Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
’n Perspektief by die lees en interpretasie van die Oudgriekse mites (deel 2)
2018-02-05"Daar bestaan al ’n omvangryke korpus van weergawes, veral in Engels, van die verhale uit die Oudgriekse mitologie. En die meeste daarvan is ook ryklik in kleur geïllustreer deur óf afdrukke uit bewaar geblewe antieke vaasskilderinge of ander realia, óf wat die skeppinge is van moderne kunstenaars, vir wie die veld so verleidelik wyd is soos die oorgelewerde materiaal self."
Waterkrisis ‒ ’n Mening in krisistyd: Die verantwoordelikhede (en verantwoordbaarheid) van die staat voortvloeiend uit die publieke-trusteeskap-beginsel
2018-02-01"Ten tweede is die oënskynlike gebrek aan daadwerklike en proaktiewe optrede deur die nasionale regering ten aansien van waterregulering in Kaapstad ’n groot vraagstuk."
Nalatenskappe
2018-01-29"Berus ’n persoonlike nalatenskap noodwendig uitsluitlik op eksterne persepsies, waarnemings en interpretasies van die lewenstyl, waardes, beginsels en werksprestasies van ’n persoon? Hoe geldig is sulke interpretasies van ander se nalatenskappe?"
’n Perspektief by die lees en interpretasie van die Oudgriekse mites (deel 1)
2018-01-29"Die Oudgriekse mites tel onder die mees komplekse, fassinerende en interessantste vertellinge wat ooit mondelings geskep, oorvertel en later op skrif gestel is."
Gaan ons uiteindelik ’n/die Derde Afrikaanse Taalbeweging beleef?
2018-01-25"Hierdie beweging sal wel moet uitgaan van die jonger Afrikaanse gemeenskap. Die ouer gemeenskap is te besmet deur die geskiedenis en hulle sal moet terugstaan."
Seks, kuns en die waarheid
2018-01-23"En tog ondersteun ek ’n beweging soos #MeToo of Hollywood se Time's Up-veldtog of die massiewe vroue-optogte die afgelope naweek oral in die VSA, want dit maak dit vir miljoene vroue moontlik om te begin droom dat ons ten minste die toekoms kan verander."
Onteiening sonder vergoeding: voorvereiste vir suksesvolle grondhervorming of populisme?
2018-01-18"Wat behels onteiening? Wat is die wesenselemente daarvan? En wat is die grondwetlike en ander – verreikende – implikasies van so ’n stap?"
Johannes Calvyn (IV)
2018-01-17"Calvyn het nie lank genoeg gelewe om te sien hoe sy insigte internasionale erkenning gekry het, en selfs ’n beweging van sy eie geword het nie."
#ANC54: Cyril Ramaphosa en die top-6
2017-12-19"Cyril Ramaphosa se verkiesing as president van die ANC was eers (net vir ’n paar minute) goeie nuus voor dit skielik versuur het toe dit duidelik word dat hy verswak is deur die verkiesing van drie Zuma-makkers tot die top-6-posisies van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK)."
#ANC54: 'n Hele halwe heling
2017-12-19"En dit is hoe Suid-Afrika is. Helfte-helfte. Nooit heel nie. Nooit die beste nie, het Jan Smuts van ons demi-monde gesê, en nooit die slegste nie. Soos radioaktiewe verval het ons ’n halflewe op pad na ons eie verderf wat ons, soos die goeie, nooit heeltemal haal nie."
#ANC54: Cyril the Silent
2017-12-19"For now it’s business as usual for the captured state. Ramaphosa will have to tread softly at least until the 2019 elections."
#ANC54: Die gifbeker voor die triomf
2017-12-19"Wie het rose en maanskyn op die 54ste ANC-leierskapkonferensie verwag? Wie’t gedink die Zuma-kontaminasie sou op die 54ste ANC-leierskonferensie uitgeroei wees?"
#ANC54: Cyril Ramaphosa is die nuwe leier van die ANC
2017-12-18"Die Zuma-kandidaat, Nkosazana Dlamini-Zuma, is verslaan – ’n reuseslag teen korrupsie, want met Cyril het ons ’n kans dat die regerende party van binne af sal skoonmaak. Maar hierdie onbetwisbare seën bring ook sy eie vloek."
Geskiedkundige konferensie oor Afrikaans in die Noord-Kaap
2017-12-13"Dit is herhaaldelik beklemtoon dat dit noodsaaklik is om alle sprekers te oorreed om eienaarskap te neem van húlle Afrikaans en weg te doen met die beeld van Afrikaans as die taal van die onderdrukker wat deur enkelinge in ivoortorings gebruik word."
Johannes Calvyn (III)
2017-12-01"Calvyn het ’n fyn lyn betree tussen die rol van die godsdiens en die gemeenskap en die regte van die staat waarin daardie gemeenskap hom bevind. Calvyn was van mening dat die Bybel hier geen bloudruk vir die mens gee nie."
Kaaps: deel van die standaard?
2017-12-01"Met ons gebrek aan gestandaardiseerde taalnorme en -reëls, hoe kan ons akademies voortbou en Kaaps as onderrigtaal in skole implementeer? As ons kyk na die diverse en invloedryke nalatenskap van hierdie simbiotiese taalvariëteit van Afrikaans, behoort ons onsself vir ons nalatigheid teenoor Kaaps te skaam."
Zimbabwe sonder Mugabe: Wat nou?
2017-11-30"Kan ’n Krokodil in byvoorbeeld ’n Krismisboom verander?"
Zimbabwe: ’n oorsig
2017-11-23"Mnangagwa is strydig met die Grondwet in die plek van Mugabe deur Zanu (PF) as president aangestel. Die Grondwet bepaal dat die ander visepresident, Mphoko, as president moes waargeneem het en dat ’n nuwe verkiesing binne 90 dae gehou moes word. Hierdie oortreding van die Grondwet is nie ’n goeie begin vir die nuwe bewind nie."
Die naderende dood van queer-rolprentkuns: die LGBT-films by die Cape Town International Film Market & Festival (CTIFMF)
2017-11-09"Film is maar altyd ’n soort spieël, en die afwesigheid (in meer as een opsig) van queer by die LGBT-films op die CTIFMF – wat in bykans dolleë ouditoriums vertoon is – is nie toevallig nie. Net soos dit ook nie toevallig is dat die beste queerfilm wat op die fees gedraai het se titel Screwed is nie."
Oor Afrikaans en sy veelbesproke voortbestaan: ’n mening
2017-11-08"Natuurlik sal Afrikaans nie uitsterf voordat die laaste spreker daarvan nie gesterf het nie, en solank dit nog nie gebeur het nie, sal variëteite van Afrikaans ook bly voortbestaan."
