Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Gereedstaan-rugsteunkragstelsels: ’n Eenvoudige inleiding tot immuniteit teen beurtkrag

Christo Viljoen Seminare en essays 2021-06-24

"Wat kan die gewone elektrisiteitsverbruiker doen om kragonderbrekings te oorbrug, en hoe kan die gemiddelde huishouding beurtkragbestand gemaak word? As beurtkrag inskop en Eskom se kragtoevoer onderbreek word, hoef jy nie in die donker te sit nie."

Die 2020-Bybelvertaling: ’n komplekse benadering

Jacobus Naudé, Gys Loubser Seminare en essays 2021-06-17

In hierdie bydrae tot LitNet se miniseminaar gesels Gys Loubser met Jacobus Naudé, wat as vertaalkundige en brontaalkenner by die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans betrokke was, oor kompleksiteit en die vertaalproses.

Dodelike entstoffiksie: Wat is die waarheid?

Elsabé Brits Seminare en essays 2021-06-16

"Wat die entstowwe op die mark intussen gewys het, is een belangrike punt: Hulle beskerm goed teen ernstige siekte, hospitalisasie en die dood. En dit is tog wat elkeen van ons al maande lank wil sien – dié soort beskerming. Dit is waarvan ons dié tyd verlede jaar nog net gedroom het."

Staatsvoogdyskap van grond: ’n realistiese voorstel vir effektiewe grondhervorming?

Juanita Pienaar Seminare en essays 2021-06-10

"Behalwe dat dit teenstrydig is met basiese beginsels van investering in eiendom en in die land om individuele en kollektiewe vooruitgang en groei te bewerkstellig, om armoede te verlig en werkskepping te bevorder, herinner dit sterk aan die ou apartheidsbenadering waar grond dikwels in trust gehou is en privaateiendomsreg vir die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners ongeoorloof was."

Die 2020-Bybelvertalingsproses as avontuur vir die taalkundige

Ernst Kotzé Seminare en essays 2021-06-09

"’n Belangrike uitdaging was die geleentheid en vereiste om met nuwe oë te kyk na wat die bronteks wil sê en die Afrikaanse kloutjie by die oor te bring, of dit nou Hebreeus, Aramees of Grieks was. In dié opsig was dit ’n strategie om verskille in tyd, kultuur en wêreldbeskouing te weerspieël, maar ook deur die medium van Afrikaans toeganklik te maak."

Die Psalms in omdigting en vertaling

Heilna du Plooy Seminare en essays 2021-06-01

Heilna du Plooy was die afgelope 30 jaar as literêre adviseur betrokke by twee projekte waar die Psalms vir Bybelvertalings herbewerk is. In hierdie bydrae tot LitNet se miniseminaar oor die 2020-Bybelvertaling brei sy uit oor aspekte van die Psalm-omdigting waarmee sy te make gekry het.

Gesprek: Hoe gaan ’n Bybelvertaler om met die bronteks van die Ou en Nuwe Testament?

Herrie van Rooy, Jorrie Jordaan Seminare en essays 2021-05-25

In die derde bydrae tot LitNet se miniseminaar oor die 2020-Bybelvertaling bespreek Herrie van Rooy en Jorrie Jordaan kernvrae oor die wyse waarop vertalers met die brontekste van die Bybel omgaan.

Hoekom die 2020-Bybelvertaling "moes gebeur"

Christo HJ van der Merwe Seminare en essays 2021-05-17

Christo HJ van der Merwe lewer die tweede bydrae tot LitNet se miniseminaar oor die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans. Hy verduidelik waarom dié vertaling in die eerste plek nodig was.

Miniseminaar: Die 2020-Bybelvertaling

LitNet Seminare en essays 2021-05-12

In hierdie miniseminaar bespreek kundiges wat by die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans betrokke was, aspekte waarmee hulle tydens die vertaalproses te doen gekry het. Die rol van taal en kultuur in die omgang met brontekste van die Ou en Nuwe Testament, asook die literêre en taalkundige aspekte van die vertaling, word onder die soeklig geplaas.

Die 2020-Bybelvertaling: agtergrond, proses en uitdagings

Bernard Combrink Seminare en essays 2021-05-12

Bernard Combrink, projekleier van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se 2020-vertaling van Die Bybel in Afrikaans, verskaf ’n oorsig van die verloop van die vertaalproses oor vyftien jaar, asook die komplekse uitdagings wat betrokkenes die hoof moes bied.

’n Vergelykende studie van minderheids- en etniese politiek in China en Suid-Afrika: ooreenkomste en verskille

Willie Breytenbach Seminare en essays 2021-05-07

"Hierdie studie is ’n vergelykende studie van die erkenning van taal- en/of etniese minderhede in die staatkundige instellings van die Chinese Volksrepubliek (sedert 1949) en die Suid-Afrikaanse staatsopset sedert die segregasie-, apartheids- en afsonderlikeontwikkelingsbeleide wat ingevolge die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996 finaal afgeskaf is. Enkele verwysings word ook na die Britse koloniale beleide van indirekte bestuur in stamgebiede in Afrika gemaak."

Op soek na Saartjie deur Dominique Malherbe: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Wium van Zyl Resensies 2021-05-06

"Op soek na Saartjie is nogtans nie ’n boek sonder meriete nie. Sarah Goldblatt se verhaal is seer seker die moeite werd om te vertel. Sy was ’n besonderse persoon uit eie reg."

Versamelde dramas – NP Van Wyk Louw: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Marisa Keuris Resensies 2021-05-05

"Die waarde van ’n versamelbundel van NP Van Wyk Louw se dramatiese werk 50 jaar na sy afsterwe is juis geleë in die terugblik wat ons kan werp op hierdie oeuvre van hom met behulp van ’n volledige stel van sy werke in een publikasie."

Die komplekse Emily Dickinson: ’n bespreking

Lina Spies Seminare en essays 2021-04-21

"In my skrywe oor Emily Dickinson se liefdeslewe, geïnspireer deur Johann de Lange, was my bedoeling om haar lewe te belig deur veral haar briewe. Daarbenewens wou ek ook op haar digterskap fokus deur verwysing en aanhaling van sekere van haar gedigte."

Was it appropriate to honour Bram Fischer with a doctorate from Stellenbosch University?

Jannie Gagiano Opinion 2021-04-16

"Until we get some clarity and take some direction on these issues, it looks as though we can expect some more Fischer-style debates in the future."

Kan fleksie-argitektuur die kunste red?

Marguerite van Wyk Seminare en essays 2021-04-12

Fleksie-argitektuur is dié nuwe gonswoord volgens die gesaghebbende Wunderman Thompson-neigingverslag. Kenners vertel of dit ’n volhoubare oplossing vir die voortbestaan van die kunste kan bied. Volgens Saartjie Botha: "’n Teater het mense nodig. ’n Ruk gelede, toe ek die Fugard besoek, was alles daar: die stoele, ligte, ouditoriums. Maar die hart van die ruimte was weg." 

Hare (veral swart hare in skole) saai steeds onmin

Jerome Joorst Seminare en essays 2021-03-17

"Gegewe die emosionele reaksie wat die kwessie van hare in skole ontlok en die talle tekste wat reeds daaroor geskryf is, waarom gedy die polisiëring van swart hare steeds in skole? Waarom ontlok dit soveel emosie? Wat kan ons hieruit leer?"

Uit die argief, US-taaldebat: 'n Ope brief aan Wim de Villiers aangaande sy bestuur se voorgestelde taalbeleid

Breyten Breytenbach Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-10

"Wil u werklik dat u en u bestuur deur die geskiedenis gebrandmerk word as bevorderaars van ’n kulturele uitwissing tot voordeel van ’n totalitêre dogma wat op koloniale taal berus?"

Uit die argief, US-taaldebat: The Open Stellenbosch Seminar

LitNet Seminare en essays 2021-03-10

The Open Stellenbosch Seminar is an ongoing seminar on Open Stellenbosch, transformation, language and the constitution, and contributions (in any language) are most welcome.

ANC delenda est: Partydogma is onbestaanbaar met die Grondwet

Frederik Rudolph van Dyk Seminare en essays 2021-02-15

"Die ANC sal heeltemal moet ontbind en veroordeel moet word vir die onwettige misdaadkartel wat dit werklik is ... Vir die nasie om te leef, sal die ANC moet sterf."

Top