Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Martin Luther herdenk na 500 jaar: deel 1
2017-06-01"Martin Luther was die absolute stigter en grondlegger van die Duitse Christelike kerkhervorming en ook die seminale figuur wat die dwalende Rooms-Katolieke Kerk uit die Donker Middeleeue na die ware oorspronklike evangeliese lig gelei het."
Is skrywers se outeursregte in gedrang?
2017-06-01"Sinvolle outeursregwetgewing, en die effektiewe toepassing daarvan, is van sentrale belang vir die gesonde funksionering van die uitgewersbedryf, ’n bedryf wat toegespits is op die maak van boeke en die kweek van ’n sterk leeskultuur."
Do the coloured people have a culture?
2017-05-12"And we must give guidance to our young people, who have many questions and feel that our culture – and, indeed, our people – are marginalised and maybe even oppressed by the majorities."
Die eksklusiwiteit van kontemporêre evangelikaalse spiritualiteit in Suid-Afrika
2017-05-10"Jy is óf 'vir oom Angus' óf jy is 'teen oom Angus'. (En bewaar jou as jy teen oom Angus is, want oom Angus is uitgesproke daaroor dat God aan sy kant is.)"
Die fundamentalisme van Angus Buchan en sy kritici: Oor die armoede van die Afrikaanse godsdiensgesprek
2017-05-03"Kan dit wees dat Buchan se byeenkoms(te) juis deur veral Afrikaners in sulke groot getalle bygewoon word omdat soveel Afrikaners se eie verstaan van kerkwees en die ryk liturgiese lewe van die Kerk so arm is?"
Koors deur Deon Meyer, 'n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-04-27"Die mantel van spekulatiewe fiksie bied Meyer wel die vryheid om te speel met groot idees soos dat die drastiese verlaging van die menslike bevolking sal help om die aarde se biosfeer te herstel. Maar Koors ondersoek ook die komplekse verhouding tussen die mens en die natuur, die fyn balans tussen beskawing en animalistiese aard en die mens se reg op die aarde se hulpbronne."
He “brightened the corner”: decolonial AC Jordan and the quest for an equitable education system in apartheid South Africa
2017-04-12“The value of decolonial thought lies in that it seeks to demolish narrow Eurocentric universalism of epistemologies; it elects to install pluriversality that recognises other knowledges in their loci of enunciation.”
Daai een dag in April
2017-04-12"Dit dreun deur die strate. Zuma must fall, Zuma must fall, Zuma must fall. Later klink die refrein so gemaklik in jou eie ore dat jy amper begin glo dat dit kan gebeur."
Standpunte oor menslike reproduktiewe kloning: ’n verkenning en samevatting van die literatuur
2017-03-31"Die doel van hierdie artikel is om ’n bondige en ’n ewewigtige oorsig van die beskikbare en tersaaklike literatuur, insluitende standpunte, navorsingsbevindings, argumente en gevolgtrekkings, oor menslike reproduktiewe kloning (MRK) saam te stel, sodat die noodsaaklike narratief oor hierdie uiters relevante onderwerp sinvol en objektief verder gevoer kan word."
Akademici gesels ’n hond uit ’n bos
2017-03-28"Kort voor die Paasnaweek kom ’n groep van sowat 20 navorsers wat op die terrein van mens-dier-studie werksaam is by die Universiteit Stellenbosch byeen om hul jongste navorsingsresultate oor honde in die Suider-Afrikaanse literatuur voor te lê."
Ons kom van vêr: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-03-23"Ons weet dat taal, enige lewende taal, aan ’n gedurige verandering onderworpe is; dat dit, om met Bakhtin te praat, in sy wese 'karnavalesk' is, bont en middelpuntvliedend aan die beweeg, sonder te veel bekommernis oor reëls en voorskrifte."
Onvergeetlik, of grensverskuiwend?
2017-03-20"Is ’n onvergeetlike teaterervaring altyd ’n genotvolle ervaring? Is ’n genotvolle teaterervaring altyd ’n onvergeetlike ervaring? Is ’n onvergeetlike teaterervaring altyd ’n grensverskuiwende ervaring? Is ’n grensverskuiwende teatergebeurtenis altyd ’n onvergeetlike ervaring?"
Emily Hobhouse (1860–1926) en haar biograwe: US Woordfees 2017
2017-03-16"Elke generasie stel nuwe vrae en het ander belange; elke biograaf sal daarom vanuit die kennis en ervaring van ‘n bepaalde eie tyd ‘n ander beeld van daardie persoon ontwerp."
Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak, wat om te verwag
2017-03-14"Haatspraak sluit sonder twyfel ook die gebruik van enige sosiale media, soos Facebook of Twitter, in. Die kommunikasie moet egter ’n bepaalde karakter toon: óf dit moet haat teenoor die slagoffer aanwakker, óf dit moet afdreigend, afbrekend of beledigend teenoor die slagoffer wees."
Oh wide and sad land: Adam Small vertaal NP Van Wyk Louw
2017-03-09"In 1975 verskyn Adam Small se vertalings van ’n keur uit NP Van Wyk Louw se gedigte as Oh wide and sad land. Dit is nog steeds die omvattendste versameling gepubliseerde vertalings uit Louw se oeuvre."
Moet ons bang wees vir vals nuus?
2017-03-07"In die sogenaamde postwaarheid era sal goeie joernalistiek steeds feite as heilig moet beskou om uit te styg bo die droesem van vals nuus. Maar feite alleen is nie genoeg nie. Net die waarheid, en niks minder as die waarheid nie, sal deug."
LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus
2017-03-01"Kaaps in fokus gaan ten slotte oor mense, want '[d]ie soppangheid van Kaaps is in die laaste instansie nie net ’n linguistiese kwessie nie, maar wesenlik een van die waardigheid van alle sprekers van Afrikaans' (Willemse, 81). En dit is juis hierdie kenmerk van Kaaps in fokus wat dit so ’n tydige en relevante publikasie maak."
Emily Hobhouse: Onthou ons steeds net die “Madonna”?
2017-02-09“Die dag toe ek, soos ‘n snuffelhond, die spoor van Emily Hobhouse geneem het, was die ellende van die Anglo-Boereoorlog juis nié my fokus nie.”
LitNet Akademies-resensie-essay: Broedertwis deur Albert Blake
2017-01-25"Broedertwis word gekenmerk deur die helder betoog wat Blake uit ’n magdom gegewens opbou, sonder om ooit sy hooftema uit die oog te verloor: die konflik tussen Christiaan de Wet en sy jonger broer, Piet de Wet, tydens die Anglo-Boereoorlog wat hulle vervreemding veroorsaak het en nie ná die oorlog tot versoening gelei het nie."
Heinrich Schliemann, opgrawer van Troje en Mukene
2017-01-23"Die verhaal van Heinrich Schliemann se ontdekking van Homerus se Troje waar die Trojaanse Oorlog hom afgespeel het in die 12de eeu vC (tradisioneel 1193 tot 1184 vC), lees soos ’n roman."
