George Bekker2016-08-15Wonder in watter jaar is Antoniem gebore? Seker in die 1990's?
Jan, waar kom jou 1969 vandaan? en dan "in bewind"? Moet 'n ou wat taalmanne probeer regsien nie van "aan bewind" skryf nie?
Angus2016-08-15Beste Jan,
Ek wil dit nou nie so ingewikkeld maak nie. Jou vraag na wat die parasiet gemaak het voordat daar 'n skaap of reptiel was, wys vir my dat jy nie die evolusieleer verstaan nie. Jy glo dat soos God die parasiet geskape het, (6000 jaar of miljoen
Hein Kleinbooi2016-08-15Oor die vraag of Adam Small en Peter Snyders van Afrikaaps ’n "joke taal" gemaak het, die volgende: ja en nee. Ja omdat daar 'n oordrewe vorm van Afrikaaps in hul werk is. Niemand wat ek ken praat van "djou" nie al sê on "djy" dit bly jou in meeste men
Angus2016-08-15Beste FC Boot,
'n Kreasionis is eintlik 'n wese wat ontstaan het nadat Darwin sy evolusieteorie gepubliseer het. Hierdie wese glo dat die god van die Bybel elke lewende organisme apart geskape het. Die kreasionis beveg evolusieteorie hand en tand, met ho
Dr JF (Frikkie) UYS2016-08-15Anton Prinsloo het jare lank lankmoedig kennis geneem van my amateur taal-ingewings. Sommige het hy selfs in sy rubrieke gebruik, soos die herkoms van "voetstoots", "vir die gelag betaal", ens. Ek mis hom erg. Aan wie gaan ek nou my nuutskeppings stuur?
Reusedwerg2016-08-15Jan, jy slaan die spyker op die kop. Ek dink die land se agteruitgang het in 1964 begin. In 1969 is die opdragte van 1964 tot uitvoering gebring. Ek weet nie of ek net sinies of te agterdogtig is nie, maar waar kom die mense vandaan wat nie die realiteite
Hannelie Smith2016-08-15Ek is tans besig met 'n skryfkursus waar uittreksels uit Blou Trane deel vorm van die modules. Dit het my geweldig aangegryp want ek kon dit herleef met 'n geliefde wat ook daardie pad gestap het. Ek sal egter baie graag die boek wil lees, maar kan dit
Thabang Jaa2016-08-15Dis 'n jammerte dat mense nog steed nie verstaan, dat in 'n super-komplekse meertalige omgewing 'n rasionele benadering nie werkbaar is nie. Wat mens wel nodig het is 'n praktiese werkbare beleid wat in die gees van inklusiewiteit, buigsaamheid en die bev
Arnau2016-08-14Ek het ongeveer 1973 die Afrikaanse uitgawe gelees - op aanbeveling van ons biblioteekonderwyseres by ons skool in Durban. Ek het niks geweet van die Engelse weergawe nie, maar sy het wel vir my gesê dat dit 'n Afrikaanse vertaling is van When the Lion F
Angus2016-08-14Beste Jan,
Heel waarskynlik moet ek jou geheue so bietjie verfris. So ʼn ruk gelede het jy beweer dat woordeboekmakers “verkeerde woorde” in hulle woordeboeke opneem. Ek wou toe by jou weet of jy my voorbeelde daarvan kan gee. Jy het die HAT (1965) g
Lien Botha2016-08-14Uitstekende artikel, die woord ekologie (oa) lees nou vir my so wyd soos die see.
Ek staan verstom dat enige rasionele mens 'n taal wil kelder waarin kennis so sorgvuldig uitgemeet word in simbiose met die siel van die natuur/mens/digter.
Dankie.
Marius Coertze2016-08-14Dubbele ironie dat die nonchalante veroordeling van Apartheid klakkeloos en met veronderstelde breë gemeenskaplike veroordeel word. Dít, terwyl omgekeerde Apartheid vandag eweneens nonchalant en klakkeloos goed gepraat word. Die wese van Apartheid was
Johann2016-08-14Hallo almal, inaggenome julle gespreklyn, is dit al klaar moeilik genoeg om die boeke in die hande te kry, so wat nog gepraat van Afrikaanse e-boeke? Maar ek vat maar 'n kans: bestaan so iets?
Jan Rap2016-08-13Sal maak soos jy sê maar wat die woestynsand betref: Die sandvervaardigingsproses is tog vir seker stadiger as die windverwyderingsproses. So hoekom is daar nog sand?
Angus2016-08-13Ek voel g'n gebelgd nie. Een van die mooiste verhale met die mooiste naam in vir my is "Werkstaking by die kleigat", deur Toon van den Heever. Ek dink die boekie waarin dit verskyn, "Gerwe uit die erfgpag van Skoppensboer", sal sekerlik verban wees, en da
Dewet Greyling2016-08-13Verseker het OP se regsspan elke beskikbare regsaspek tot hul beskikking, wel deeglik benut (oor 'n baie lang periode) - die regsfeite en die Ware Feite gaan verseker vir elke mens (of jy nou 'n Juris of 'n 'jan-alleman' is), geopenbaar word, wanneer die
Jopie de Beer2016-08-13Dankie vir die mooi positiewe kommentaar. Om 'n historiese roman te skryf is altyd moeilik. Nie omdat daar te min inligting is nie. Daar is gewoonlik te veel en dit is moeiliker om te besluit wat weggelaat moet word, as om te besluit wat ingesluit moet wo
Jan Rap2016-08-13Beste Angus, telegramstyl:
Parasiete - daar is een parasiet byvoorbeeld wat een deel van sy lewenssiklus in 'n mier spandeer en 'n ander deel in 'n skaap. Dis ingewikkeld, wat het die parasiet gedoen in die miljoene jare voor daar skape, selfs reptiele,
Chris Marnewick SC2016-08-12Net toe ek dink hierdie uitspraak is lankal vergete. Drie punte om te maak:
Een, die Amerikaanse Hooggeregshof het op dieselfde tyd beslis dat Amerikaanse howe in soortgelyke omstandighede wel jurisdiksie het, en ons het natuurlik sedertdien gesien hoe
Luci2016-08-12Sjoe was dit aangrypend en na aan my hart. Vreeslike trane gestort vir Gilmore en die omstandighede. Eerstehands wen altyd; jy kan nie beter as dit voorgee nie. Goeie stuk Simmy hou aan met jou skrywershand. Het my vreeslik dik gelag oor jou probleem lol.
Jan Rap2016-08-12Hoe dan nou? Wil jy hê ek moet van die evolusieteorie vergeet? Of reken jy dis nie 'n teorie nie maar 'n wet (soos die van Archimedes of Boyle)?
Reusedwerg2016-08-12Jaco ek verstaan jou sentiment vir AfriForum en ander burgerregte-organisasies. Ek wil nie te wyd van die onderwerp afdwaal nie. Ek bejeën elke organisasie wat dit uitbasuin dat hulle dit of dat vir mense doen. Ek veralgemeen nou weereens, ek vertrou nie
Reusedwerg2016-08-12Die soustrein gaan nog tot in lengte van dae voortstoom. Die een lot passasiers gaan nou afklim, en 'n nuwe lot passasiers gaan opklim. Hulle klap die lippe al vir daardie lekker etes, paarties en feesvierings wat kom. Die soustrein het nie brieke nie. So
Ega Janse van Rensburg-Bonthuyzen2016-08-12Prof Herman Meulemans vat die essensie van Karel Schoeman se boeke onder bespreking raak vas. Sy liefde vir hierdie skrywer se literatuur en Suid-Afrika se geskiedenis is aansteeklik en sal sonder twyfel 'n wyer gehoor Vlaamse en Nederlandse lesers aanspo