Nina Schumann: Om ’n lewe aan 88 klawers te wy

  • 1

Nina Schumann het onlangs haar 50ste verjaarsdag gevier en is al sedert haar tweede lewensjaar besig om die wondere van musiek te ontdek. Sy het basies alles vermag waarvoor ’n pianis kan wens. Te veel pryse en mylpale om in een artikel te noem. Sy is nie net ’n konsertpianis nie, maar ook professor in musiek aan die US, medestigter van beide die SICMF (Stellenbosch International Chamber Music Festival) en die platemaatskappy TwoPianists. Maar dis die note, die eindelose maniere om musiek te vertolk, die strukture, geheime sinergie tussen gehoor en performer wat haar ná soveel jare steeds betower om daagliks ondersoek in te stel na wat verskuil is in die 88 klawers van die klavier. Wilken Calitz gesels met Nina.

Nina Schumann

Hoekom doen jy steeds wat jy doen?

Ek het nog nooit bevraagteken hoekom ek dit doen nie. Wat uniek is, is dat mens daai passie kan sustain vir so lank. En belangriker is dat mens die dissipline kan sustain. Ek dink mens gaan deur periodes wat jy nie sewe ure ’n dag kan oefen nie. Dan het jy weer produktiewe tye. Maar hoekom ek dit doen, is iets wat ek nie kan verduidelik nie.

Die meeste mense op 50 sou al daaraan begin gedink het om ’n loopbaanskuif te maak. Het jy al ’n ander beroep oorweeg?

Die enigste ander ding wat ek kan doen is om vinnig te tik en ek hou daarvan om goed te organiseer, so ek sou ’n baie goeie sekretaresse gewees het. As jy 50 slat, is jy goed op pad na 60 toe. My pa is ’n voorbeeld van hoe om ’n mens se latere jare ten volle te benut. Hy is ’n siviele ingenieur en voormalige dosent aan die US. In die eerste jaar van sy aftrede, skryf hy in vir ’n diploma in sang by die musiekdepartement. Ek het hom begelei vir sy eksamen en hy het selfs ’n hoed opgesit vir die geleentheid. Daarna volunteer hy by ’n kanker-hospice in die Kaap. Volgende op sy lys is om notule te neem in die parlement, gevolg deur vertalings van Shakespeare in Afrikaans. Ek sou eintlik ook argitektuur wou doen. Tydens die periode wat ons huis gebou het, was dit ’n absolute joy om als uit te werk en om die boumateriaal te source. Ek was gefassineerd!

Is daar enige parallelle tussen argitektuur en jou benadering tot musiek?

My opleiding in musiek was meestal om struktuur te analiseer om sodoende ’n nuwe stuk beter te verstaan. Daar is natuurlik verskeie ander elemente om ook in gedagte te hou, soos tegniek, harmonie, melodie en ritme. Ek gebruik altyd argitektuur as ’n vertrekpunt.

Tot watter mate kan ’n performer steeds ’n unieke aanslag lewer met interpretasie van musiek wat reeds vir honderde jare bestaan?

Dis soos om ’n vuurhoutjieboksie te rek tot sy uiterste toe. Dis ’n geval van smaak mbt hoe jy dit speel, nie van hoe om ’n sekere musiekstyl volgens convention aan te pak nie. Ek haat eintlik die woord “styl”. Jy probeer eerder ’n nuwe tipe gevoel skep. Dis hoekom mens hoedervleis kan kry as jy iets hoor wat jy reeds ken. Daar is ’n shared taste. Wat wonderlik is, is dat verskillende mense dieselfde musikale ervaring en gevoel kan hê.

Tot watter mate beïnvloed daaglikse gebeure jou uitvoering? Speel jy anders as jou hond byvoorbeeld die oggend gesterf het voor die aand se optrede?

Ek dink nie ek is iemand wat veel reageer op iets as ek op die verhoog stap nie. Ek fokus op die musiek. Daar is sekere musiek wat onmoontlik is om sonder emosie te speel. Dit klink na ’n cliché, maar ek is ’n voertuig vir die gevoel wat deur die komponis gegee word. Ek gee bloot my konsentrasie. Sulke gebeure soos as my hond sou sterf, laat my nie met meer of ander emosie speel nie.

Jy het meer as 40 concerti in jou repertoire. Hoe op aarde onthou jy al die note?

Ek het perfect pitch en het nog nooit ’n probleem gehad om alles te onthou nie. Analise en struktuurontleding is wat jy doen vir voorbereiding. Daar is verskeie tipes memorisering. Physical, intellectual, aural en emotional. Agv spanning en fokus tydens ’n optrede bly slegs die fisiesk oor. Die eerste een wat verdwyn, is die intellectual memory en dit is dan wanneer jou onderbewussyn inskop. As jy dan in die zone is, kan jy dit koppel met die emosionele aspek van memorisering, en dit is my mikpunt tydens ’n konsert. Dit is wanneer jy eintlik onbewus raak van wat om jou aangaan. Jy is so gefokus op wat jy speel. Maar as ek nie oefen nie, gaan ek ’n memory lapse hê. Dit het al met my gebeur. Daar is party mense wat die proses noot vir noot benader om dit ten einde sonder bladmusiek te speel. Ek maak net op ’n dag die boek toe en that’s it.

Jy het egter eers viool gespeel voor die klavier jou aandag getrek het.

My eerste viool was so ’n groen boksding. Ek en my suster was studente van Eric Rycroft. Hy het later gesê ons hande is te groot vir viool en ons moet eerder altviool speel – die instrument waarvan hy nog nodig gehad het in sy orkes. Ek het die altviool absoluut gehaat en kon dit nie verdra nie en was ongelooflik bly om op te hou op die ouderdom van 18. Die een voordeel was dat jy dan die SANYO- (South African National Youth Orchestra-) kursus kon bywoon en alles doen wat jy nie veronderstel is om te doen nie!

Jy noem in ’n ander artikel dat jy mal is oor die klank van strykinstrumente en dat jy daarna streef om daai klank na te boots in jou spel. Geld lg ook vir ander instrumente?

As jy byvoorbeeld ’n violis begelei met ’n Mozart-sonate, is die staccato langer as op klavier omdat die klavier eintlik ’n perkussiewe instrument is. Dan moet jou hele tegniek verander sodat dit nie klink soos ’n klavier nie, maar eerder soos ’n strykinstrument. In van my ensembleklassie doen ons transkripsies van concerti. As jy kyk na die Beethoven-vioolkonsert, speel die timpanie reg aan die begin en dit beteken as jy die begeleiding speel, moet jy probeer om die klank van die timpanie na te boots. My jare se vioolspel het my ’n baie goeie basis gegee om oa te verstaan wat die klankverskil is tussen ’n op- en afstryk van die viool. As ek dan op die klavier aan die einde van ’n frase kom en ’n tipe resolution wil hê, dan lig ek my pols en dit verander die klank om by die viool te pas.

Kom ons praat oor performance anxiety. Hoe benader jy die verhouding met jou gehoor wanneer die stresvlakke die hoogtes inskiet?

’n Tyd gelede het my studente ’n foto geneem waar hulle almal voor die klavier sit en opkyk na die dak en dit toe op my klaskamerdeur geplak. Dit was eintlik ’n joke omdat, wanneer ek perform, ek vir die dak loer. Die rede daarvoor is dat wanneer jy jou kop oplig, skep jy afstand tussen jou en die instrument. Dit maak jou spiere vryer, verbeter die klank, en baie belangrik, jy vergroot jou peripheral vision en ook jou sense van die grootte van die saal. Ek is jare gelde gevra om ’n praatjie te hou vir die Westelike Provinsie se rugbyspan. Dit het gehandel oor performance anxiety en die belangrikheid daarvan om die parameters van die area waarin jy speel, in ag te neem. Op die rugbyveld is dit dus belangrik om presies te weet waar daai vier hoeke van die stadion is. Want as jy gespanne raak, “verklein” die speelarea en dit affekteer jou spel negatief.

Jy het onlangs Rachmaninoff se 2de Klavierkonsert saam met Elna van der Merwe by die Hessequa Harmonie-fees in Heidelberg gespeel. Is dit jou gunsteling-concerto?

Die mees fascinating een vir my is Rachmaninoff se 4de concerto. Ek het dit jare gelede saam met die JPO (Joannesburg Philharmonic Orchestra) opgeneem. Nou, amper 20 jaar later, besef ek dat dit eintlik amazing was. Na ek dit gespeel het, het ek gedink dit was horrible. Dis die voordeel van ouderdom – jy kan later dit wat jy gespeel het, waardeer en ek is so vies oor ek dit nie tóé kon waardeer nie.

Rach 2 het wel die meeste stories. Jare gelede het ek dit saam met die SANYO gespeel in Skotland by die Aberdeen Festival. Dit was die eerste keer in 27 jaar wat Suid-Afrikaners toegelaat is om aan so iets deel te neem agv apartheid en sanksies. Dit was ’n major storie vir die Aberdeeen Festival, want daar was verskeie ander groepe wat deelgeneem het van regoor die wêreld. Die BBC was daar om alles op te neem. In die tweede beweging, op die mooiste en sagste oomblik van die concerto, begin iemand onophoudelik gil. Ek het net my kop laat sak en doodeenvoudig aanhou speel, maar die dirigent het opgehou dirigeer. Ek het geen idee hoe ons deur die 3de beweging gekom het nie. Hulle het toe die ou probeer verwyder, maar hy breek toe los, hardloop weer die saal binne en hou aan om te skree. Die BBC vra toe die gehoor of hulle net kan bly sit sodat hulle die 3de beweging weer kan opneem. Die volgende dag was dit op die voorblaaie van ’n helse klomp koerante. Dit kom toe aan die lig dat die eerste vyf rye in die saal gevul was met mense van ’n mental institution.

Wat dink jy is die nut daarvan om reedsbestaande, Europese musiek vir Suid-Afrikaners te speel?

Ek speel net goeie musiek. Dit maak nie saak watter musiek dit is nie. Dit is wat ek probeer doen met die kamermusiekfees. Daar is ou musiek, Europese musiek wat dit werd is om ’n verhoog te kry. Of dit nou in Afrika of die Ooste is. Dit geld vir musiek van alle kulture en style. If it’s good, I’ll put it on.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top