Gedig: In 'n vergange tyd

  • 2

En, in 'n vergange tyd
skryf 'n dilettant:
Onrus se skrywers/digters
is nomadiese landdiere
wat die see besit, daarop loop,
maar meesal net gebruik
as aanloopbaan vir opstyg
na die lug
om in hoër lig te sweef, en,
meer as om op terra firma,
wortels te grawe

as terrestriële diere, onder protes -
om menswees te oorleef.
En, jare na hul dood,
besoek die nou verloopte dilettant
hul woordheimat om 'n grondeis
namens pelgrims in te stel,
want, reken hy, na jare
is kaart en transport
van onder meer Onrus se strand,
nog steeds in Uys se naam;
hy, wat sielsdrif aanbetref,
intestaat die lug in is,
en Jan se Gat, die stukkie see
wat amptelik sy naam nou dra,
is `n pelgrimsbaak,
hier aan die Overstrand
van suider Afrika.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top