Abrup

  • 4

Kwantumfisika   
word nanotegnologie
Ek sit die pot mis!

Is hidrobreking
die aarde se beroerte
en stil dood, later?

In een laaste vlaag
slaak die aandlug sag 'n sug
stil oor die rivier

Rank rivierriet roer -
rimpel watervlak – betrek
(reg geraai) ook ek

As sug gemáák is
nie spontaan nie – is sug klug
burlesk teater

Hul bespeel mekaar
hy speel haar soos `n kitaar
sy hom – soos `n drom

Hei blinkoog geitjie
jy – markasietborsspeld
uit toeka se tydjie

Dag kraaihoenderhaan
dag mossie – dagbreker – spreeu
Nag haas – vlermuis – uil

Toktokkie tokkel
die aardbol se ritmes
in morsekode

Toktokkie tik tyd
as metronoom, staccato
vir getye uit

Knoop-en-doop vir my
'n Afrika-wildehond
wit – swart – taan en bont

'n Selfoon het haar
uit dié lewe verlos
die kuberhemel in

Nie gevolge nie -
oorsake van apartheid
is wat tans oorbly

Wil jy my vertel
daar kom 'n mens te voorskyn
as 'n draak vervel?

 

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top