Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek oor die vertalings van Faust en Reinaard die vos
2023-11-23Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Robert Schall en Henning Pieterse oor hul onderskeie vertalings van Faust en Reinaard die vos. Dit vorm deel van die Johann Rossouw-gespreksreeks.
’n Korpusgedrewe benadering tot taalonderrig in Afrikaans
2023-11-16"Die term korpus beteken letterlik 'liggaam', en op die gebied van taalstudie verwys korpus tipies na ’n 'body of texts', ’n versameling van tekste. ’n Korpus is elektronies beskikbaar en kan uit miljoene gesproke en geskrewe woorde bestaan. Dit bevat outentieke taalgebruik en weerspieël dus werklike taalgebruik van taalgebruikers."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Die hede en die toekoms volgens Michel Houellebecq"
2023-11-10Die Franse filosoof en romansier Olivier Rey bied ’n oorsig van die werk van Houellebecq, in Afrikaans vertaal deur Johann Rossouw: "Is suiwer vernietiging aan die uiteinde van die Westerse doodloopstraat dus al perspektief wat oorbly? In van sy ander romans word verskillende ander uitweë voorsien."
Wie mag skeppend skryf?
2023-11-08"Die skrywer se vel is ’n chiasme tussen hom en die wêreld. Dit is deur sy vel dat die wêreld aan hom vat en dit is deur daardie selfde vel dat hy op sy beurt met sy pen en woorde aan die wêreld vat."
Pelgrimspsalms: Opskud, die pad is steil en ver
2023-11-07"In ons dag dui Meseg en Kedar op chaos, wanhoop, kommer, waansin, magteloosheid en korrupsie. ... Op 7 Oktober 2023 het die Palestynse Hamas ’n lewensvernietigende aanval op Israel geloods (Netwerk24)."
Antimoon: potensiaal versus toksisiteit
2023-11-01"Die vraag of Suid-Afrika die produksie van antimoon volstoom behoort te hervat, kom neer op ’n tipiese tweesnydendeswaardkwessie."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Notas oor die tragedie van Israel en die Palestyne
2023-11-01"Wanneer ’n kollektief voldoende ontwrig is, soos wat die geval tans met beslis die inwoners van Gaza, die Palestyne in die algemeen en die Israeliese burgery is, versprei demoniserende sieninge van die ander party soos ’n onstuitbare koors deur gemoedere."
Is Afrika steeds vir die VSA van strategiese belang?
2023-10-27"Vir China is Afrika uiteraard van besondere belang vanweë die minerale hulpbronne wat nodig is vir die groei van die Chinese ekonomie, maar waarom sou die VSA steeds belang by Afrika hê en deur Agoa handelsbande met Afrikastate bly bevorder?"
Wêreldrugbybeker, reklame en spel
2023-10-27"Groot opwinding heers oor die Wêreldbekertoernooi wat nou sy laaste fase betree. Dit belig, te midde van soveel plaaslike en internasionale probleme, weer eens die 'aardigheid' van spel, om aan te sluit by Johann Huizinga se werk Homo Ludens ('die spelende wese')."
DJ Opperman-gedenklesing: DJ Opperman gelees teen die agtergrond van die “nuwe”
2023-10-26"Elke nuwe leser of nuwe geslag lesers sal ’n eie opvatting van wat aktueel, relevant en boeiend is, na die lees van Opperman se tekste bring." Dit is teen hierdie agtergrond dat Louise Viljoen vanjaar die driejaarlikse DJ Opperman-gedenklesing in Stellenbosch gelewer het.
Die 2024-verkiesing: Is ’n Suid-Afrikaanse Lente op pad?
2023-10-25"Die status quo is nie volhoubaar nie en die vraag is nie of daar verandering gaan wees nie, maar eerder watter vorm dit gaan aanneem; watter tydsraamwerk ter sprake is, en veral wat die regerende elite se reaksie op ’n potensieel verswakkende situasie gaan wees. Dit maak die 2024-verkiesing die belangrikste verkiesing sedert die totstandkoming van ’n nuwe grondwetlike bedeling."
Miniseminaar oor strukturele rassisme
2023-10-24"Rassisme is nog steeds so Suid-Afrikaans soos braaivleis en boerewors, want daar is sisteme en strukture wat dit in stand hou."
LitNet se miniseminaar oor strukturele rassisme
2023-10-24LitNet het romansier en LitNet-rubriekskrywer Bettina Wyngaard genooi om ’n aanlyn miniseminaar oor strukturele rassisme aan te bied. Sy het Ingrid Jones, Loretta Feris, Siya Khumalo, Mervyn Sloman en Christi van der Westhuizen genader om deel te neem. Hier volg Wyngaard se inleidende opmerkings, sowel as die deelnemers se menings.
Die Nobelpryswenner vir 2023: Jon Fosse, die stem van die onsêbare
2023-10-19"Die Nobelprys vir letterkunde is sedert 1901 aan 120 wenners toegeken en Fosse het die prys verower vir sy vernuwende bydrae om met veral sy vernuwende dramas en prosa '’n stem te gee aan die onsêbare', soos reeds hier bo vermeld. Heelwat van die karakters in sy werke is buitestanders, en eksistensiële kwessies soos selfdood en waansin kom aan bod. Die onsêbare behels onder meer die diepgang van kreatiwiteit, angst, liefde, skande, verwerping, grasie en genade."
Die mens was amper nie hier nie
2023-10-17"Die storie oor ons evolusie, en hoe ons ontwikkel het, is ten nouste gekoppel aan die uitwissing en dood van ander spesies voor ons. Ons kan met reg vra of ons hier sou gewees het indien daar nie vorige massa-uitwissings was wat ons voorsate ’n hupstoot gegee het nie. Ons oervoorsate se storie is ook ons storie."
Afrikaans kom derde: kommentaar op Suid-Afrika se jongste sensusverslag
2023-10-13"Dit wil voorkom asof die beleidmakers vasgevang sit in ideologiese denke omtrent taal. ’n Mens kan daarom net hoop dat hulle hiervan bevry sal word en die gulde geleenthede sal aangryp wat hierdie jongste sensusverslag ons bied."
"Suid-Afrika" se bewindsveranderings – vervangende regerings in ’n ontbindende orde
2023-10-05"Vanweë die agteruitgang van die sentrale regime groei daar ’n verskeidenheid van vervangende regerings, maar terselfdertyd ook talle streke waar daar geen regering en georganiseerde reg meer is nie. Die uitwerking hiervan is dat 'Suid-Afrika' al hoe meer ’n abstraksie word, en as ’n daadwerklike staat en konstitusionele bestel algaande vervaag."
Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-10-05"Dit is van die begin af duidelik dat Van Heerden met hierdie roman terug is by die magiese realisme waarmee hy so suksesvol was in romans soos Toorberg en Die swye van Mario Salviati."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: En die Woord het onder ons kom woon – Afrikaanse aanbidding en die toekoms van die Afrikaanse wêreld
2023-10-05"Dit is nie net dat God in sy vleeswording God vanaf die transendente na die immanente, vanaf dit wat anderkant die syn is na die syn toe vertaal nie, maar ook dat die vleesgeworde Woord deur die gebruik van menslike tale van meet af self as vertaler werk."
Piet van Rooyen: Rondom ’n boorvuur
2023-09-28"Binne die bestek van drie woorde word ’n hele kosmos opgeroep met natuur, mens en gode."
