoolwiskunde te vergeet, want dis maar van min waarde. As jy eendag verder gevorder het as jou skoolboek, kan ons daaroor gesels. Op die oomblik is ek nie lus om op die vlak van wat-was-eerste? die-hoender-of-die-eier? met jou te redeneer nie. Net om jou darem te troos: energie kan nie vernietig word binne ʼn geslote stelsel nie. Net om jou verder om te krap: dis juis hier waar julle gelowiges kleitrap met die tweede wet van termodinamika.
Ek kan bewys dat God van die Bybel blote versinsel is; ek het dit al tot vervelens toe hier op SêNet gedoen. Wil jy dit weer hoor?
Groete,
Angus
Angus, jy kon nog nooit soiets soos wat jy beweer, omtrent God, bewys nie. Bewys verg 'n objektiewe toets, nie jou persoonlike sieninge wat op onkunde (omtrent die Spirituele realm) en vergissings geskoei is nie. Dit help dus nie jy herhaal jou vergissings nie, dit maak nie bewyse van hulle nie - dit dien net om jou te verwar en tot selfdesepsie.
Wat energie aanbetref, as jy dus saamstem dat energie nie in 'n geslote sisteem vernietig kan word nie, dan is daar mos geen argument nie. Watter objektiewe bewyse het jy vir vernietiging/vergaan van energie in enige ander stelsel of formaat?
Angus
Die goed werk net binne geslote stelsels. Al wat die Bybel sê is dat die stelsel waarbinne ons lewe en bestaan 'n begin en 'n einde het. Die Bybel leer dan verder dat voor hierdie stelsels tot stand gekom het daar 'n ander dimensie was waarin dit rustend was, totdat dit deur die begin - sê maar oerknal in werking getree het.
Wat die Jode vroeg reeds op skrif gestel het dat daar 'n oorsaak was waardeur dit in werking getree het. Die feit dat die Bybel leer dat Christus die oorsaak was kan mos nie die feit wegneem dat daar wel 'n oorsaak was wat gelei het tot die oerknal.
Ons kan nie verby die beginpunt beweeg nie en kyk wat die dimensie was wat voor die Oerknal bestaan het nie. Daarom is en bly die Bybel by uitstek 'n geloofsboek.
Jy kan dus ook nie die Bybel gebruik om die ouderdom van die aarde te bereken nie,
want volgens Psalm 90 word 'n duisend jaar gelyk gestel aan 'n nagwaak. ’n Nagwaak
was drie ure en mense sal dan wil beweer dat drie ure gelyk is aan 'n duisend jaar.
Daar is dus 4 nagwake vir elke dag, dus 24 oor 6 dae, wat dan die ouderdom van die
aarde gelyk stel aan 24 000 jaar.
Maar tyd is 'n illusie want die tyd en seisoene waarmee ons meet word veroorsaak deur 'n planeet wat skuins om sy eie as wentel en beweeg om die son. Die http://www.torahcalendar.com/hour.asp is nogal 'n heel interessante webblad om te besoek.
Waarom ek sê tyd is 'n illusie berus op die feit dat wanneer alles in die heelal tot stilstand kom dus niks draai en of beweeg (ook nie op aarde nie) dan verdwyn ons waarneming van tyd en bly net die ruimtes tussen voorwerpe oor.
Miskien moet jy en Kobus maar net ooreenkom dat julle verskil en aangaan met jul lewens.
Beste FC Boot,
Eers net 'n regstelling. Ek het vir Kobus inderhaas gesê dat energie nie vernietig raak binne geslote stelsels nie. Ek moes eintlik gesê het energie raak nie verlore binne geslote stelsels nie. Energie kan in elk geval nie vernietig word nie.
Hierdie "goed" waarvan jy praat (en ek neem aan dis energie) "werk " binne geslote sowel as oop stelsels. Nuttige energie sal in 'n oop stelsel verlore raak en onbruikbaar wees.
Ek het vrede met wat die Bybel oor termodinamika sê of nie sê nie. Ek laat dit aan jou oor om daaroor te kwel. Wat het nagwake met die prys van eiers te make?
Los jy maar vir my en Kobus. Ek ken hom asof ek hom met 'n knipmes uit hout gesny het. Ek het hom behoorlik boos gemaak om te sê sy kennis van energie is nog op skoolvlak. Op hierdie oomblik bestudeer hy energie dat dit so kraak.
Groete,
Angus
Beste Kobus,
Ek het al male sonder tal, tot vervelens toe, al vir jou bewys dat God slegs 'n fiktiewe karakter binne die Bybelverhaal is.
Die Bybel is deur en deur fiksie. God tree op as karakter in verhale waarin diere en bome kan praat, mense geskape word uit grond en menslike ribbebene, 'n ongehoorsame vrou verander in 'n soutpilaar, 'n bomenslik sterk man geboue se pilare omruk en duisend mense dood met 'n eselskakebeen, 'n man met sy kierie die see oopkloof, 'n vrou wat maagdelik geboorte gee aan 'n kind, wat later self wonderwerke verrig soos op water loop en water in wyn verander. God self is ook maar 'n teenstrydige karakter. Hy is glo liefdevol en vermoor so ver hy gaan. As jy nie kan insien dat God 'n fiktiewe karakter, 'n skepping van die menslike verbeelding, is nie, dan is dit nie my skuld nie.
Angus, ek kan maar net herhaal wat ek hierbo gesê het, van jou sogenaamde 'bewyse'... Jy verkies om in onkunde voort te leef.
Net soos met jou aanmerking oor energie hierbo. Jy leef werklik in jou eie fantasie. Ek het jou op jou onsinnige stelling gewys (waarop jy toe jouself agterna gekorrigeer het). Jy moet werklik probeer om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat jy self doen - moenie gedurig probeer om dit op ander (my, in hierdie geval) te probeer afskuif nie. Die tweede wet op termodinamika maak geen verskil aan wat ek gesê het nie. Energie raak eenvoudig nie vernietig nie.
Beste Angus
Jy sê jy het vir Kobus gesê dat "Ek het al male sonder tal, tot vervelens toe, al vir jou bewys dat God slegs 'n fiktiewe karakter binne die Bybelverhaal is."
En dan haal jy 'n klomp voorbeelde aan. Wat jy eintlik bewys het is dat die mense van die Bybel se wetenskaplike kennis gemeet aan vandag ver te kort geskiet het en dit het dan ook hul waarneming van gebeurtenisse en die opskrifstelling daarvan in die wiele gery.
Maar foutiewe waarnemings, vertolking en opskrifstelling is so eie aan die mens soos eet, drink en slaap. Ek is seker as jy 'n afspraak met iemand maak en sê “Ek sien jou more” dit nooit by jou opkom dat soos die Engelse dit uitdruk '"Tomorrow never comes" because it is a general truth: no tomorrow ever comes, because when it does come it's today.
Daarom is tyd 'n illusie. Die skeppingsverhale is dus gegrond op dit wat die mense wat dit opgeteken het, gereken plaasgevind het en daarin het dit nooit gegaan oor die hoe maar wel oor die Wie - die Oorsaak -.
Die verhale is eers oorvertel en eers gedurende die ballingskap opskrif gestel, hoofsaaklik as teenvoeter vir die Babiloniese skeppingsverhale wat baie gode - dus baie oorsake - gepromoveer het.
Die Jode in ballingskap het egter die heelal en alles wat daarin is as een gevolg van een oorsaak gesien. Omdat die heelal ontstaan het agv iets, wat vandag vervat is in die Oerknal-teorie, beteken dit dat dit 'n begin en dus ook 'n einde het.
Daarom het die Bybel ook 'n begin en 'n einde en is dit wat tussen die twee val soos 'n nagwaak, 'n nietigheid gemeet aan die oneindigheid en 'n mens se lewe soos gras, groen in die oggend en verdor in die aand as jy weer verby dit stap.
Omdat die wetenskap ook slegs beoefen kan word tussen die begin en die einde kan dit slegs betekenis hê en betekenisvol wees in die tydperk wat tussen die begin en die einde lê. Daarna hou dit op om te bestaan en het geen doel of waarde in die dimensie wat bestaan het voor die Oerknal.
Hieruit volg dus dat hemel en hel nie bestaan in ons heelal nie en dat jy dus nie deur vuur gemartel gaan word tot in ewigheid nie al glo mense dit ook. Oor Christus skryf Adrio König soos volg
Alle Paaie lei na Jesus: Jesus Christus – Adrio König
4.12 Jesus Christus
4.12.1 Skepper
Daar het ’n baie algemene oortuiging onder Christene posgevat dat Jesus “net die Skeppingsmiddelaar is”. Dit sou dan iets minder beteken as Skepper. Hy sou maar net die instrument wees deur Wie God alles geskep het, sodat net God die Vader die Skepper in eintlike sin is.
Dit is egter nie die volle verhaal nie. Christus word bely as Skepper op presies dieselfde vlak as die Vader. In Johannes 1:1-3 verwys Johannes doelbewus terug na Genesis 1 waar God die Skepper is. Maar Johannes pas dit direk op die Woord toe. En hy beklemtoon dat Hy Skepper is: “Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie een enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.” Verder aan in dieselfde lied herhaal hy dit: “die wêreld het deur Hom tot stand gekom” (1:10).
Ook Paulus plaas Hom langs die Vader in sy belydenis: “Een God: die Vader, uit wie alles is … en een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan” (1 Kor 8:6). In Openbaring 3:14 is ’n effens moeiliker uitspraak. Vroeër is vertaal dat Jesus “die begin van die skepping van God” is. Die Grieks verwys egter skynbaar na ’n veroorsakende begin sodat ’n mens kan vertaal: “Die Een wat die skepping begin het” of “die Oorsprong van die skepping” (NLV). Dit is ook wat ons in Kolossense 1:16 kry: “Want in Hom is alle dinge geskape … alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape” (1953).
Wat beteken dit nou vir my as Christen? Christus het bestaan voor die Skepping - dus voor die Oerknal en het dus bestaan in die oneindigheid en is dus oneindig en net soos die oneindigheid nie word nie maar is, so is Christus.
Hemel as woonplek is dus nie te vinde in ons heelal nie maar wel in die dimensie wat bestaan het en nog bestaan voor die totstandkoming van ons heelal. So sal jy verstaan dat alle afgode bestaan in ons heelal. Daarom is Osiris die god van die hiernamaals, die onderwêreld en die dooies, al het sommige Egiptenare sommige dooies ook as lewendes beskou.
Christus daarteen is die Koning van die lewendes in ons heelal en hierna. En hiermee is my 600 woorde beperking ook verby.
Mag dit met jou goed gaan.
Beste FC Boot,
Hier bo beweer jy dat die Bybel geskryf is deur mense wie se wetenskaplike kennis gebrekkig is, en dat die Bybel vol foutiewe waarnemings en vertolkings is. Hoe dink jy, beïnvloed die siening van jou die vertolking van die karakters in die Bybel? Karakters soos Adam, Eva, die slang, Noag, God, Moses, Jesus, ens?
Nou wil ek weet, waarom jy nog daarmee onder die arm loop?
Die meeste van jou geskrywe is net 'n gegorrel, en het niks met die prys van eiers te make nie.
Beste Kobus,
As ek dan so in onkunde leef, waarom lig jy my nie in nie? Verduidelik vir my hoe 'n letterkundige karakter, soos bv God van die Bybel, ook buite die Bybel leef. Dan gaan soek ek na Bart Nel. Ek sal graag met hom wil gesels.
Het nie al gewonder of dit nie jy, Kobus de Klerk, is wat in jou eie fantasie leef nie? Het jy dit nie nog nie eienaardig gevind dat net jy, Kobus de Klerk, so verskriklik kundig is en dat al die ander mense rondom jou so in onkunde voortleef nie?
Dit is so dat energie nie vernietig kan word nie (so sê die mensgemaakte wet), totdat iemand in die verre toekoms dalk kom en 'n nuwe wet skryf. Vir 'n gegewe hoeveelheid energie is daar egter 'n bepaalde hoeveelheid moontlike rangskikkings van molekules in 'n substansie wat herrangskik kan word en dit staan bekend as entropie. Nuttige energie kan so nutteloos word.
Groete,
Angus
Angus, dit is maklik om jou in te lig. Maar daar is niemand so doof en blind as die een wat nie wil hoor of sien nie, en so is dit met jou. Jy foeter al met Bart Nel aan, maar geriefshalwe vergeet jy dat daar baie werklik bestaande mense is oor wie geskryf word en hulle is nie, soos jy sê, 'letterkundige' karakters net omdat daar oor hulle geskrywe word terwyl hul nog lewe nie. As God soos ek en jy was, so eenvoudig en maklik waarneembaar as individu, sou HY beslis nie God wees nie. Maar vanweë jou uiters eng siening van die lewe om jou heen en jou gepaardgaande fisiek-gebonde lewensbeskouing, sal jy ast'ware minuskule deeltjies van God raaksien sonder die geheelbeeld, maar omdat jy nie wyd 'sien' nie, kan jy God nie eien nie. Jy is in daardie opsig erg bysiende sonder 'n bril ...
So, help die inligting? Ek twyfel, want jy wil dit nie so insien nie. Vandaar jou dwalings.
Beste Angus
Sien my antwoord onder ' Droogte in die kop'. Gegorrel sê jy - nee Angus, jy is deurmekaar. Dit lyk my jy stem saam dat ons heelal 'n begin gehad het en dus ook 'n einde het. Of onderskryf jy 'n ander teorie as die Oerknal?
Die wetenskap kon nog nooit 'n verklaring gee wat die oorsaak van die Oerknal was nie.
Dr. Jastrow het die volgende kwytgeraak:
Beste Kobus,
Mense wat nog leef of gelewe het, word op drie maniere uitgebeeld in die letterkunde.
1. in 'n outobiografie (eerstepersoonsvertelling);
2. in 'n biografie (derdepersoonsvertelling; en
3. in 'n historiese roman. Hier doen die skrywer deeglik navorsing oor die persoon se lewe, en skep dan 'n karakter so na as moontlik aan die werklike persoon.
Die boek, Bart Nel, is 'n historiese roman, maar Bart Nel is 'n fiktiewe karakter wat nie werklik gelewe het nie. In Sonja Loots se Sirkusboere is daar 'n karakter wat ook werklik gelewe het, nl generaal Ben Viljoen. Sirkusboere is 'n historiese roman en die karakters daarin is fiktiewe karakters, insluitende Ben Viljoen. Ek weet dit sal vir jou moeilik wees om te begryp hoe dit moontlik is dat iemand wat werklik gelewe het, 'n fiktiewe karakter in 'n roman kan wees, maar dis hoe dit is. Skrywers van historiese romans gebruik die geskiedenis, die aardrykskunde en die name van bekende historiese figure as milieu om so 'n skyn van werklikheid te gee aan hulle storie.
Groete,
Angus
Angus, al drie jou voorbeelde is gemaklik van toepassing vir verskillende gedeeltes deur die Bybelrekord heen. Wys jou hoe dinamies is die HERE en die Bybel wat van Hom en SY lesse vir ons, getuig.
Jy moet net die skille van jou oë afkry. As Paulus (Saulus) en baie ander mense na hom (wat eers ongelowig was en gelowig geword het) het, kan jy ook... Doen net wat nodig is.
Beste Kobus,
Hoera! Ek vorder. Dis nou nie meer lank nie en jy sal ook erken dat dit die Bybel mitologie is.
Kom ons begin by nr 3. Jy stem saam dat die verhaal van Jesus soos beskryf in die Nuwe Testament, lees soos 'n historiese roman, met as hoofkarakter, Jesus. Ons moet nou probeer bepaal of die fiktiewe hoofkarakter ooreenkom met iemand wat werklik gelewe het (soos Ben Viljoen in Sirkusboere), en of sy lewe gebaseer is op 'n fiktiewe persoon (soos Bart Nel).
Tot dusver is geen bewys al gekry dat Jesus 'n werklike persoon was nie. Hy bestaan net as karakter binne hierdie historiese roman (soos Bart Nel).
Daar is glo bewyse dat Paulus wel werklik geleef het, maar die skillestorie en die skerp lig is maar fiksie. Hy was 'n goeie skrywer.
Groete,
Angus
Kommentaar

Baie dankie Angus. Die wysheid gaan die verstand te bowe.
Dit is nie verbasend dat die Angus-tipe 'wysheid' jou verstand te bowe gaan nie ... Waar is daar enige bewys dat energie vernietig kan word of verlore kan gaan? Maar dit is goed hy betwis nie dat God die Gewer daarvan is nie. Kyk net hoe verdraai hy al die Jupiter- en parallaksgoed soos die tyd vorder. As jy sy verhaaltjie lees oor sy eie bestuursvernuf, weet jy hy leef heeltemal in 'n wêreldjie van sy eie. Wie weet waarmee hy volgende vorendag sal kom ...
Geen versinsel kan ooit bewys word nie.
Hoera! 'n klein bietjie energie het nie verlore geraak nie! Kobus begin sowaar verbeelding so vaagweg verstaan. Dis reg, Kobus, die menslike verbeelding kan enigiets skep en enigiets laat gebeur: 'n god wat alwetend, almagtig en liefdevol is, 'n hemel wat wemel van afgestorwe bekendes, en 'n duiwel wat die vure in die hel stook.
Kobus, ek wil weet hoe jy weet dat energie nie vergaan nie. Dalk is jy 'n fisikus van formaat, en kan ons begin gesels oor Newton, Joule, Hooke, Coulomb en Ohm se wette ... so vir 'n begin.
Wat van verbeelding vereis 'n vorm van energie en 'Energy neither created nor destroyed'.https://van.physics.illinois.edu/qa/listing.php?id=1757
Angus, dalk moet jy maar eerder jou eerste absolute wet van termodinamika weer gaan oplees uit jou skoolboeke uit. Ek dink jy het vergeet. Vir jou is enigiets wat jy nie kan begryp nie - en daar skyn baie daarvan te wees, as ons jou stellings van tyd tot tyd so beskou - verbeelding. Jy het baie om nog te leer, jy en CM beide. Ek het jou vir bewys gevra na aanleiding van jou insinuasie dat energie wel vergaan en jy kom kenmerkend met die sinnelose snert hierbo vorendag.
CM maak gedurig net sulke wilde, onverantwoordelike stellings. Kan jy bewys dat versinsels, waarna jy verwys, wel versinsels is? Kan jy bewys dat daar nooit bewyse voor gevind is of kan word nie, van dit wat jy as versinsels beskou? Kan jy bewys jy of enigiemand anders, weet alles van alles af, om dit te kan sê? Nee, op al hierdie vrae.
Onbekende hoedhase.
Hoedhase? Onbekend, vir wie? Net vir jou? Jy kan skaars 'n meer niksseggende stelling maak wat moet dien as bewys. Wys net, jy gorrel maar sommer net.
Hoekom so grimmig? Ek ken jou van geen kant af nie.
Omdat ek jou wys op jou gegorrel is ek skielik grimmig? Nee wat, jy is nogal hopeloos te fyngevoelig ook boonop. As jy kritiek op jou stellings nie kan hanteer nie, moet jy hul liefs nie hier publiseer nie ... Neem van nou af verantwoordelikheid vir jou eie brousels.
Die oortuiging van 'n ewige bestaan is 'n tragiese verkwisting van menswees.
Wat verstaan jy onder menswees?
Lewende liggame.
Lewende liggame? Jy sal nog iewers in die toekoms agterkom dat jou eie siening van 'lewe' jou gruwelik mislei het. Wat jou eie status dan sal wees, weet net die HERE ... Gelukkig is HY genadig, as jy betyds daarvan gebruik sou wou maak,
want onthou, een ding van spyt, dit kom altyd te laat ...
Beste Kobus,
Dankie dat jy my vraag beantwoord het. Ek wou weet wie het vir jou vertel dat energie nie vernietig kan word nie. Nou weet ek; jy het dit in ʼn skoolboek gelees.
Jy het reg; ek het lankal vergeet wat die skoolhandboek van termodinamika sê. Toe ek op skool was, het ek ook gedink ek weet alles, soos jy nou. Dis eers na skool dat ek uitgevind het dis beter om skoolwetenskap en skoolwiskunde te vergeet, want dis maar van min waarde. As jy eendag verder gevorder het as jou skoolboek, kan ons daaroor gesels. Op die oomblik is ek nie lus om op die vlak van wat-was-eerste? die-hoender-of-die-eier? met jou te redeneer nie. Net om jou darem te troos: energie kan nie vernietig word binne ʼn geslote stelsel nie. Net om jou verder om te krap: dis juis hier waar julle gelowiges kleitrap met die tweede wet van termodinamika.
Ek kan bewys dat God van die Bybel blote versinsel is; ek het dit al tot vervelens toe hier op SêNet gedoen. Wil jy dit weer hoor?
Groete,
Angus
Angus, jy kon nog nooit soiets soos wat jy beweer, omtrent God, bewys nie. Bewys verg 'n objektiewe toets, nie jou persoonlike sieninge wat op onkunde (omtrent die Spirituele realm) en vergissings geskoei is nie. Dit help dus nie jy herhaal jou vergissings nie, dit maak nie bewyse van hulle nie - dit dien net om jou te verwar en tot selfdesepsie.
Wat energie aanbetref, as jy dus saamstem dat energie nie in 'n geslote sisteem vernietig kan word nie, dan is daar mos geen argument nie. Watter objektiewe bewyse het jy vir vernietiging/vergaan van energie in enige ander stelsel of formaat?
Angus
Die goed werk net binne geslote stelsels. Al wat die Bybel sê is dat die stelsel waarbinne ons lewe en bestaan 'n begin en 'n einde het. Die Bybel leer dan verder dat voor hierdie stelsels tot stand gekom het daar 'n ander dimensie was waarin dit rustend was, totdat dit deur die begin - sê maar oerknal in werking getree het.
Wat die Jode vroeg reeds op skrif gestel het dat daar 'n oorsaak was waardeur dit in werking getree het. Die feit dat die Bybel leer dat Christus die oorsaak was kan mos nie die feit wegneem dat daar wel 'n oorsaak was wat gelei het tot die oerknal.
Ons kan nie verby die beginpunt beweeg nie en kyk wat die dimensie was wat voor die Oerknal bestaan het nie. Daarom is en bly die Bybel by uitstek 'n geloofsboek.
Jy kan dus ook nie die Bybel gebruik om die ouderdom van die aarde te bereken nie,
want volgens Psalm 90 word 'n duisend jaar gelyk gestel aan 'n nagwaak. ’n Nagwaak
was drie ure en mense sal dan wil beweer dat drie ure gelyk is aan 'n duisend jaar.
Daar is dus 4 nagwake vir elke dag, dus 24 oor 6 dae, wat dan die ouderdom van die
aarde gelyk stel aan 24 000 jaar.
Maar tyd is 'n illusie want die tyd en seisoene waarmee ons meet word veroorsaak deur 'n planeet wat skuins om sy eie as wentel en beweeg om die son. Die http://www.torahcalendar.com/hour.asp is nogal 'n heel interessante webblad om te besoek.
Waarom ek sê tyd is 'n illusie berus op die feit dat wanneer alles in die heelal tot stilstand kom dus niks draai en of beweeg (ook nie op aarde nie) dan verdwyn ons waarneming van tyd en bly net die ruimtes tussen voorwerpe oor.
Miskien moet jy en Kobus maar net ooreenkom dat julle verskil en aangaan met jul lewens.
Beste FC Boot,
Eers net 'n regstelling. Ek het vir Kobus inderhaas gesê dat energie nie vernietig raak binne geslote stelsels nie. Ek moes eintlik gesê het energie raak nie verlore binne geslote stelsels nie. Energie kan in elk geval nie vernietig word nie.
Hierdie "goed" waarvan jy praat (en ek neem aan dis energie) "werk " binne geslote sowel as oop stelsels. Nuttige energie sal in 'n oop stelsel verlore raak en onbruikbaar wees.
Ek het vrede met wat die Bybel oor termodinamika sê of nie sê nie. Ek laat dit aan jou oor om daaroor te kwel. Wat het nagwake met die prys van eiers te make?
Los jy maar vir my en Kobus. Ek ken hom asof ek hom met 'n knipmes uit hout gesny het. Ek het hom behoorlik boos gemaak om te sê sy kennis van energie is nog op skoolvlak. Op hierdie oomblik bestudeer hy energie dat dit so kraak.
Groete,
Angus
Beste Kobus,
Ek het al male sonder tal, tot vervelens toe, al vir jou bewys dat God slegs 'n fiktiewe karakter binne die Bybelverhaal is.
Die Bybel is deur en deur fiksie. God tree op as karakter in verhale waarin diere en bome kan praat, mense geskape word uit grond en menslike ribbebene, 'n ongehoorsame vrou verander in 'n soutpilaar, 'n bomenslik sterk man geboue se pilare omruk en duisend mense dood met 'n eselskakebeen, 'n man met sy kierie die see oopkloof, 'n vrou wat maagdelik geboorte gee aan 'n kind, wat later self wonderwerke verrig soos op water loop en water in wyn verander. God self is ook maar 'n teenstrydige karakter. Hy is glo liefdevol en vermoor so ver hy gaan. As jy nie kan insien dat God 'n fiktiewe karakter, 'n skepping van die menslike verbeelding, is nie, dan is dit nie my skuld nie.
Groete,
Angus
Angus, ek kan maar net herhaal wat ek hierbo gesê het, van jou sogenaamde 'bewyse'... Jy verkies om in onkunde voort te leef.
Net soos met jou aanmerking oor energie hierbo. Jy leef werklik in jou eie fantasie. Ek het jou op jou onsinnige stelling gewys (waarop jy toe jouself agterna gekorrigeer het). Jy moet werklik probeer om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat jy self doen - moenie gedurig probeer om dit op ander (my, in hierdie geval) te probeer afskuif nie. Die tweede wet op termodinamika maak geen verskil aan wat ek gesê het nie. Energie raak eenvoudig nie vernietig nie.
Beste Angus
Jy sê jy het vir Kobus gesê dat "Ek het al male sonder tal, tot vervelens toe, al vir jou bewys dat God slegs 'n fiktiewe karakter binne die Bybelverhaal is."
En dan haal jy 'n klomp voorbeelde aan. Wat jy eintlik bewys het is dat die mense van die Bybel se wetenskaplike kennis gemeet aan vandag ver te kort geskiet het en dit het dan ook hul waarneming van gebeurtenisse en die opskrifstelling daarvan in die wiele gery.
Maar foutiewe waarnemings, vertolking en opskrifstelling is so eie aan die mens soos eet, drink en slaap. Ek is seker as jy 'n afspraak met iemand maak en sê “Ek sien jou more” dit nooit by jou opkom dat soos die Engelse dit uitdruk '"Tomorrow never comes" because it is a general truth: no tomorrow ever comes, because when it does come it's today.
Daarom is tyd 'n illusie. Die skeppingsverhale is dus gegrond op dit wat die mense wat dit opgeteken het, gereken plaasgevind het en daarin het dit nooit gegaan oor die hoe maar wel oor die Wie - die Oorsaak -.
Die verhale is eers oorvertel en eers gedurende die ballingskap opskrif gestel, hoofsaaklik as teenvoeter vir die Babiloniese skeppingsverhale wat baie gode - dus baie oorsake - gepromoveer het.
Die Jode in ballingskap het egter die heelal en alles wat daarin is as een gevolg van een oorsaak gesien. Omdat die heelal ontstaan het agv iets, wat vandag vervat is in die Oerknal-teorie, beteken dit dat dit 'n begin en dus ook 'n einde het.
Daarom het die Bybel ook 'n begin en 'n einde en is dit wat tussen die twee val soos 'n nagwaak, 'n nietigheid gemeet aan die oneindigheid en 'n mens se lewe soos gras, groen in die oggend en verdor in die aand as jy weer verby dit stap.
Omdat die wetenskap ook slegs beoefen kan word tussen die begin en die einde kan dit slegs betekenis hê en betekenisvol wees in die tydperk wat tussen die begin en die einde lê. Daarna hou dit op om te bestaan en het geen doel of waarde in die dimensie wat bestaan het voor die Oerknal.
Hieruit volg dus dat hemel en hel nie bestaan in ons heelal nie en dat jy dus nie deur vuur gemartel gaan word tot in ewigheid nie al glo mense dit ook. Oor Christus skryf Adrio König soos volg
Alle Paaie lei na Jesus: Jesus Christus – Adrio König
4.12 Jesus Christus
4.12.1 Skepper
Daar het ’n baie algemene oortuiging onder Christene posgevat dat Jesus “net die Skeppingsmiddelaar is”. Dit sou dan iets minder beteken as Skepper. Hy sou maar net die instrument wees deur Wie God alles geskep het, sodat net God die Vader die Skepper in eintlike sin is.
Dit is egter nie die volle verhaal nie. Christus word bely as Skepper op presies dieselfde vlak as die Vader. In Johannes 1:1-3 verwys Johannes doelbewus terug na Genesis 1 waar God die Skepper is. Maar Johannes pas dit direk op die Woord toe. En hy beklemtoon dat Hy Skepper is: “Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie een enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.” Verder aan in dieselfde lied herhaal hy dit: “die wêreld het deur Hom tot stand gekom” (1:10).
Ook Paulus plaas Hom langs die Vader in sy belydenis: “Een God: die Vader, uit wie alles is … en een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan” (1 Kor 8:6). In Openbaring 3:14 is ’n effens moeiliker uitspraak. Vroeër is vertaal dat Jesus “die begin van die skepping van God” is. Die Grieks verwys egter skynbaar na ’n veroorsakende begin sodat ’n mens kan vertaal: “Die Een wat die skepping begin het” of “die Oorsprong van die skepping” (NLV). Dit is ook wat ons in Kolossense 1:16 kry: “Want in Hom is alle dinge geskape … alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape” (1953).
Wat beteken dit nou vir my as Christen? Christus het bestaan voor die Skepping - dus voor die Oerknal en het dus bestaan in die oneindigheid en is dus oneindig en net soos die oneindigheid nie word nie maar is, so is Christus.
Hemel as woonplek is dus nie te vinde in ons heelal nie maar wel in die dimensie wat bestaan het en nog bestaan voor die totstandkoming van ons heelal. So sal jy verstaan dat alle afgode bestaan in ons heelal. Daarom is Osiris die god van die hiernamaals, die onderwêreld en die dooies, al het sommige Egiptenare sommige dooies ook as lewendes beskou.
Christus daarteen is die Koning van die lewendes in ons heelal en hierna. En hiermee is my 600 woorde beperking ook verby.
Mag dit met jou goed gaan.
Beste FC Boot,
Hier bo beweer jy dat die Bybel geskryf is deur mense wie se wetenskaplike kennis gebrekkig is, en dat die Bybel vol foutiewe waarnemings en vertolkings is. Hoe dink jy, beïnvloed die siening van jou die vertolking van die karakters in die Bybel? Karakters soos Adam, Eva, die slang, Noag, God, Moses, Jesus, ens?
Nou wil ek weet, waarom jy nog daarmee onder die arm loop?
Die meeste van jou geskrywe is net 'n gegorrel, en het niks met die prys van eiers te make nie.
Groete,
Angus
Beste Kobus,
As ek dan so in onkunde leef, waarom lig jy my nie in nie? Verduidelik vir my hoe 'n letterkundige karakter, soos bv God van die Bybel, ook buite die Bybel leef. Dan gaan soek ek na Bart Nel. Ek sal graag met hom wil gesels.
Het nie al gewonder of dit nie jy, Kobus de Klerk, is wat in jou eie fantasie leef nie? Het jy dit nie nog nie eienaardig gevind dat net jy, Kobus de Klerk, so verskriklik kundig is en dat al die ander mense rondom jou so in onkunde voortleef nie?
Dit is so dat energie nie vernietig kan word nie (so sê die mensgemaakte wet), totdat iemand in die verre toekoms dalk kom en 'n nuwe wet skryf. Vir 'n gegewe hoeveelheid energie is daar egter 'n bepaalde hoeveelheid moontlike rangskikkings van molekules in 'n substansie wat herrangskik kan word en dit staan bekend as entropie. Nuttige energie kan so nutteloos word.
Groete,
Angus
Angus, dit is maklik om jou in te lig. Maar daar is niemand so doof en blind as die een wat nie wil hoor of sien nie, en so is dit met jou. Jy foeter al met Bart Nel aan, maar geriefshalwe vergeet jy dat daar baie werklik bestaande mense is oor wie geskryf word en hulle is nie, soos jy sê, 'letterkundige' karakters net omdat daar oor hulle geskrywe word terwyl hul nog lewe nie. As God soos ek en jy was, so eenvoudig en maklik waarneembaar as individu, sou HY beslis nie God wees nie. Maar vanweë jou uiters eng siening van die lewe om jou heen en jou gepaardgaande fisiek-gebonde lewensbeskouing, sal jy ast'ware minuskule deeltjies van God raaksien sonder die geheelbeeld, maar omdat jy nie wyd 'sien' nie, kan jy God nie eien nie. Jy is in daardie opsig erg bysiende sonder 'n bril ...
So, help die inligting? Ek twyfel, want jy wil dit nie so insien nie. Vandaar jou dwalings.
Beste Angus
Sien my antwoord onder ' Droogte in die kop'. Gegorrel sê jy - nee Angus, jy is deurmekaar. Dit lyk my jy stem saam dat ons heelal 'n begin gehad het en dus ook 'n einde het. Of onderskryf jy 'n ander teorie as die Oerknal?
Die wetenskap kon nog nooit 'n verklaring gee wat die oorsaak van die Oerknal was nie.
Dr. Jastrow het die volgende kwytgeraak:
http://www.bio-orthodoxy.com/2014/06/robert-jastrow-on-limits-of-science.html
Laat dit met jou goed gaan.
Beste Kobus,
Mense wat nog leef of gelewe het, word op drie maniere uitgebeeld in die letterkunde.
1. in 'n outobiografie (eerstepersoonsvertelling);
2. in 'n biografie (derdepersoonsvertelling; en
3. in 'n historiese roman. Hier doen die skrywer deeglik navorsing oor die persoon se lewe, en skep dan 'n karakter so na as moontlik aan die werklike persoon.
Die boek, Bart Nel, is 'n historiese roman, maar Bart Nel is 'n fiktiewe karakter wat nie werklik gelewe het nie. In Sonja Loots se Sirkusboere is daar 'n karakter wat ook werklik gelewe het, nl generaal Ben Viljoen. Sirkusboere is 'n historiese roman en die karakters daarin is fiktiewe karakters, insluitende Ben Viljoen. Ek weet dit sal vir jou moeilik wees om te begryp hoe dit moontlik is dat iemand wat werklik gelewe het, 'n fiktiewe karakter in 'n roman kan wees, maar dis hoe dit is. Skrywers van historiese romans gebruik die geskiedenis, die aardrykskunde en die name van bekende historiese figure as milieu om so 'n skyn van werklikheid te gee aan hulle storie.
Groete,
Angus
Angus, al drie jou voorbeelde is gemaklik van toepassing vir verskillende gedeeltes deur die Bybelrekord heen. Wys jou hoe dinamies is die HERE en die Bybel wat van Hom en SY lesse vir ons, getuig.
Jy moet net die skille van jou oë afkry. As Paulus (Saulus) en baie ander mense na hom (wat eers ongelowig was en gelowig geword het) het, kan jy ook... Doen net wat nodig is.
Beste Kobus,
Hoera! Ek vorder. Dis nou nie meer lank nie en jy sal ook erken dat dit die Bybel mitologie is.
Kom ons begin by nr 3. Jy stem saam dat die verhaal van Jesus soos beskryf in die Nuwe Testament, lees soos 'n historiese roman, met as hoofkarakter, Jesus. Ons moet nou probeer bepaal of die fiktiewe hoofkarakter ooreenkom met iemand wat werklik gelewe het (soos Ben Viljoen in Sirkusboere), en of sy lewe gebaseer is op 'n fiktiewe persoon (soos Bart Nel).
Tot dusver is geen bewys al gekry dat Jesus 'n werklike persoon was nie. Hy bestaan net as karakter binne hierdie historiese roman (soos Bart Nel).
Daar is glo bewyse dat Paulus wel werklik geleef het, maar die skillestorie en die skerp lig is maar fiksie. Hy was 'n goeie skrywer.
Groete,
Angus
Verstaan julle trieks die Bybel? Wel, dit lyk nie so nie ...