Ek het al in Afrika rondgekuier en gewerk. Ek is hier gebore en het hier mens/groot geword.
Ek voel onrustig oor die huidige stand van sake en politieke klimaat in die land. Met die oog op die komende plaaslike regeringsverkiesing raak ek meer kriewelrig en ongemaklik.
Om na meningspeilings en marknavorsing te kyk is seker 'n aanduiding wat in die toekoms kan of gaan gebeur. Volgens die statistieke wat op die TV gewys word gaan die huidige regering bietjie swaarder trek as vorige verkiesings.
Wat my bekommernis in die hele aangeleentheid is, wat gaan die huidige regime doen indien hulle die groot metropole soos bv Port Elizabeth, Johannesburg, Pretoria en miskien andere in die verkiesing gaan "verloor". Ek vra dit omdat ek sien wat tans oa by die Essabiesie gebeur. Die regime steur hulle nie aan enige "demokratiese" proses of uitslag nie. Potchefstroom is vir my 'n sprekende voorbeeld wat kan gebeur.
Wat kan ons te wagte wees indien die regime houvas op die gebiede kan verloor? Gaan dit gelate aanvaar word, of kom hier iets wat niemand voorsien nie?
Tyd sal leer, maar hier kom 'n ding en dit is nie modder nie.
Reusedwerg


Kommentaar
Ek vir een glo nie om eiers te tel voordat hulle gelê is nie.
Jaco, gesien in die huidige situasie waarin ons land verkeer, is dit maklik om die kuikens te tel voordat die eiers gelê is. Die sosiale, maatskaplike en ekonomiese manipulering van ons land is duidelik sigbaar. Selfs ek kom dit agter wat in die land aan die gang is. Ek is soos 'n vark in Palestina. Die moeilikgeit kom vir die lot wat dit die minste verwag. Ons moet hier bly, dit gaan nog moer lekker raak.
Reusedwerg
Dankie vir jou respons. Ek neem kennis, met waardering, van jou gevoel oor die saak.