Vrouedag-skryfkompetisie: kaalvoetvrou

  • 2

Ek kyk op na haar … innervrou,
Sy wat haar eie huis kan bou
met okerklei, kleurbottels en strooi,
geroeste skottels, stukkies glas
ook mooi.

Sy het rouklei gaan haal in die vlei,
getrap en gesweet, want
Sy weet wat sy weet wat sy weet
beplan en gebou aan die Woordhuis
haar eie kapel, eie houtkruis.

Sy skroom ook nie om
op karton, iets neer te griffel,
en op te som, ’n stukkie papier
of in die sand,
hou sy die uitdading  in stand.

Na-nag in die vaaglig van die lamp
terwyl sy die woorde een-een
regskuif, orden en wegstamp
pen en papier van digtersgeduld
druk sy dit in plek
en betaal sy so haar digterskuld.

Haar amp is besonders
sy werk vele wonders
met dier, reptiel en kader
inwendig, haar geroepe plesier
direk vererf van haar Vader.

Mense se geite verdra sy stil
want hierdie vrou het ’n ysterwil
gee haarself nooit uit aan rumoer
luister sy eerder na duifgekoer.

Wie is jy, lenige, skugter vrou?
kaalvoet, met haar ridder getrou!
maar wie is jy werklik?
en hou jy, soos ek, van jou?

Ver in die vertes is sy nou
met afstand aangehou bou
aan die kuns en kultuur van
haar Vaderland, al het sy ons
met haar wegwees geknou.

Waardes kry sy binne
maak sy haar rympiesinne
sorgvuldig, elke woord
gekies en gekeur
voor sy die pen se punt
noukeurig vorentoe beur.

Sy is vir my ’n spesiale vrou
haar naam is … Ilse van staden
haar pen het ook al pryse gewen
Sy is die vrou wat ek onthou …

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Cornelis Potgieter

    Jy brei die ROU. Klei MEESTERLIK en vorm dit soepel-behendig tot n Meesterwerk IN Taal en Sin, TOT SINN!!

  • Hi Cornelis, is hierdie die regte plek om te gesels oor die kommentaar? Ek en jy? en, is die kommentaar vir almal om te sien? Vergewe maar, ek is glad nog nie vertroud met die blad nie, wil nou nie myself buite orde plaas nie!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top