Versprei

  • 1

Jy het vir my 'n mopaniesaad uit die
veld uit saamgebring
die smal skedel oopgebreek om die
kleine korteks te ontbloot 

om tussen my vingers dit fyn te vryf
aan my hande te ruik
uit te vra oor die gebruik
en te lei tot dié gedig

Wie weet, dalk
eendag
word dit gepubliseer en
vind sy weg na jou toe terug

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top