Taalstryd

  • 1

I Kombuis

Ek onthou donkerhoutkaste
oranje linovloer
vensterbanktamaties en
lug wat deur
gaasgordyntjies loer

'n tafel met vier stoele
'n draadloos en die
wekker met groot
syfers
waarop ons die tyd leer lees

terwyl sy stryk het ma gevra:
as iets baie rooi is..? bloedrooi
as iets baie blou is..? potblou
as iets baie geel is ..?

ons goudvisse wat om die beurt
Doepels en Otterjasie heet

 

II Raadsaal

Op skool en universiteit
het ek Engels leer lees en skryf
By die werk met stres en bewing
my tweede taal leer práát

in vergaderings wil ek ook 'n
stuiwer in die armbeurs gooi
maar wat as ek
epitome verkeerd uitspreek
‘n verkeerde tense gebruik
extinguish in plaas van
distinguish sê?

Hulle gaan vir my lag
dink ek is dom

so ek bly liewer stil

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top