Skryfkompetisies
Skryfkompetisie: Eet my woorde
2021-12-06LitNet nooi jou uit om ’n gedig oor kos, of die tekort daaraan, te skryf en daardeur vir drie groot kontantpryse in aanmerking te kom. Die kompetisie het reeds gesluit.
Hier is die wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen
2021-07-23Kyk hier wie die gelukkige wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie saam met Fanie Viljoen is. Wenners ontvang elk R3 000 en ’n boekpakkie met die komplimente van Penguin Random House SA.
Persverklaring: Wen R10 000 in Storiewerf se skryfkompetisie!
2021-05-25Storiewerf, die webtuiste vir kinder- en jeugboeke en jong skryftalent, is vanjaar 21 jaar oud. As deel van die feesvierings word ’n Storiewerfskryfkompetisie aangebied. Hier is al die inligting. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Junie 2021.
Wenners van LitNet se vonkfiksie-kompetisie: Vuur in die argief
2021-05-24Hier is die wenners van LitNet se vonkfiksie-skryfkompetisie: Vuur in die argief.
Vonkfiksie-kompetisie: Vuur in die argief
2021-04-21Wen kontant met LitNet se vonkfiksie-skryfkompetisie: Skryf ’n storie van tien woorde met die titel “Vuur in die argief”, en kom in aanmerking vir pryse van R2 000, R1 000 en R500. Sluitingsdatum: Donderdag 13 Mei 2021.
LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen
2021-04-14As jy in die hoërskool is, kan jy R3 000 wen! Kyk na ons video, skryf jou indrukke daaroor neer en wen kontant of ’n boekprys. Die kompetisie sluit op 2 Junie 2021. Hier is al die inligting.
Persverklaring: Aantal jeuginskrywings in die AVBOB Poësiekompetisie skiet die hoogte in
2021-01-04’n Rekordgetal inskrywings is ontvang in die vierde jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie wat van 1 Augustus tot 30 November 2020 aangebied is. Dit vertel ’n gerusstellende verhaal oor die siel van Suid-Afrika.
Press release: Announcing the National Poetry Prize
2020-11-17New Contrast and Drift Estate Wines are excited to announce the National Poetry Prize. Closing date is 31 December 2020.
Wen R500 kontant! Wat beteken woorde vir jou?
2020-09-08Wil jy geld of boeke wen? LitNet wil weet: Wat beteken woorde vir jou in ’n digitale wêreld? Ons gee ’n kontantbedrag van R500 aan die beste inskrywing en LAPA Uitgewers sal vir drie deelnemers elkeen ’n boekpakkie stuur.
Valentynsdagkompetisie: Finaliste en wenner aangekondig
2020-02-20Lina Spies het die 64 inskrywings wat vir LitNet se Valentynsdagkompetisie ontvang is, beoordeel, en die vyf beste briewe, sowel as die algehele wenner, aangewys.
Valentynsdagkompetisie: Skryf ’n liefdesbrief aan ’n verlore of anonieme geliefde
2020-01-14Skryf ’n valentynsbrief aan ’n verlore of anonieme geliefde en kom in aanmerking om ’n boekpakkie met liefdesverhale te wen!
Vrouedag-skryfkompetisie – Clinton V du Plessis is die wenner!
2019-09-05"Na bykans 200 inskrywings en ’n uitdagende keuringsproses het ons ’n wenner! Clinton V du Plessis is aangewys as algehele wenner van LitNet se Vrouedag-skryfkompetisie."
Vrouedag-skryfkompetisie: Kortlys
2019-08-27LitNet se Vrouedag-skryfkompetisie – Hier is die kortlys van die beste inskrywings! Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Die wenner word Vrydag 30 Augustus aangekondig.
Vrouedag-skryfkompetisie: Guardian angel
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Poem by Danielle Robbertze:
"You were my guardian
Now let me try to be yours"
Vrouedag-skryfkompetisie: Anja, my inspirasie
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Christa van Staden: "Sy bou saam met die kleinseuns modderdamme, klim saam boom en lag as hulle vuil is."
Vrouedag-skryfkompetisie: kaalvoetvrou
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Albina Janse van Rensburg:
"Sy wat haar eie huis kan bou
met okerklei, kleurbottels en strooi,
geroeste skottels, stukkies glas"
Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Ode aan my man se vrou
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Sonja Smith: "Jou herinneringe leef in ons huis. Jy hang teen my mure. Jou foto’s praat, vertel my jy wou nie doodgaan nie ..."
Vrouedag-skryfkompetisie: My standerd twee juffrou in 1969
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Annalie Strauss-Nel: "Sy praat steeds met ’n harde, goed gemoduleerde stem waarin jy nog die Juffrou van jare terug kan hoor."
Vrouedag-skryfkompetisie: Erfgoed
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Ester October: "Lipstick moet oral saamgaan, al vergeet sy meeste van die tyd om dit aan te sit. Sy neem nie meer deel aan gesprekke nie en bly besig met haar eie kop ..."
Vrouedag-skryfkompetisie: A woman I can remember
2019-08-25LitNet se Vrouedag-kompetisie – Poem by Johan du Plessis:
"My name is me
And unless you are kind to rogues,
I shall die soon"
