F C Boot
Jy besef klaarblyklik dat jou onsin ontwyk moet word. Daar is 'n diepgewortelde smartvratery en 'n redelose oortuiging dat mense aspris van gebreke gemaak is sodat hulle kan ly.
CM is reg maar die mense 'maak' dit nie hel nie; dit IS hel op aarde so gemaak deur die mense se leiers. Houtwerkgereedskap raak al hoe duurder hoe meer die rand val en, skraap jy geld bymekaar en koop een dan't hy nog 'n tweepuntprop ook. Dit sal hemels wees as gereedskap goedkoper word. Ook is vakansie deesdae hel op aarde - benewens die koste (petrol, verblyf ens) is jy bekommerd oor jou huis wat agtergelaat is. Selfs al bly daar 'n oppasser - wat as hy iets oorkom in 'n aanval of 'n ding? Dan is daar nog die agteruitgang van die infrastruktuur - slaggate, rou tiool in riviere, plaasaanvalle, korrupsie, noem maar op. Nee, CM is vir 'n slag reg, dit sal hemels wees as ons kan terugkeer na vrede, groei en stabiliteit.
CM
Begrippe van hemel en hel!?
Die Bybel het vele te sê oor menslike gedrag; kleredrag; lengte en skeer van hare en baard; seksuele gedrag, wanneer jy seks mag en nie mag geniet nie; wat jy mag en nie mag eet nie; met wie jy mag en nie mag gemeenskaplik verkeer nie; wanneer jy nie mag werk nie; wanneer jy nie mag reis nie; wanneer jy nie mag lag nie; en vele meer ander "control freak" begrippe van God oor die mensdom se doen en late. Maar oor "hemel" en "hel" is die inligting daaromtrent uiters karig om die minste van te sê.
Wat ek van die "hel" vanuit die Bybel wys word is dat dit 'n ewigdurende vuur is waarin ewig lewende "verlores" gaan ly vir hulle "sondes" in 'n onbekende gebied in die hemelruim.
Wat ek van die "hemel" vanuit die Bybel wys word, is dat alle "geredde" ewig lewende mense, sonder seksdrange, verewig die Here gaan aanbid voor sy troon met musiek en harp op 'n glas see in die teenwoordigheid van engele en ander eienaardige goddelike monsters. Werk is onnodig want die mensdom het nie meer nodig om aan die lewe te bly deur kos te verorber nie. Of almal jonk gaan voorkom is ook nie in die Bybel duidelik nie. Afgestorwe "geredde" kinders en babas, of hulle so gaan bly, is die Bybel oor swygsaam.
Dat die mensdom na 'n iets strewe (hemel), waarvan hulle eintlik so te sê niks van weet nie, is om oor te verwonder.
Nee man, Jaco.
Waar het jy gehoor die hel is in 'n onbekende gebied in die hemelruim? Jou posisie daarvan spreek van onkunde. Volgens die opinie van die Hebreeuse en Griekse geleerdes kom "Sheol" 65 keer in die Ou Testament voor en "Hades" 11 keer in die NT. Dit verwys egter nie na die hel, graf of put nie. Volgens my word die gees bewaar in die doderyk, terwyl die vlees (wat deur seksuele drange geteister was) na die graf gaan. Aanduiding is veel eerder dat die hel aangetref word binne in die aarde (Job 7:9).
Volgens my word "Gehenna" (NT) eerder vertaal met "'n ewige brand" van die goddelose of "poel van vuur". Matt 5:29,30 blyk interessant, dit praat van siel en liggaam wat daarheen gaan.
Gehenna word 12 keer na verwys in NT, veel meer as jou sekspraatjies. Dit dien as waarskuwing.
Deesdae ontstaan die vraag egter in my binneste: hierdie verwysing na die "wurm wat nie sterf" nie, is dit nie dalk die wroeging van my siel, hier op aarde, en die goddeloosheid van my liggaamsdrange, wat soos 'n verterende vuur in my binneste kook ...
Jy gaan egter nie veel kommentaar vanaf gelowiges hieroor vind nie. Hul studies gaan veel meer oor die vrymakende krag van Jesus Christus wat oor die hel en goddeloosheid triomfeer en vir die mens wat hy gemaak het, soos jy, uiters lief is.
Wanneer ek en jy voor Hom staan, is ons gelyk in waarde. Ongeag ons tekortkominge. Jou sonde nie groter as myne nie. Hy weet ons is net mens. Ken ons daaglikse stryd. Daarom het Hy klaar betaal vir sondes, alles is afgehandel. (Rom 8:1,2) Ons moet net die regte KEUSES daartoe maak.
Lank laas van jou verneem. Goed om jou weer op dreef te sien.
Jy mis die punt geheel en al. My respons gaan nie oor die aantal wat kere die woorde gehenna; sheol of hades in die Bybel voorkom nie, of die OPINIES (geen feite) van geleerdes, soos jy dit voorstel, nie, dit gaan oor die karige inligting in die Bybel oor wat hel behels en waar hel is, en die het jy nie beantwoord nie. Die hele inhoud van jou bewoorde waarneming van hel is in die vorm van spekulasie, veral deur herhalend te sê: "volgens my" wat geensins gesaghebbend is nie.
Dit is opvallend dat jy niks oor die "hemel" te sê gehad nie, dus moet ek aanvaar dat jy met my eens is dat dit te bewonder is dat die mensdom strewe na 'n iets waarvan hulle omtrent niks van weet nie. (my laaste sin in my vorige respons).
Kommentaar
CM
Weereens 'n bewys dat jy geen benul het van die begrippe 'hemel' of 'hel' nie.
F C Boot: Openbaar asseblief jou geweldige insig.
CM
'n Ou wat so baie te sê het oor 'hemel' en 'hel' behoort dit self sonder geweldige insig te kan uitwerk.
F C Boot
Jy besef klaarblyklik dat jou onsin ontwyk moet word. Daar is 'n diepgewortelde smartvratery en 'n redelose oortuiging dat mense aspris van gebreke gemaak is sodat hulle kan ly.
C M
Van al die onsinnighede wat jy al kwytgeraak het is hierdie die grootste.Moenie begrippe gebruik as jy nie weet wat dit beteken nie.
Kennis en logika is nodig. Gaan gerus verby.
Beide ontbreek jou.
Dit is tot jou voordeel om voort te gaan om te lees. Bly net hier.
CM is reg maar die mense 'maak' dit nie hel nie; dit IS hel op aarde so gemaak deur die mense se leiers. Houtwerkgereedskap raak al hoe duurder hoe meer die rand val en, skraap jy geld bymekaar en koop een dan't hy nog 'n tweepuntprop ook. Dit sal hemels wees as gereedskap goedkoper word. Ook is vakansie deesdae hel op aarde - benewens die koste (petrol, verblyf ens) is jy bekommerd oor jou huis wat agtergelaat is. Selfs al bly daar 'n oppasser - wat as hy iets oorkom in 'n aanval of 'n ding? Dan is daar nog die agteruitgang van die infrastruktuur - slaggate, rou tiool in riviere, plaasaanvalle, korrupsie, noem maar op. Nee, CM is vir 'n slag reg, dit sal hemels wees as ons kan terugkeer na vrede, groei en stabiliteit.
CM
Begrippe van hemel en hel!?
Die Bybel het vele te sê oor menslike gedrag; kleredrag; lengte en skeer van hare en baard; seksuele gedrag, wanneer jy seks mag en nie mag geniet nie; wat jy mag en nie mag eet nie; met wie jy mag en nie mag gemeenskaplik verkeer nie; wanneer jy nie mag werk nie; wanneer jy nie mag reis nie; wanneer jy nie mag lag nie; en vele meer ander "control freak" begrippe van God oor die mensdom se doen en late. Maar oor "hemel" en "hel" is die inligting daaromtrent uiters karig om die minste van te sê.
Wat ek van die "hel" vanuit die Bybel wys word is dat dit 'n ewigdurende vuur is waarin ewig lewende "verlores" gaan ly vir hulle "sondes" in 'n onbekende gebied in die hemelruim.
Wat ek van die "hemel" vanuit die Bybel wys word, is dat alle "geredde" ewig lewende mense, sonder seksdrange, verewig die Here gaan aanbid voor sy troon met musiek en harp op 'n glas see in die teenwoordigheid van engele en ander eienaardige goddelike monsters. Werk is onnodig want die mensdom het nie meer nodig om aan die lewe te bly deur kos te verorber nie. Of almal jonk gaan voorkom is ook nie in die Bybel duidelik nie. Afgestorwe "geredde" kinders en babas, of hulle so gaan bly, is die Bybel oor swygsaam.
Dat die mensdom na 'n iets strewe (hemel), waarvan hulle eintlik so te sê niks van weet nie, is om oor te verwonder.
Nee man, Jaco.
Waar het jy gehoor die hel is in 'n onbekende gebied in die hemelruim? Jou posisie daarvan spreek van onkunde. Volgens die opinie van die Hebreeuse en Griekse geleerdes kom "Sheol" 65 keer in die Ou Testament voor en "Hades" 11 keer in die NT. Dit verwys egter nie na die hel, graf of put nie. Volgens my word die gees bewaar in die doderyk, terwyl die vlees (wat deur seksuele drange geteister was) na die graf gaan. Aanduiding is veel eerder dat die hel aangetref word binne in die aarde (Job 7:9).
Volgens my word "Gehenna" (NT) eerder vertaal met "'n ewige brand" van die goddelose of "poel van vuur". Matt 5:29,30 blyk interessant, dit praat van siel en liggaam wat daarheen gaan.
Gehenna word 12 keer na verwys in NT, veel meer as jou sekspraatjies. Dit dien as waarskuwing.
Deesdae ontstaan die vraag egter in my binneste: hierdie verwysing na die "wurm wat nie sterf" nie, is dit nie dalk die wroeging van my siel, hier op aarde, en die goddeloosheid van my liggaamsdrange, wat soos 'n verterende vuur in my binneste kook ...
Jy gaan egter nie veel kommentaar vanaf gelowiges hieroor vind nie. Hul studies gaan veel meer oor die vrymakende krag van Jesus Christus wat oor die hel en goddeloosheid triomfeer en vir die mens wat hy gemaak het, soos jy, uiters lief is.
Wanneer ek en jy voor Hom staan, is ons gelyk in waarde. Ongeag ons tekortkominge. Jou sonde nie groter as myne nie. Hy weet ons is net mens. Ken ons daaglikse stryd. Daarom het Hy klaar betaal vir sondes, alles is afgehandel. (Rom 8:1,2) Ons moet net die regte KEUSES daartoe maak.
Trienie: Kry gerus vir jou nog 'n boek.
Trienie
Lank laas van jou verneem. Goed om jou weer op dreef te sien.
Jy mis die punt geheel en al. My respons gaan nie oor die aantal wat kere die woorde gehenna; sheol of hades in die Bybel voorkom nie, of die OPINIES (geen feite) van geleerdes, soos jy dit voorstel, nie, dit gaan oor die karige inligting in die Bybel oor wat hel behels en waar hel is, en die het jy nie beantwoord nie. Die hele inhoud van jou bewoorde waarneming van hel is in die vorm van spekulasie, veral deur herhalend te sê: "volgens my" wat geensins gesaghebbend is nie.
Dit is opvallend dat jy niks oor die "hemel" te sê gehad nie, dus moet ek aanvaar dat jy met my eens is dat dit te bewonder is dat die mensdom strewe na 'n iets waarvan hulle omtrent niks van weet nie. (my laaste sin in my vorige respons).
Hemel en hel is religieuse konstruksies en bestaan net in die menslike verbeelding.