Onderhoude
Interviews about topical issues
#opdielug met Deidre Jantjies
2020-11-04Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Deidre Jantjies. Deidre vertel vir Robyn van de Rhede meer oor haar vervaardigingsmaatskappy (wat onbekende geskiedkundige verhale van Suider-Afrika vertel) en haar N/uu-, Griekwa-, Nama- en Korana-erfenis.
Só kan Pentekostaliste die mag van ideologie breek
2020-11-04"As die ‘wit’ kerk meer sou luister, sal hulle waarskynlik ophou vra hoeveel keer ons nog apologie moet aanteken en iets begin doen aan die haglike lewensomstandighede van die meerderheid mense in ons land. Die voorwaarde vir vrede in Suid-Afrika hou verband met geregtigheid wat sigbaar veranderings in mense se lewensituasie veroorsaak."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gert Grobler
2020-11-03Stembusdag: 3 November. Freek Robinson gesels met Gert Grobler, afgetrede beroepsdiplomaat, oor die internasionale belang van die Amerikaanse presidentsverkiesing.
Terugkeer op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates en Mustafa Ates
2020-10-30"Die Netflix-reeks Chef's table was die inspirasie vir ’n program oor sjefs in klein dorpies en die pilot het ons by Simply Saffron, in my tuisdorp, Prins Albert, verfilm."
ATKV-oorde: ’n onderhoud met Reinard du Plessis
2020-10-30"Ons is baie dankbaar dat al sewe ons oorde nou weer volstoom aan die gang is."
Twee ATKV-Woordveertjies vir Fanie Viljoen: 'n Onderhoud
2020-10-29"Ons leef in onsekere tye. Mense probeer op die een of ander manier ankers teen die storms kry."
Jaco Jacobs, wenner van twee ATKV-Woordveertjies: 'n onderhoud
2020-10-29"Die beste stories is dié waarin doodgewone mense ongelooflike dinge doen. Ek het in die Karoo grootgeword, waar mense mekaar se stories ken, en dit het van kleins af ’n groot indruk op my gemaak."
Afrofuturisme in Afrikaanse letterkunde: ’n onderhoud
2020-10-29"Afrofuturisme wil Afrika se plek aan die tafel in die toekoms bevestig en ook aan die mense bewys dat daar potensiaal is vir soveel meer."
Francois van Coke vir die Suidoosterfees-inryteater
2020-10-28"Ek is ’n fan van saamwerk; ek leer baie by die mense met wie ek collab, nie net oor musiek nie, maar ook baie oor persoonlikhede; musiek is vir my ’n spansport."
Kurt Darren verjaag COVID met ’n vuurtjie
2020-10-27"Die grendeltyd het ons nog eens laat besef hoeveel ons almal mekaar nodig het; net om te kan gesels en saamlag is deel van ons menswees. Die liedjie laat jou uitsien na die goeie tye wat voorlê."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Frans Cronje
2020-10-25Meer werksgeleenthede is in die eerste ses maande van die jaar in Suid-Afrika verwoes as wat in 10 jaar geskep is. Sal pres Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan die situasie kan beredder? Freek Robinson gesels met Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, oor die vooruitsigte.
Afrikaanse wetenskapfiksierolprent Wesens binnekort in teaters
2020-10-22Die rolprent speel af op ’n plaas in die Karoo in 1967, waar ’n vreemde voorwerp geland het en vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensiediens-agente vervolgens onder streng geheimhouding ondersoek instel. Wat volg, is ’n raaiselfilm wat jou tot op die laaste oomblik boei. Die skrywer en regisseur Derick Muller vertel meer. Wesens is landwyd van 23 Oktober af in teaters te sien.
"My nooi is in ’n nartjie": ’n onderhoud met Lara Kirsten oor die ClemenGold-projek
2020-10-22"Nadat hy my gedigte ontvang het, het hy met groot opwinding van sy idee vertel – ek moet ’n hele paar skrywers in Suid-Afrika nader om oor die nartjie te skryf."
Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier
2020-10-19"Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en was daar geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor."
Tribuo-fonds: Nuwe fonds help kunste na pandemie
2020-10-19"Kunstenaars wil nie bakhand staan nie, en ons grootste prioriteit is om nou vir kunstenaars en tegnici werk te skep, terwyl ons in gedagte hou dat daar ’n groot nood is. Die volgende siklus open op 1 November en die aansoekvorm sal ook daar beskikbaar wees op ons webblad."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Elmien du Plessis
2020-10-15Wat gaan van grond word? Freek Robinson gesels met Elmien du Plessis, medeprofessor in onder andere onteieningsreg by Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).
Stam: ’n onderhoud met Louw Venter
2020-10-15"Ek koester ’n droom vir Afrikaanse film wat op sy eie twee bene kan staan op die wêreldverhoog. Onverbonde aan die vrees oor teer punte vir plaaslike gehore. Afrikaanse film wat broos, dapper en modern is op dieselfde manier as onafhanklike kunsfilms soos dié vanuit Suid-Korea, Suid-Amerika en Europa."
’n Onderhoud met Danie van Wyk, nuwe voorsitter van die DAK Netwerk
2020-10-15"DAK is afgelei van die name van drie prominente Khoi-leiers aan die Kaap in die vroeё 1600’s, naamlik Doman, Autshumao en Krotoa."
Ingrid Jones se inperkingsresepte word ’n kookboek en tydskrif: ’n onderhoud
2020-10-15"Dit voel soos my tribe ..."
Reguit met Robinson: ’n Podsending met Pieter-Dirk Uys
2020-10-14Die satirikus Pieter-Dirk Uys vier vanjaar sy 75ste verjaarsdag, tannie Evita haar 85ste. Freek Robinson gesels met Pieter-Dirk oor korona, korrupsie, Afrikaners en tannie Evita.
