Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Kerk benodig ’n paradigmaskuif oor gays
2016-11-03"Die buitengewone Algemene Sinode-sitting van die NG Kerk vind volgende week (7–10 November) plaas. Een van die belangrike sake wat bespreek gaan word, handel oor selfdegeslagverhoudings."
’n Juridiese evaluering van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Internasionale Strafhof
2016-10-25Dit is in die nuus dat Suid-Afrika besig is om hom aan die internasionale strafhof (IS) te onttrek. Ruan Coetzee het 'n navorsingsverslag geskryf oor die noodsaak daarvan dat state tot hierdie hof behoort.
Oor Bob Dylan en sy Nobelprys vir letterkunde
2016-10-19"Die geringskatting van Dylan lyk vir my egter meer na ’n vorm van snobisme as oorwoë literêre kritiek."
Persverklaring: Hendrik Theys en Ria Olivier reageer op "gesamentlike persverklaring"
2016-10-14"Ons kan ook nie, soos in die persverklaring gemeld, erkenning gee aan die bestaan van enige ‘strewe’ in die taalbeleid om spesifiek sosio-ekonomies benadeelde Afrikaanssprekendes te akkommodeer nie."
Die onmisbaarheid van die Engelstalige pers se beriggewing en redaksionele kommentaar as bron oor die Zuid-Afrikaansche Republiek se geskiedenis
2016-10-04"Net soos die Engelstalige pers se beriggewing uiters belangrike lig werp op voorheen onvolledig verklaarde omstrede gebeure in die Zuid-Afrikaansche Republiek, is die benutting van dié pers se redaksionele kommentaar ook onontbeerlik vir ’n behoorlik gebalanseerde begrip van die kompleksiteit van die stemregvraagstuk."
Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal
2016-09-29"As ons sê – en dit word wêreldwyd erken – dat jou moedertaal die mees effektiewe manier van leer is; en as ons sê dit geld vir Engels en vir Afrikaans en vir Duits en ... en ... dan geld dit ook vir Kaaps."
Afrikaners kan net hulself blameer vir die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal aan universiteite
2016-09-22"Soos die geval is met die lees van die Handves van Menseregte, so is dit met die Afrikaner se benadering tot die geskiedenis én met sy geheue. As ons Heunis moet glo, is dit 'gek om dit wat histories skeefgeloop het, voor die deur van ’n taal te lê'. Afrikaans, in hierdie groteske manifestasie van selektiewe geheue, het blykbaar niks te doene gehad met dit wat 'histories skeefgeloop' het nie."
LitNet Akademies-resensie-essay: 1795 deur Dan Sleigh
2016-09-21"Dit is ’n ryk roman wat eintlik 'in mondjesmaat' gelees moet word om die fyn afwerking van besonderhede en formulering tot sy reg te laat kom."
LitNet Akademies-resensie-essay: 'n Hunkering se grein deur Johann de Lange
2016-09-15"'n Hunkering se grein is 'n veelkantige bundel en plaas telkens die fokus op 'n verdere aspek van die mens en sy pyn en eensaamheid."
Hoe goël Goties in Afrikaans?
2016-09-14"'Goties' impliseer spitskatedrale met klipbeelde van spuierduiwels, spookgeteisterde herehuise met krakende trappe en nokke vol vlermuise. Europese skadulandskappe met min daglig. Hoe akklimatiseer dit in sonnige Suid-Afrika?"
Kô laat ons sing vi’ Small se Hertzogprys
2016-09-14"Dis ʼn straight en diep taal vannie mense
waar hulle in gebore word en eerste kwyl
en dan allie transactions van hulle lewe in beklink ..."
Uit die argief: Bonaventure Hinwood se see en land
2016-09-13Johann Lodewyk Marais het hierdie rede by die bekendstelling van Bonaventure Hinwood se Seevlak tot savanna in 2008: "Hy, meer as talle groot kokkedore in die Afrikaanse letterkunde, het dit vir my die moeite werd gemaak om in hierdie digterlike tradisie te probeer voortwerk."
Die universiteitswese en moedertaalonderrig: regverdige grondwetlik-gefundeerde aansprake
2016-09-09"Die bitter ironie is dat ons hierdie besluite te danke het aan mense wat behoort te weet dat moedertaalonderrig die beste onderrig is. Die groter ironie, die tragedie, is dat hulle Afrikaanssprekendes is."
Suid-Afrikaanse universiteite: Nie alles is verlore nie
2016-09-06"Suid-Afrika kan dit beswaarlik bekostig dat sy universiteite heeltemal oor die afgrond tuimel. Die gevolge is eenvoudig te senutergend om aan te dink."
Leë wit ruimtes en die politiek van nostalgie
2016-08-23"Dis tog sekerlik ‘n perverse keuse om in Afrikaans te wil skryf oor ‘n wêreld wat groter is as Suid-Afrika, dit wil sê in ‘n klein minderheidstaal wat net hier gepraat word, wat in ‘n onmoontlike politieke posisie verkeer en net ’n handvol lesers oor het."
Dank die hemel vir die Afrikaanse media
2016-08-17Ed Herbst skryf oor ondersoekende joernalistiek in die Suid-Afrikaanse medialandskap.
The end of an era – farewell ANC dominance?
2016-08-11"Unperturbed by local-level drama, almost as if local elections 2016 had not happened, life in the Zuma lane of South African politics continues."
US-taalbeleid: Taalverwarring
2016-08-11"Uit die voorgaande punte behoort dit duidelik te wees dat die beleid onduidelik en selfs onuitvoerbaar is. As hierdie siening reg is, sal dit progressief in die hande speel van ’n Engels-alleen-aanbod oor tyd."
Profane ideale en denke in die 4de en 5de eeu na Christus
2016-08-11"Met die Edik van Milaan in 313 het keiser Konstantyn ('die Grote') effektief die Christelike godsdiens tot staatsgodsdiens verklaar. Maar dit was eerder ‘n politieke maneuver as wat dit die gevolg was van ‘n innerlike persoonlike bekering."
