Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Geheime van blitsverkopers in Afrikaans
2022-03-16"Reeds in 1979 het ek op ’n dag aan Charles Malan gesê dat as hy my sou sê waar ’n persoon gestudeer het, wie sy vriende (en vyande) is, ens, dan sou ek voorspel wat die beoordeling van sy werk sal wees." – Hennie van Coller oor sy en Joanita Erasmus-Alt se Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking.
Philip de Vos en Piet Grobler gesels oor Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes
2022-02-24Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes is ’n bundel versies deur Philip de Vos met tekeninge deur Piet Grobler. Izak de Vries het met albei gesels.
Grootgeluk: ’n onderhoud met Jan van Tonder
2022-02-17"In ’n stadium het Jenny vir my gesê ek moet onthou dis nie ’n biografie wat ek skryf nie: 'Vertel die stórie.' Dit het my baie gehelp. Ek kon net die essensie van die werklikheid gebruik waar dit nodig was en sodoende by die waarheid van my verhaal bly."
Interview with Cathy Park Kelly, author of Boiling a frog slowly
2022-02-02"My heartfelt hope is that this book reaches those who are in toxic situations (whether at home or at work), where their boundaries are being transgressed, and that reading it helps them to see their situation with clearer eyes and take steps to protect themselves."
Wat is ’n "egeltjie"? Solet Scheers praat oor haar kortverhaal in Die meisie met uitroeptekens in haar oë
2022-01-25"Ek is dol op krimpvarkies en het nou reeds al die truuks in die boek gebruik om enetjie in my tuintjie in te lok, maar tevergeefs. Daar heers al etlike jare 'n dodelike siekte onder krimpvarkies in Nederland en die 'dierenambulans het hulle hande vol om soveel moontlik van die diertjies te red voor dit te laat is."
Cliffordene Norton se nuwe skryfwerk: ’n onderhoud
2022-01-12Cliffordene Norton, wat LitNet se nuwe skryfwerk hanteer, praat met Naomi Meyer oor Cliffordene se eie skryfwerk.
Die troebadoer, ’n vertelling: ’n onderhoud met Marié Heese
2022-01-12"Hier wil ek jou iets vertel wat die dramaturg Bartho Smit eenkeer gesê het by ’n byeenkoms van die Skrywersgilde waar ek was. Hy het gesê jy moet altyd onthou jou onderbewussyn is jou medeskrywer. Die allegoriese benadering het my as’t ware bekruip."
25 trappe na benede, ’n onderhoud met Madelein Rust
2021-12-22"Sonder dat sy bewus is daarvan, span sy in wat sy desnoods deur die jare moes aanleer om haar emosionele en fisieke welstand te verseker – ’n vermoë om mense se liggaamstaal sowel as mikro- en makrogesigsuitdrukkings te interpreteer. Mense wat vir lank aan fisieke en emosionele geweld onderwerp word, word dikwels meesters van interpretasie."
Elsa Winckler, iemand wat lief is vir die liefde
2021-12-22"Die agape-liefde sou ek sê kom eers later, lank na eros. Eros is die eerste vonk, die deel waaroor ek so graag skryf, en dis belangrik."
Die Andrew Murray Prysfonds: ’n gesprek tussen Bettina Wyngaard en Frits Gaum
2021-12-21"Afrikaans het nog altyd ’n spesiale plek in die fonds se grondreëls – die 'moederprys' van die fonds, die Andrew Murray-prys, is vir Afrikaanse publikasies bedoel."
Through your eyes, ’n onderhoud met Marianne Lomberg, wenner van ’n Strelitzia-toekenning
2021-12-15"Jou taalgebruik en verduidelikings is uniek en manjifiek. Die leser kan letterlik jou woorde omsit in ’n prent. Dis ’n spesiale gawe om so met woorde te kan inkleur."
Robert – a queer and crooked memoir: ’n onderhoud met Robert Hamblin
2021-12-10"Op my ouderdom en vanweë dit wat ek ervaar het, is gender en seks heeltemal oop en bestaan daardie kategorieë slegs soos blomme met baie kleure en teksture sáám in ’n bos. Nie soos mielies in rye langs rye lusern in ’n nabye land nie."
Die teenoorgestelde is net so waar: ’n onderhoud met Azille Coetzee
2021-12-10"Ek dink ek is ook baie gelukkig in terme van die globale tydsgees. Dit is nou die tyd dat jong vroue se stories oor jong vroue baie spesifiek aandag kry en ernstig opgeneem word in die literêre wêreld. Ek het gevoel die tyd is weer reg vir so iets in Afrikaans."
Elisabet se oorlog: ’n Onderhoud met Helene de Kock
2021-12-07"Dit was, soos met alle skryfwerk, nie maklik nie. Dit het maar woord vir woord gebeur. ’n Klein bietjie lig wat elke dag val. Ook net as jy toegewyd daaraan werk."
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Zelda Bezuidenhout se kortverhaal oor siekte en sustersliefde
2021-12-07"Ek was aanvanklik huiwerig om oor ernstige siekte vir daardie ouderdomsgroep te skryf, maar het gou besef dat kinders van jongs af aan dié soort trauma blootgestel word. Soos alle stories met 'ongemaklike' onderwerpe, sal dié een hulle hopelik minder alleen laat voel."
The ANC’s last decade: an interview with Ralph Mathekga after South Africa’s municipal elections
2021-11-22"The elections bring more uncertainty in the system. The elections show that the ANC is indeed in trouble, but so is the DA."
Die getuienis: ’n onderhoud met Francois Smith
2021-11-22"Ek dink die vraag is eerder of ék ’n geloofwaardige getuie was. Die waarheid van fiksie lê by die geloofwaardigheid van jou verhaal."
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Nelia Engelbrecht se kortverhaal oor vreemde familielede
2021-11-19"Begripstoetse: ’n Gedeelte van die storie kan aangebied word en vrae (die wat in die boek verskyn of eie vrae) kan daaroor gevra word. Onderwysers kan byvoorbeeld vir die leerders vra waarom hulle dink Kedoef is ’n goeie naam vir ’n olifant."
Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Wessel Pretorius oor sy storie, "Love in Autumn"
2021-11-19"Ek moes ’n ou metaforiese kas gaan besoek waar daar baie sulke stories begrawe is. En ek wou vir daai arme mollige seuntjie met die Streisand-CD in sy Discman ’n gelukkige einde gee."
’n Vraaggesprek met Pieter Fourie – teaterman, digter en woordkunstenaar
2021-11-15Marlene Malan het ’n onderhoud met Pieter Fourie gevoer toe sy debuutdigbundel in 2017 verskyn het. Dis nog nie elders gepubliseer nie: "Die kunstenaar bly maar deur die eeue heen die vlermuis van die samelewing. Onaansienlik, oënskynlik blind, ’n nagding, en hy maak aaklige geluide ..."
