Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Tienermeisies vertel self oor hulle ervarings van die grendelstaat

Christelle Fürstenburg Onderhoude 2020-10-13

"Opvallend is dat van dié dogters se stemme stiller geword het; hulle het ernstiger geraak, is meer teruggetrokke en meer volwasse, sodat hulle nie aldag meer oor tienergoed of lawwighede wil gesels nie."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theo de Jager

Freek Robinson, Theo de Jager Onderhoude 2020-10-09

"Ons is ’n onlosmaaklike deel van die storie van hierdie land. Ons kan nie net geïgnoreer word nie." Freek Robinson gesels met Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) en president van die Wêreldboereorganisasie, oor plaasveiligheid, onteiening en voedselsekerheid.

Nina Schumann: Om ’n lewe aan 88 klawers te wy

Wilken Calitz, Nina Schumann Onderhoude 2020-10-07

Nina Schumann het onlangs haar 50ste verjaarsdag gevier en is al sedert haar tweede lewensjaar besig om die wondere van musiek te ontdek. Dis die note, die eindelose maniere om musiek te vertolk, die strukture, geheime sinergie tussen gehoor en performer wat haar ná soveel jare steeds betower om daagliks ondersoek in te stel na wat verskuil is in die 88 klawers van die klavier. Wilken Calitz gesels met Nina.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met JP Landman

Freek Robinson, JP Landman Onderhoude 2020-10-03

Thabo Mbeki het in die laat 1980’s gewaarsku: Bevryding in Suid-Afrika sal gepaard gaan met groot korrupsie. Tans word daar heelwat gedoen om staatskapasiteit te versterk, maar die ANC moet nog sy kant bring. Dit gaan nie ’n maklike geveg wees nie. Die politiek-ekonomiese ontleder JP Landman vertel meer.

Grendelstaat ofte not – Leonie se Graffiti woeker driftig voort

Melt Myburgh, Leonie van Rensburg Onderhoude 2020-10-02

"Uitgewers begin ook nou die kleinhandelmark betree, wat vir boekwinkels nie goeie nuus is nie. Ons verskaffers word nou ons mededingers en ek dink dit is baie sleg vir boekwinkels."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ivan Meyer

Freek Robinson, Ivan Meyer Onderhoude 2020-10-01

Waarom is die DA ’n voorstander van wat hulle nierassigheid noem? Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, vertel meer.

Tieners vol angs, al wedywer hulle vir sterretjies

Melt Myburgh, Danie Kloppers Onderhoude 2020-10-01

"Tieners sien alles deur ’n vergrootglas: verliefdheid is LIEFDE; een klein puisie is ’n RAMP; ’n dag sonder data is ’n LEEFTYD."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Quinton Adams

Freek Robinson, Quinton Adams Onderhoude 2020-09-29

Nege wonings op ’n agterplaas in Stellenbosch. Een toilet. Een kraan. Een buitetoilet vir sewe families. Om ’n buitetoilet te gebruik is lewensgevaarlik vir vrouens. In die Kaap wag honderde duisende mense vir huise. Dié wat al dekades op waglyste is, word laer afgeskuif. ’n Opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, maak dit sy missie om waardigheid te herstel en lewens te herbou. Hy vertel vir Freek Robinson meer oor The Shackbuilder-projek. 

André Duvenhage: Dís die ergste wat met SA kan gebeur

Melt Myburgh, André Duvenhage Onderhoude 2020-09-22

"In Suid-Afrika is politiek inderdaad ’n spel wat handel oor mag, oorlewing en bevoordeling, en jaloesie en afguns eindig dikwels met die dood. Die laaste skoot in hierdie geveg is nog nie gevuur nie en Ramaphosa se rug is baie oop."

"Liefde love uthando" vier Suid-Afrika se diversiteit in Erfenismaand

Marli van Eeden, Bouwer Bosch, Freddy L, Gazelle Onderhoude 2020-09-22

"Ons lewe in ’n unieke land met soveel kulture en tale. Dit sorg vir baie ryk en mooi dinge in die kunste asook net vir daaglikse interaksies met ander, maar ongelukkig is daar ook kere wat ons so geheg is aan ons eie kulture dat ons vergeet dat ons almal Suid-Afrikaners is."

ekstasis-kortfilm vertel queerliefdesverhaal van vroue

Marli van Eeden, Kanya Viljoen, Emilie Badenhorst Onderhoude 2020-09-16

"Ons dink dit is wonderlik dat queerverteenwoordiging daagliks al hoe meer te sien is en dat dit al hoe minder van ’n taboe onderwerp in die samelewing word. Dit gesê, voel dit asof daar nog baie werk rondom queerverteenwoordiging gedoen moet word, veral as dit by vrouens en non-binary liggame kom."

#opdielug met Chase Rhys

Robyn van de Rhede, Chase Rhys Onderhoude 2020-09-11

Robyn van de Rhede gesels met skrywer Chase Rhys oor Kinnes, Kaaps en verteenwoordiging.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Alex van den Heever en Otto de Vries

Freek Robinson, Alex van den Heever, Otto de Vries Onderhoude 2020-09-11

Die toerismesektor se bydrae tot die land se BBP is 8,5%. Wat is die stand van hierdie sektor tans? Wat is die vooruitsigte? Freek Robinson gesels met Alex van den Heever, voorsitter van Social Security Systems Administration and Management Studies aan die Universiteit van die Witwatersrand, en Otto de Vries, bestuurshoof van ASATA (Association of Southern African Travel Agents).  

#opdielug met Keanen Engel

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Keanen Engel Onderhoude 2020-09-10

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met die jong dramaturg Keanen Engel.

Veronique Jephtas gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Menán van Heerden, Veronique Jephtas Onderhoude 2020-09-10

Die fokus van dié residensieprogram (aangebied in samewerking met PEN Afrikaans) is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie. 

#opdielug met Tenita Kidelo

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Tenita Kidelo Onderhoude 2020-09-08

Tenita Kidelo vertel vir Robyn van de Rhede en Menán van Heerden meer oor haar vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van die Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono. Sy gesels ook oor haar studiereise na Nederland en België.

Enkelma’s en transrasgesinne: riglyne in ’n dikwels onsimpatieke wêreld

Elsabé Brits, Awie Greeff, Marita Oosthuizen Onderhoude 2020-09-08

"Die lees van kultuurgerigte stories, die keuse van skole, kontak deur spesifieke ondersteuningsgroepe en blootstelling aan spesifieke geografiese omgewings tydens vakansies word dikwels doelbewus deur ouers gebruik ten einde die kinders bloot te stel aan hulle biologiese kultuur."

The South African economy and the JSE

Freek Robinson, Leila Fourie Onderhoude 2020-09-07

Leila Fourie, CEO of the Johannesburg Stock Exchange, on the South African economy and the JSE.

Vir Eleanor Baker het dit oor menslike verhoudinge gegaan – ’n onderhoud met Marian Human-Nel

Cliffordene Norton, Marian Human-Nel Onderhoude 2020-08-27

"Vir haar het dit oor menslike verhoudinge gegaan en haar werklikheid is in ’n groot mate bepaal deur haar man se werk as diplomaat. Sy self was, soos baie (selfs werkende) vroue, verbind tot haar posisie in die huwelik en die patriargale verwagtinge wat (vandag waarskynlik steeds) as vanselfsprekend aanvaar is (of moontlik steeds word)."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met medikus Helmuth Reuter

Freek Robinson, Helmuth Reuter Onderhoude 2020-08-27

Die medikus Helmuth Reuter oor die stand van sake rondom COVID-19 tans: vatbaarheid; ’n entstof; komende golwe; aard van die virus; inperking – alles wat jy wil weet. 

Top