Wilken Calitz

Wilken Calitz voltooi sy meestersgraad in musiek aan die Universiteit van Stellenbosch en doen hierna voltyds viool- en kitaarwerk as solis en begeleier.

Hy het die musiek vir verskeie verhoogstukke gekomponeer, oa Kristalvlakte wat genomineer is vir  ’n Fleur Du Cap-Teatertoekening vir Beste Oorspronklike Klankbaan. Verder het hy die musiek vir die opera, Die Vertek, geskryf asook die die klankbaan vir die Via-TV program, Honger.

In 2012 behaal sy radiodrama Veertig dae   ’n tweede plek in RSG se radiodramakompetisie.

Sy verhoogstuk 2092: God van klank wen die 2013 Woordfees Uitskieterprys en word vir ses Fleur du Cap-teatertoekennings genomineer. Van sy onlangse tekste vir verhoog sluit in: Veelvoud van BestaanKaratara en Salome. Hy verwerf  ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden.

Sy debuut-roman Swart swaan is 2020 uitgegee deur Umuzi.

Toyota US Woordfees: Wilken Calitz oor sy verwerking van Prente by ’n uitstalling

Izak de Vries, Wilken Calitz Toyota US Woordfees 2022-10-06

Wilken Calitz vertel vir Izak de Vries hoe hy hierdie projek aangepak het.

Wesens: Discovery of “the other” in the Klein Karoo

Wilken Calitz Film 2021-05-12

"As Kaang and Kuyper witness each other’s departure to wherever, the penny drops. Proximity, no matter how uncomfortable, is perhaps South Africa’s only remedy."

Nina Schumann: Om ’n lewe aan 88 klawers te wy

Wilken Calitz, Nina Schumann Onderhoude 2020-10-07

Nina Schumann het onlangs haar 50ste verjaarsdag gevier en is al sedert haar tweede lewensjaar besig om die wondere van musiek te ontdek. Dis die note, die eindelose maniere om musiek te vertolk, die strukture, geheime sinergie tussen gehoor en performer wat haar ná soveel jare steeds betower om daagliks ondersoek in te stel na wat verskuil is in die 88 klawers van die klavier. Wilken Calitz gesels met Nina.

Korona-kortverhaalfees: Wilken Calitz oor "RE:"

Melt Myburgh, Wilken Calitz Skrywersonderhoude 2020-08-12

"'RE:' is basies ’n klomp back-and-forth e-posse tussen al die rolspelers wat hy betrek om sy plan te laat slaag. Mister X is ’n bedenklike figuur uit die onderwêreld wat die mediese fonds se vervalsing behartig."

RE:

Wilken Calitz Fiksie 2020-08-12

"Elke les word noukeurig nagesien en punte word gegee vir vordering. Swak storielyne en herhaling van vorige drome word swaar gestraf met drie bladsye se dramatiese voordrag uit Graeme Smith se biografie."

Wilken Calitz oor sy musiekloopbaan en oor sy debuutroman

Maryke Roberts, Wilken Calitz Skrywersonderhoude 2020-08-03

"Ek is nie heilig op my werk nie. As jy die regte mense kies, word jou teks net beter."

"Slimgeit lê in eenvoud" – Wilken Calitz gesels oor sy debuutroman Swart swaan

Remona Voges, Wilken Calitz Skrywersonderhoude 2020-07-22

"Lesers stel nie belang in skrywers nie. Hulle is op soek na karakters wat onverwagse goed aanvang."

Carin Bester: "As jy nie opstaan vir geweldsmisdade teen vroue nie, wakker jy dit aan"

Wilken Calitz Kuns 2020-04-29

"Benewens Carin Bester se werk as aktrise en stelontwerper is sy ook ’n vertoonkunstenaar wat haar beywer vir die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Ek het haar uitgevra oor hoekom sy bereid is om kaal voor mense te staan, haar eie bloed te tap vir ’n optrede, en wat die nut is van haar dapper pogings."

NouNet-mening – "Ek het my eerste parkrun oorleef": ’n Ware verhaal van onfiksheid en selfverwyt

Wilken Calitz NouNet 2020-02-28

"Die mistige wyshede hou jou brein besig en sit die eksistensiële angs vir ’n wyle onder ’n maatemmer. En daar, te midde van sweet, angs, blatante woede en selfverwyt, sweef ’n swerm versreëls tot my redding."

Die belang en behoud van musiekvenues in Kaapstad

Wilken Calitz Menings 2020-01-15

"Ek het ’n paar venues se eienaars en bestuurders gaan opsoek om te hoor hoe hulle oor ’n leë verhoog voel."

NouNet-mening: "Dis darem ’n f….n mooi strand!" ‒ ’n Ondersoek na die wetsontwerp wat vloek op strande verbied

Wilken Calitz NouNet 2019-09-19

"Indien dit wel deurgevoer word, sal die gange in die howe besaai wees met swetsers in boeie. Die strande sal vol wetstoepassers wees. Die woordeboek-industrie sal vlamvat. Vertalers en taalkundiges sal topsalarisse verdien en uiteindelik sal morele waardes weer aan die orde van die dag wees."

Afrikadag-lesing: Kan skole ’n inklusiewe Afrika-identiteit bou?

Wilken Calitz Menings 2018-06-13

"Na ’n staaltjie of twee gooi hy die eerste stuk vet tussen die vlamme. Die probleem met die verdeeldheid wat tans in skole en universiteite heers, sê hy, is nie die studente en kinders se skuld nie."

'n Gesprek oor God van Klank

Joan-Mari Barendse, Paula Fourie, Wilken Calitz Seminare en essays 2015-09-01

"Musiek het twee funksies. Die een is plesier en die ander een is alles behalwe plesier."

Die Skynmaagde: Satiriese blik op die (on)werklikheid

Gerdus Senekal, Wilken Calitz, Henry Cloete 2013-01-28 "[Etienne] Leroux was maar die kampvegter vir normale Afrikaners in vreemde plekke en situasies. Dit is waar ons somehow beland het met ons musiek en lirieke. Dit is ook waar ons wil wegdoen van bestaande goed af."

As die bokke nie wil cuddle nie: Die voorstedelike raaisel van die ewig ontwykende beminde

Wilken Calitz 2012-11-20 "So is mans ja, rugby liefhebbende, motormal, James Bond-manne. Die toutrek ding is bloot om ons te laat geld in ’n tyd wat ware man-wees bevraagteken word."
Top