Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Hoe COVID-19 ons herinner het aan wat ons nooit moes vergeet het nie
2023-09-28"Wat is dan nou hierdie engelagtige musiek wat uit die radio kom? Hoe is dit dan dat die pianis se vingers op die klawers so hoorbaar is dat sy dit kan sien? Lang, wit vingers wat ritmies die klawers druk, ritmies soos wat sy self van kapsule na kapsule saam met dokter Engelen beweeg, die suurstofmaskers verstel, seker maak die druppe is nog vol, die bloeddruk stabiel?"
Afasie: Wat doen jy wanneer woorde wegraak?
2023-09-27"Alhoewel afasie in die eerste plek ’n taalversteuring is, kan sommige mense sekondêre kognitiewe uitdagings ervaar, soos probleme met geheue of aandag – dit is meer as ’n blote verlies aan woorde. Die toestand kan byvoorbeeld veroorsaak dat lyers hul loopbaan moet prysgee, wat dikwels lei tot sosiale isolasie, een van die pynlikste emosionele gevolge van afasie."
Piaf & Brel: Luisterryk! deur Naòmi Morgan en Bernard Odendaal: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-09-22"Die bundel is gerig op Afrikaanssprekende entoesiaste van die Franse chansons en poësieliefhebbers wat in die Franse kultuur en die unieke, gesofistikeerde nagklubwêreld van Parys belangstel."
"Maar wat ek nou vir jou sê kan ek nie in die openbaar sê nie": Notas oor die groeiende metafisiese oorlog van ons tyd
2023-09-21"Vir hierdie asketiese mistici word die hardste oordeel vir die self gespaar, word eerder geswyg as gepraat, en word ’n nuwe gemeenskap moontlik – radikaal inklusief vir álmal wat bereid is om die self af te lê en hulle aan hierdie biddende dissipline te onderwerp, en terselfdertyd radikaal ontoeganklik vir diegene wat eerder met die self besig wil wees."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Chantal Delsol oor die apokalips
2023-09-13"Ek glo dat jy die woke samelewing soos dit is met al sy verskriklike verdorwenhede moet liefhê, dat jy die Kerk soos dit is met haar dominerende priesters wat maak of hulle onfeilbaar is, moet liefhê. Kortom, ek glo nie in die deugde van verontwaardiging, van woede, van gewalgdheid van enige aard nie. Ek gebruik ’n goeie deel van my tyd om my naasbestaandes te probeer oortuig dat ons moet ophou om die hedendaagse wêreld te verafsku, omdat ’n mens nooit die samelewing kan verbeter as jy nie begin by om dit lief te hê nie."
Dooie See: dodemars of omkeerstrategie?
2023-09-11"Die Dooie See-gebied ondervind deesdae ernstige omgewingsprobleme soos ’n afname in die watervlak, toenames in die soutgehalte van die water en die ontstaan van sinkgate op die oewer. Dit is van kardinale belang om die oorsaaklike faktore van die verskynsels te ondersoek en doeltreffende aksieplanne saam te stel om die Dooie See en die Jordaanrivier-skeurvallei as natuurlike bates te bewaar en doeltreffend in stand te hou."
Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n LitNet-Akademies-resensie-essay
2023-08-31Annemarié van Niekerk is by die Woordfees! "Naas die eerlikheid van die feitelike gedeeltes van die roman word ’n mens oorrompel deur die strukturele en stilistiese vernuf van die teks sowel as die oortuigende taalgebruik en beeldende vermoë van die skrywer."
Van ongelykheid tot nuwe ongelykheid – van wit minderheidsoorheersing na ’n swart oligargie
2023-08-31"Hoe suksesvol was die ANC oor die afgelope bykans 30 jaar ooreenkomstig sy ideologie en op gesag van die Grondwet om die ongelykheid van die verlede met gelykheid te vervang?"
Klimaatsmanipulasie: tegnologie en sosiale konteks
2023-08-25"Klimaat-ingenieurswese verwys na die grootskaalse manipulasie van spesifieke prosesse wat sentraal staan tot die beheer van die aarde se klimaat met die doel om sekere voordele daaruit te verkry."
Beyond the age of demagogues
2023-08-25"It is a common thing in the South African political scene, approaching elections, that every political party takes its campaign line mark from the Economic Freedom Front (EFF) to jumpstart the race - by a rowdy form of political assertion. This usually takes a form of its cultish leader, Julius Malema, igniting the tinder by doing something deliberately controversial, like singing the 'Kill the Boer' song."
Die goeie nuus van grondhervorming
2023-08-24"PALS laat jou op ’n nuwe manier oor grondhervorming dink – grondhervorming wat ekonomiese groei, werkskepping, voedselsekerheid en sosiale harmonie bevorder. Dis eenvoudig die regte ding om te doen."
Die landskap van die psalms
2023-08-22"'n Besinning oor die landskap van die psalms lei vanself na die vraag van die oorsprong van die psalms. Die verdere vraag wat beantwoord moet word, is watter soort psalms in die landskap voorkom."
LitNet Akademies-resensie-essay: Plunder deur Antjie Krog
2023-08-18"Met die eerste lees van Plunder het ek gedink: Krog is kwáád. Wéér. Stééds. Maar namate ek meer tyd met die bundel deurgebring het, het ek tot die besef gekom dat ek hier nie net met die beskrywing en oopskrywing van plundering op alle vlakke te make het nie, maar ook met die teer poëtiese verpakking en verwerking van individuele sowel as kollektiewe trauma – ’n vorm van narratiewe terapie."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: in gesprek met René Girard oor die apokalips van ons tyd
2023-08-07"Die eietydse aankondiging van toekomstige klimaatskatastrofes openbaar die einde van die vooruitgangsgeloof, oftewel die idee dat die onbepaalde vooruitgang na die beste sy afsnypunt en sy versadigingspunt bereik het. Ons beweeg nie meer na ’n onbepaalde verbetering toe nie. Ons beweeg deur die afwisseling van orde en chaos, en dít in ’n sirkulêre beweging."
Wat moet ons as literatore dan doen?
2023-07-27"Is daar dan enigsins ’n nut vir wat ons as literatore doen behalwe om die 'betekenis' van gediggies vir skoolkinders te verduidelik?"
Waarom by ’n uitgewer aanklop eerder as om self te publiseer?
2023-07-27"Mens het uiteindelik spesialiste nodig op die meeste gebiede. Jy sal nie ’n ambulansman vra om jou beenmurgkanker te behandel nie."
Migrants: fear of the "Other" changing the face of politics in Europe
2023-07-27"Apart from getting sanctions lifted – and the calculation is that the effect of the latest grain shipping blockade embargo will trigger another massive migration crisis in Europe – Putin must also be hoping that the political impact in the EU will speed up calls for an end to the war in Ukraine via a negotiated settlement."
Die virus, die king, "Die Stem" en die sonkoning
2023-07-26"Die Britse kroon is 31,5 cm hoog en weeg 1,06 kg. Die raam is van goud, silwer en platinum en is verder versier met 2 868 diamante, 273 pêrels, 17 saffiere, 11 smaragde en vyf robyne. Die 317,4 karaat-Cullinan II is voor en in die middel van die fabelagtige kroon gemonteer. Die Cullinan I, of “Great Star of Africa”, is 530,2 karaat en is aan die bokant van die koninklike staf gemonteer."
’n Ander land, steeds weer: Karel Schoeman-gedenklesing
2023-07-24"Geschiedenisboeken zijn niet meer maar ook niet minder dan constructies, geen één-op-één weergaven van het verleden. De schrijver van historische romans gaat met het verleden aan de haal en creëert een fictioneel verhaal waarin een visie op dat verleden tot stand wordt gebracht."
Die soeke na die donker heelal
2023-07-20"Omdat die heelal al verder en vinniger besig is om uit te dy, laat dit vrae oor die aard van swaartekrag se effek op die kosmos. Dit is soos om ’n voorwerp in die lug op te gooi en dit versnel al hoe vinniger en vinniger. Die oorsaak van die versnelling – donkerenergie – laat kundiges steeds kopkrap."
