SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |
Follow and join the ongoing conversation on South African schools.
WhatsApp as ondersteuningsplatform: ’n onderhoud
2019-08-05"In Suid-Afrikaanse staatskole is dit nie ongewoon dat leerders in ’n derde of vierde taal onderrig word nie."
LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap
2019-07-30Remona Voges het met ’n musiekonderwyser, Darius Erasmus, gesels om uit te vind wat effektiewe leierskap in Suid-Afrikaanse skole vir hom beteken: "Die genot lê in gelukkige kinders. 'Only if they keep the teacher happy.'"
Skoleseminaar: Elda de Waal reageer op die TALIS-navorsingstudie
2019-07-11Elda de Waal reageer op die Teaching and Learning International Survey (TALIS) se bevindinge oor veiligheid, ongelykheid en die algemene toestand van Suid-Afrikaanse skole.
Suid-Afrikaanse skole so onveilig soos Suid-Afrikaanse strate
2019-07-09"Suid-Afrika verdien ’n beter onderwyssisteem!"
Afrikaanse Taalraad trek jeugdiges saam in Jeugmaand
2019-06-20"Die leerders is geïnspireer om Afrikaans te koester as deel van hul identiteit en erfenis, hulle daarin uit te leef en nie skaam te wees oor die soort Afrikaans wat hulle praat nie."
Watwou “vergunning”! Afrikaans bied dalk juis ’n oplossing in skole!
2019-06-11"Die omvang van hierdie krisis behoort diegene wat die belange van kinders voorop stel, uit hul polities-historiese bekgevegte wakker te ruk en te laat soek na werkbare oplossings vir skole, eerdat nog ’n generasie kinders so te sê ongeletterd die werksmark betree."
Onderwys: die ANC-regering se grootste mislukking die afgelope 25 jaar
2019-06-04"Hoe is dit moontlik dat nieteenstaande die feit dat elke president sedert 1994 belowe het om onveilige skole uit te skakel, leerders nog steeds in puttoilette verdrink?"
Is vennootskappe die antwoord op die land se onderwysprobleem?
2019-04-01"Die opvoeder wat Engels Tweede Taal aanbied sit byvoorbeeld met meer as 90 leerders in sy klas en soms moet die leerders selfs hul eie toetse nasien. Hy het eenvoudig nie die tyd en hulpbronne om kwaliteitonderrig aan al sy leerders te gee nie."
#SansSouci: ’n Gesprek met ’n oudonderwyser oor wat onderwysers én kinders nodig het
2019-02-14"Kinders benodig meer as net fisiese dinge soos kos, klere en ’n dak oor hul kop. Suid-Afrikaanse kinders smag na emosionele ondersteuning."
Kô proe, wan soe smaakie Souci!
2019-02-11"Soe, los maa vi education en gat maak jou ʼn sportswinkel of ʼn boxing parlour oep, wan djy het ʼn geweldige swing, Juffrou."
Suid-Afrika se onderwys is ’n “katastrofiese mislukking”
2019-02-08"De Klerk sê dit is ’n nasionale skande dat Suid-Afrika die mees ongelyke land ter wêreld is en nie daarin kon slaag om ongelykheid suksesvol aan te pak nie. Een van die dryfvere vir die toenemende ongelykheid is volgens hom die uiters swak skoolprestasie van die meerderheid Suid-Afrikaanse kinders."
Suid-Afrikaanse skole: hoe kan dit beter werk?
2019-01-31"’n Honger kind kan nie leer nie; nie in Afrikaans nie en ook nie in Engels nie."
Kan ons nou ’n slag oor die ding van ras kom?
2019-01-14"Maar ten spyte van die negatiwiteit rondom sulke gevalle bied dit telkens aan ons ’n geleentheid – ’n geleentheid om op te hou om weg te hardloop daarvan om ons blinde kolle oor die aangeleentheid aan te spreek ..."
Rolspelers in die onderwys in gesprek: ’n Uiters suksesvolle nasionale beraad
2018-11-29"Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op 9 en 10 November 2018 verskeie rolspelers in die onderwys genooi om te besin oor maniere om saam te werk en nie onnodig te dupliseer nie."
Ongelykheid in skole, en hoe blind almal daarvoor is
2018-10-17"As niemand hul blinde kolle wil erken nie, hoe gaan ons die prentjie verander in die belang van ons almal se kinders?"
In die greep van geweld!
2018-10-01"Geweld in Suid-Afrikaanse gemeenskappe is niks nuut nie. Dié dade van geweld in gemeenskappe spoel dikwels oor na die skole, waar die vetes tussen bendes en dwelmbase voortgesit word."
’n Respons op Wouter Gildenhuys se ope brief aan Phumelele Buthelezi oor die toekoms van Afrikaans in skole
2018-07-12"Ek glo die antwoord op al hierdie vrae is ’n nuwe Afrikaans, ’n nuwe vak met ’n nuwe uitgangspunt."
Die beginsels van die kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) – en hoe dit in alle vakke moet neerslag vind
2018-06-21"Die nuwe geslag moet juis so opgevoed word dat hulle bestaande lewensbeskouings krities kan beoordeel ten einde vir hulself te kan besluit. Dit is trouens een van die beginsels van die nuwe kurrikulum wat sedert 2012 gevolg word."
Ope brief aan Phumelele Buthelezi, vakadviseur KwaZulu-Natal: Die toekoms van Afrikaans op skool
2018-06-20"Waarom word daar nog onderskei tussen Huistaal-leerders en Eerste Addisionele Taal-leerders op skole? Dié praktyk is in wese elitisties en eksklusief en dit skep net verdeeldheid!"
Eenders en anders: Nederlandse en Suid-Afrikaanse skole
2018-05-10In ’n onlangse artikel op Voertaal skryf Ingrid Glorie dat dit nie goed gaan met die Nederlandse onderwys nie. Naomi Meyer het met Jente Rhebergen, wat nagraads in Nederlands en Afrikaans studeer het en onderwyseres aan ’n Montessoriskool in Nederland is, oor die stand van die Nederlandse onderwysstelsel gesels.
