Kommentaar

Gays en die kerk

Jaco Fouri 2016-10-04 Nou wat wou! Hierdie kleinletter tussen hakkies "christen" FC Boot maak aanhalings tussen ek en 'n ware Christen, nl Kobus de Klerk heeltemal uit die bloute en buite verband, ooglopend nie om enige positiewe bydrae tot die onderwerp onder bespreking te ma

’n Reuse-raaisel

F C Boot 2016-10-04 Ai Angus Maklikste antwoord tot dusver. Ek was deel van die geslag en het selfs saam met maats donkiejare gelede deelgeneem aan 'n kompetisie van wie die meeste latjies in 'n kwartaal kon kry. Elke latjie is sorgvuldig aangeteken van verneuk was daar ni

Gays en die kerk

Pieter Reyneke 2016-10-04 Johan Claasen, ek gaan jou 'n storie vertel om jou vrae te beantwoord. Daar is mense wat glo, die geloof het, dat as 'n swart kat jou pad kruis dan gaan een of ander bose ongeluk jou tref. Hulle glo dit omdat dit van geslag tot geslag as 'n waarheid ver

"Gone" by Edmund Meyer

Marius 2016-10-04 As dit my seun was wat hierdie noodkreet geuiter het, sou dit my vaderhart aan flarde geruk het. Selfs as buitestander laat hierdie gedig my opnuut my verantwoordelikheid besef teenoor hulle vir wie ek verantwoordelik is. Om liefde te gee kos niks maar op

Die Jaco Fourie-paradoks

F C Boot 2016-10-04 Twak man. Jy lees maar verstaan nie. Die nuwe 'mens' is nie 'n nuwe biologiese mens nie, sy natuur bly nog steeds dieselfde, dit bly steeds 'n wedloop waarin jy kan uitval, soos jy en jou mede voormalige Christene uitgeval het, 'n wedloop waarin jy deur

Die Jaco Fourie-paradoks

Raed-na-Gael 2016-10-04 Jaco, Dis jý wat die toets dop. Jy het die semantiek hier "ingefaktor". Miskien moet jy jou semasiologie 'n aks of wat opknap, jy weet om 'n beter begrip van die Taal te verkry en sodoende van die Skrif.

Gays en die kerk

F C Boot 2016-10-04 Angus Daar is soveel historiese bewyse dat Christus bestaan het dat selfs jou mede-ateïs Jaco Fourie met jou verskil. Miskien moet ateïste eers Christus se bestaan onder jul self uitklaar voordat jy sulke stellings maak. Luister net wat 'n man soos Da

Gays en die kerk

Jakes 2016-10-04 Trixie, probeer jy sê dat ons die briewe van Paulus as geroepte Apostel van Christus behoort te ignoreer?

Gays en die kerk

Jakes 2016-10-04 Ag Trixie, lees tog maar die teks twee keer (of meer indien nodig) deur om seker te maak jy verstaan wat daar geskryf staan voor jy sommer so reageer.

Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal

Angus 2016-10-04 Een van die suksesvolste tale is Engels, omdat dit soos 'n spons wêreldwyd opsuig en aanpas. Kaaps en Afrikaans is ook sulke tale, maar Standaardafrikaans is soos 'n klip, hoofsaaklik so gehou deur taalpuriste. Weldra sal ons dit net in vervloë dae se l

Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal

Suzette Myburgh 2016-10-04 Die skrywer noem Kaaps die moedertaal van 3.4 miljoen mense, dis ongeveer die helfte van alle Afrikaans-huistaliges (syfers rofweg). Kaaps lyk dus na die grootste variant naas Standaardafrikaans.

"Gone" by Edmund Meyer

Stanhope Meyer 2016-10-04 Vanwaar is u? Wat 'n treffende gedig!

Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal

Wilhelm Fourie 2016-10-03 Geen Afrikaanssprekende kan onaangeraak wees na die lees van Adam Small se werke nie. Nogtans dink ek dat die aantal sprekers (3,4 miljoen) van Kaaps hier ongelooflik oordryf word. Is die Boland of selfs die Klein Karoo en Noordkaap skielik deel van die K

Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal

Sepp Prantl 2016-10-03 Ek stem saam met Le Cordeur oor moedertaal-onderrig. Sy respek vir Adam Small deel ek ook. Adam Small het (soos Le Cordeur dit noem) van Afrikaans (nie net van Kaaps nie) die taal van die struggle gemaak. Ek glo egter nie dat respek vir Kaaps as dialek t

Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal

Wilhelm Fourie 2016-10-03 Ada, ek stem saam. Die ideologiese weerstand teen 'n standaardvorm van Afrikaans is net so verkeerd soos die teenstand teen die Kaaps-dialek in die verlede. Laat ons tog Kaaps as 'n verrykende deel van Afrikaans beskou net soos wat Namakwalands of die dia

Persverklaring deur Johan Theron, prokureur, US-raadslid, uitgereik na Maandag 26 September 2016 se vergadering van die US Raad

Wilhelm Fourie 2016-10-03 Dankie, Johan! Dit is goed om te sien dat nie almal ruggraatloos is nie. Die verwydering van Afrikaans is 'n kulturele misdaad teen al die taal se sprekers. Indien dit iets goeds na vore bring is dit hopelik dat Afrikaanssprekendes oor alle grense heen sa

Gays en die kerk

Johan Claassen 2016-10-03 Christene wat steeds aan hiérdie gesprek deelneem, moet een ding besef en respekteer en daarmee laat gaan, want as mens so kyk tot waar die debat gevorder en nie gevorder het nie, kom daar 'n punt wat jy net jou tyd mors. Jy kan niemand laat glo al kwote

Persverklaring deur Johan Theron, prokureur, US-raadslid, uitgereik na Maandag 26 September 2016 se vergadering van die US Raad

Johannes Comestor 2016-10-03 Enigeen wat steeds dink dat die Universiteit Stellenbosch op die akademiese pad is en nie doelbewus en openlik en amptelik teen blankes diskrimineer nie, kan gerus die dokument oor toelatingsbeleid lees. Die US wil ongelykhede regstel en diversiteit bevor

Die religieusiteit van J.C. Smuts met verwysing na Holism and evolution

Margot Huysamer 2016-10-03 Ek dink Jan Smuts was maar 'n produk van sy tyd net soos ons almal is. Hy moes maar bly by die "consciousness of the time", al het hy 'n bietjie anders oor dinge gedink en wyer ervarings gehad. Hy moes sy andersdenkendheid omhul in watter "geloof" gehee

Die Besoeker

Elsabe Bester 2016-10-03 Die skrywer het dit reggekry om deur raak beskrywings die karakters en ruimte sodanig in te kleur dat ek dit maklik gevind het om my daarmee te vereenselwig. Daar vind duidelike progressie plaas met 'n onverwagte,verrassende ontknoping wat genoeg aan my v

Uit die argief: 7 gedigte deur Hennie Aucamp

Natania Lourens 2016-10-03 Goeiedag Ek is dringend op soek na Sop vir die Sieke deur Hennie Aucamp. Baie dankie

In memoriam: Otto Jaekel Liebenberg (16 Augustus 1950 – 24 September 2016)

Dalena Coetzee 2016-10-03 Dis so besonders om hierdie pragtige huldeblyk te lees oor wat Otto Jaekel Liebenberg gedoen en beteken het vir ons Afrikaanse letterkunde en kultuur. Ons gesin het in Bainsvlei langs Frieda en Otto Jaekel (sy tante en oom) gewoon vanaf 1949. Frieda was

’n Reuse-raaisel

Angus 2016-10-03 Beste Jan, Jy kyk maar heel oppervlakkig na die onderskrif, want dit pas jou 1912-denke. Die eintlike seerkry lê in die fisiese beskadiging van die senustelsel. Die skade wat so ʼn pakslae veroorsaak duur dus lank nadat die fisiese pyn verdwyn het. Di

Gays en die kerk

F C Boot 2016-10-03 Wanneer ek skryf dat Jaco Fourie gebruik voorbeelde uit die diereryk om sy homoseksualiteit goed te praat en as normaal verklaar te kry, is dit nie uit die duim gesuig nie. Sien hieronder. Jaco Fourie, 2014-12-19 at 12:45 Kobus Ek is geensins despera

Gays en die kerk

Angus 2016-10-03 Beste FC Boot, Al aanvaar duisende Rabbis die bestaan van Christus, is dit nog geen bewys vir sy historisiteit nie. Ek het alreeds besin en tot die gevolgtrekking, deur middel van feite, dat Chistus slegs 'n karakter in 'n mitiese verhaal is. Daar is

Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal

Heidi Arbuckle 2016-10-03 Alle tale in die wêreld het variëteite van uitspraak en "lokale" woordgebruik. In ons eie land is bv Xhosa soos gepraat duskant en anderkant die Kei verskillend van wat die kind sal leer van "boek" of dan "standaard" Xhosa op skool. Self Engels in Suid-

In memoriam: Otto Jaekel Liebenberg (16 Augustus 1950 – 24 September 2016)

Ansie Cilliers 2016-10-03 Dankie Leana ek dink met heimwee terug aan NALN. Pragtige huldeblyk.

Gays en die kerk

Angus 2016-10-03 Beste Andre, Hoe moet ek weet hoe die heelal ontstaan het? Niemand weet nie. Onomstootbare en onbetwisbare feite is goeie leidrade vir aanvaarbare hipoteses en werkbare teorieë. Groete, Angus

Gays en die kerk

Pieter Reyneke 2016-10-03 Jakes, net soos wat jy vry is om die godsdiens van jou keuse uit te oefen, net so is gay mense geregtig om hulle keuse ten opsigte van godsdiens uit te oefen. Vir sommige gay mense is dit belangrik om te kan trou voor God en in die kerk van hulle keuse. D

Gays en die kerk

F C Boot 2016-10-03 Beste Trixie Jy verstaan die sondebegrip totaal verkeerd. Sonder die wet kan daar geen oortreding wees nie. Trouens na die 'beeld van God geskape' het oor die eeue een so ingewortel geraak en is net so verkeerd soos die gedagte van 'n son wat opkom en on

Die Jaco Fourie-paradoks

Jaco Fourie 2016-10-03 Julle dop die Bybeltoets, nou skuil en kibbel julle agter die taal.

Gays en die kerk

Pieter Reyneke 2016-10-03 Andre, lees asseblief op oor die Kode van Hammurabi. Hierdie wette is geskryf lank voor Die Bybelse verse geskryf is.

Gays en die kerk

F C Boot 2016-10-03 Jy verstaan verkeerd. Dit gaan nie daaroor nie. As Christus nie bestaan het nie sou daar nooit 'n Christelike kerk of 'n enkel Christen gewees het nie. Die het van die Joodse Rabbis amper 2000 jaar geneem om Christus se bestaan as een van hul groot profet

Kerke dop die gaytoets

Jaco Fourie 2016-10-03 Jy sê: "Alle rasse hoort dus nie bymekaar nie". Rasse dwarsdeur die wêreld is vinnig besig om oor 'n groot deel van die aardbol verstrengel te raak. Daar is geen manier, SA inkluis, dat dit ooit omkeerbaar gemaak sal kan word nie. Die Bybel sê alle me

Gays en die kerk

Pieter Reyneke 2016-10-03 Andre kyk hierna en/of lees en/of luister na die boek, Darwin's Dangerous Idea: Evolution and the Meanings of Life.

’n Reuse-raaisel

F C Boot 2016-10-03 En daar het Jan Rap nou net die reuse-raaisel opgelos.

Gays en die kerk

Pieter Reyneke 2016-10-03 Bert die Kode van Hammurabi is ouer as Die Bybelse tekste. Die Bybelse tekste of wette is verkt van die Kode van Hammurabi. "The Code of Hammurabi is a well-preserved Babylonian law code of ancient Mesopotamia, dating back to about 1754 BC (Middle Chrono

Gays en die kerk

F C Boot 2016-10-03 Beste Angus Dit het van die Joodse Rabbis amper 2000 jaar geneem om die bestaan van Christus te erken en as een van hul groot profete te beskou. Jy het ongelukkig nie 2000 jaar nie,nie eers 'n honderd jaar nie,dus tyd om te herbesin is hier. Dink so

Kopskuif: die ATKV as “ground control”

Ruby Flores 2016-10-03 Uitstekend. Kring 1 in Eden Sentraal Karoo sal soos al die hoofde oor Suid-Afrika ook groot baat vind. Doen so voort.

Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal

Ek 2016-10-02 Wie besluit dan wat Afrikaans is en wat is nie? Tog was die standaardvariëteit nie standaard voor 1925 nie . Daar was ’n besluit gemaak en Standaardafrikaans bevat tot vandag toe Engelse woorde wat verafrikaans was.
Top