Onderhoude
Interviews about topical issues
Die effek van COVID-19 op skole: ’n onderhoud met Liesel Ebersöhn
2020-08-26"Die gemak met verandering. Dit is ewe skielik so deel van jou onmiddellike omgewing, die feit van verandering. Onsekerheid is normatief, dit is normaal."
Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal
2020-08-26"Die groter erkenning van dialekte sal natuurlik afhang van die mate waartoe dialeksprekers eienaarskap sal neem van hul dialekte en hul dialekte begin opeis as funksionele kodes en sodoende begin wegdoen met die selfstigmatisering van dialekte as ontoereikende en minderwaardige taalkodes."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Schalk Burger sr
2020-08-21Na miljarde rande se verliese sal dit ongeveer 3–5 jaar neem vir die bedryf om te herstel. Freek Robinson gesels met Schalk Burger sr, eienaar van die Welbedacht-wynlandgoed in Wellington, oor die krisis in die wynbedryf.
"Ek het maar ’n ding vir papier" – Lucinda Neethling gesels oor stopanimasie en haar nuwe enkelsnit
2020-08-21"Verkenners is almal weerloos as hulle op ’n nuwe plek beland, en so ook mense in verhoudings. Dis moeilik om iemand te leer ken en dis moeilik om iemand toe te laat om jou te leer ken. Wérklik te leer ken. Die inperking het baie mense geforseer om weer hul naastes te leer ken, en ook hulself."
In gesprek met Bernard Lategan: Gevorderde Navorsingsinstitute as keerwal teen vervlakking
2020-08-20"Nogtans is die 'wetenskap' die enigste verweer wat ons het om ons op te beroep in hierdie tyd van onsekerheid en kwaksalwery. Nie as ’n kitsoplossing nie, maar as ’n tydsame, uitmergelende en dikwels frustrerende soeke na die ware toedrag van sake en die bes moontlike verstaan van dinge."
Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur
2020-08-17Ronel van Oort: "Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Roelof Botha en Markus en Joe Becker
2020-08-14Ons toekoms in Suid-Afrika: Is hierdie vier positiewe scenario’s moontlik?
On the frontline: Interview with Reverend June Dolley Major
2020-08-06"Society covers up for husbands, fathers, grandfathers, neighbours who rape. We watch movies and there is so much sex and violence and the hero in the movie is mostly seen to have many sexual conquests. So sadly, rape is normalised."
Die sielkundige impak van COVID-19: ’n onderhoud
2020-08-06"In effek gaan dit ook oor die verlies van beheer oor jou lewensituasie waaroor jy nog altyd beheer gehad het – beheer wat jy eintlik as gegewe aanvaar het, maar waarvan jy eers die ware intense impak besef as jy dit nie meer het nie."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Johan Burger
2020-08-06Johan Burger praat met Freek Robinson oor waarom die misdaadsituasie in Suid-Afrika buite beheer is. Freek vra: "Is misdaad so endemies in ons samelewing dat dit al deel is van ’n hedendaagse normaal?"
"Om terug te keer na die begin; om vreugde te vind" – Jan Blohm oor sy konsep-album Jenny
2020-07-30"Die naam Jenny is jeugdig en ’n uitdaging. Om terug te keer na die begin; om vreugde te vind. Soos ’n swaeltjie ná somer ’n ander somer gaan soek en baie keer op dieselfde plek opeindig. Jenny is die somer wat die swaeltjies dryf om terug te gaan huis toe."
Agri SA-president Pierre Vercueil oor voedselsekerheid
2020-07-29Pierre Vercueil: "Dis meer lewensgevaarlik om ’n boer te wees as ’n polisieman, en dis ’n feit. Ons plaaswerkers ly net so swaar daaronder soos die boere. Ons kan mos nie privaatpolisiemagte in die landbou hê nie, maar dit gaan naderhand daarnatoe beweeg."
"Mensehandel is ’n verskuilde, misdadige bedryf": ’n onderhoud met Beatri Kruger
2020-07-29"Mensehandelaars is uitgeslape en stel vas wat hul potensiële slagoffers se drome en kwesbaarhede is. Hulle word dan mislei en gelok na ’n 'beter lewe' met sogenaamde glansryke geleenthede vir werk, opleiding, wêreldreise of wat ook al die slagoffer se drome is."
Bly weg van dié woorde om aanstoot te vermy
2020-07-28Jana Luther: "Vermy stereotipes. Die beste manier om onbevooroordeeld te skryf en onbevooroordeeld te praat, is om na mense te kyk en hulle as individue te beskryf."
Skoolverlaters se vermoë om hul eie werk te skep: Vyf vrae aan Adri du Toit
2020-07-27"Die vak Verbruikerstudie bied feitlik onbeperkte beroepsgeleenthede in ’n wye spektrum rigtings, asook waardevolle en goedgestruktureerde entrepreneurskapsinhoud, sodat leerders wat dit verkies, selfgerig werksgeleenthede kan skep."
Medikus Angelique Coetzee oor COVID-19-politiek
2020-07-23Geheimhouding pla, sê Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama).
Op die frontline: ’n Onnerhoud met Joshua Kinnear oor die bou van ’n gemeenskapradio
2020-07-22"Om ’n frequency te kry in Suid-Afrika is baie swaar en met ’n online radiostasie kan mense orals in die wêreld na ôs luister. So ôs mikpunt is om almal in die wêreld wat ôs musiek love of in Suid-Afrika gewoon het, kans te gee om na hulle home country se musiek te luister."
Justice in the time of COVID-19: an interview on the outcome of LAW FOR ALL’s writing competition
2020-07-22"I am deeply worried about the current status quo, and how we will answer in the face of COVID. The justice inequality stands to be aggravated by the aftershock of the epidemic."
Sjaka S Septembir oor Nag van die slang-uil en die legendariese Staal Burger
2020-07-21"Ek het geen idee wat die feeste van die toekoms vir ons inhou nie, maar ek is flippen nuuskierig en opgewonde daaroor … al kom elke nuwe geboorte met pyn."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Braam Hanekom
2020-07-16Freek Robinson gesels weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers. Vandeesweek is Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis en voorsitter van die Hoop en Versoening Trust, aan die beurt. Freek en Braam gesels oor leefwêrelde, maatskaplike probleme en dialoog binne plaaslike gemeenskappe.
