Johann de Jager

Eerste publikasie in België en Holland en vanaf 1969 tot 1977 in onder andere Dietsche Warande en Belfort Publikasies, Yang Kahier en ander. Sedertdien ook in Literator, Tydskrif vir Letterkunde, Contrast/New Contrast en die versamelbundels Mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, As die son kom oogknip, Vrede sluiten is wegen openen, Gebede vir die landskap (haikoes vir installasiekunstenaar Strijdom van der Merwe by KKNK 2008) en ander. Woon in 1993 die ATKV-skryfskool by die PU vir CHO by, en behaal Hons. in Skeppende Skryfwerk - Poësie/Prosa aan die Universiteit van Pretoria (1993). Debuut (saam met GJH Sauermann): Tandem, 1992.

 

Sy het gesê / Hy het gesê

Johann de Jager Poësie 2016-10-06

"My man
met hande soos huise
waarin ek kan vlug ..."

Abrup

Johann de Jager Poësie 2016-09-29

"Kwantumfisika   
word nanotegnologie ..."

'n Leserlose skrywer, reis

Johann de Jager Poësie 2016-09-07

"Amper bo, by Piekniekbos verby,
staan – dort oben wunderbar
’n solo rotskanteel
met ’n bekendheid
wat mens vaag verbeel."

Die rus is elders

Johann de Jager Poësie 2016-07-06

"Die windturbulensie laat fladder die posseël lug in.
Hy steek sy hand op, gryp agterna ..."

Gedig: In 'n vergange tyd

Johann de Jager Poësie 2016-03-30

"Onrus se skrywers/digters
is nomadiese landdiere
wat die see besit, daarop loop,
maar meesal net gebruik
as aanloopbaan vir opstyg
na die lug ..."

Met kitaar, kopdoek en baret

Johann de Jager Poësie 2016-01-04

Johann de Jager bring hulde met 'n Randall Wicomb-gedig.

Nat duiwe op ou grys geboue

Johann de Jager 2008-12-19 Kom ek gaan wys vir jou die son. Los alles wat gemuf is agter hier in die sat deurweekte Surrey-landskap van jou selfgekose ballingskap: visgrate in asblikke waar steegkatte snags kom aas; meeue, omgekeer in reënplasse gespieël; ...
Top