Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Elanie Boshoff
2021-06-01"Afrikaans bly steeds my taal, en Afrikaans is so uitspattig, so ekspressief, dit smeek om in geskryf te word."
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Mercy Kannemeyer
2021-05-31"Ek staan in twee wêrelde – teater en Afrikaans. Soms kom die wêrelde byeen, en soms nie."
Escape from Pretoria: ’n onderhoud met Tim Jenkin
2021-05-28"Ek het geleer dat wanneer jy ’n uitdaging in die gesig staar, jy nie sommer net die hele oplossing kan sit en uitwerk nie. Jou wegspringplek is om jou doelwit neer te pen. ’n Plan is ’n dinamiese, veranderlike stel riglyne wat geskaaf word soos wat jy praktiese aktiwiteite begin uitvoer. Daar sal vele draaie en swaaie wees, want jy kan die volgende stap beplan slegs as jy die vorige uitdaging oorkom het."
2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an interview with Jayne Bauling
2021-05-26"It’s rewarding and challenging to write for readers who are no longer children but who feel things intensely."
Vin deur Lien Botha: ’n gesprek met die skrywer
2021-05-25"Ek dink met goeie kuns, wat kom van daardie plek wat amper primal is, jy weet, is dit nie goed wat jy doen vir geld nie, of wat ook al nie. Dit is daardie gevoel om aan die olifant te vat. Die vel en die tekstuur te voel. Die oog."
Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Annerlé Barnard
2021-05-20"Ek het een nag in die middel van ’n droom wakker geword en onmiddellik geweet dat my droom die begin van ’n storie was wat ek net móés skryf. Robotte was in ’n spel met die mensdom gewikkel."
Spiritualiteit: ’n gesprek tussen Abel Pienaar en Estelle Kruger
2021-05-19"Ek verstaan spiritualiteit as ’n reis en nie ’n bestemming nie. Daarom is dit vir my en my medereisigers so belangrik om ’n lewe van verwondering en eerbied voor die groot en onpeilbare Geheim, wat ons die goddelike noem, te leef en te sterf."
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Lydia Gittens
2021-05-17"Ek is tans werksaam as verpleegkundige in ’n rehabilitasiesentrum vir alkohol- en dwelmverslaafdes. Dis ook hier waar my passie vir skryf werklik begin het."
Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Ihette Senekal
2021-05-11"Vyf sekondes voor Vrydag se hoofkarakter is Jana Roux, ’n doodgewone graad 11-meisie – en soos alle doodgewone graad 11-meisies, het sy ook haar geheime."
NP van Wyk Louw: Versamelde dramas – ’n onderhoud met Kristél de Weerd en Deborah Steinmair
2021-05-11"Sy geskenke aan ons taal, ongelukkig nou gesien as die taal van die onderdrukker, sal oorleef solank Afrikaans, nerfaf en gekneus, oorleef."
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Andries Bezuidenhout
2021-05-07"Waar jy jou op die landskap bevind, bepaal hoe jy die landskap beleef – of jy tuis of vervreemd voel, of dalk gemengde gevoelens daaroor het, of jy in ’n woonstelblok, ’n sekuriteitskompleks of ’n informele nedersetting woon. Landskappe is ook hoogs simboliese plekke."
Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Faeed Amardien
2021-05-06"Ek dink daar word nie genoeg erkenning gegee aan Kaapse Afrikaans nie. Dis ’n storie wat handel oor die narratief op die Kaapse Vlaktes, dus het ek gedink dis meer eg en outentiek om in Kaaps te skryf. Dit pas in die verteller se mond en maak dit baie meer persoonlik terwyl jy lees."
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Sarie Nell
2021-05-05"Twee jaar gelede vertel ’n bejaarde familielid vir my ’n aangrypende ware verhaal. Dit maak daarna nes in my gedagtes."
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Salvia Ockhuis
2021-05-05"Ek skryf graag stories oor my komvandaan, aangesien daar nie juis sodanige letterkunde tans bestaan nie en die ouer garde besig is om (stories en al) uit te sterf."
Frederik de Jager: ’n Herd wat knetter met stories
2021-05-05Frederik de Jager: "Ek skat ek is bloot lief vir die tasbare wêreld en ek hou die hele tyd ogies op steeltjies, sodat wanneer ek iets skryf, die gepaste waarnemings hulleself aanmeld."
Sanlamprys vir jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Betsie van Niekerk
2021-04-23"Nie net hulle lyding, verslaenheid en oorlewing is ’n groot deel van die verhaal nie, maar ook hulle ongelooflike vermoë om te midde van alles tog met lewe aan te gaan; selfs vreugde en hoop te vind, om onverpoosd núút en oor te begin."
2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an interview with Musa Baloyi
2021-04-22"The idea of writing this novel came after I noticed that there are many famous artists who die poor in our country. Mostly, it’s due to lack of education, because they can’t interpret their contracts. They can’t manage their money. They can’t work elsewhere if their talent becomes unproductive."
2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an interview with Jaco Fouché
2021-04-22"Why write? Because you (as a reader yourself) know all about the joy that a reader finds in a good book. You want to replicate that joy, be responsible for it. A book is a hand reaching out, sometimes to communicate, sometimes to offer comfort, sometimes to outrage."
Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Johan Fourie
2021-04-22Die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gesprekke word vanjaar van 27 April tot 1 Mei in die Kunstekaap aangebied. Die gesprek "Die lang pad na ekonomiese vryheid", met Johan Fourie, Nicoli Nattrass en Rachel Jafta, vind op 30 April plaas. Bennie Linde gesels met Johan oor sy boek.
Tienie Holloway-medalje 2021: ’n onderhoud met Fanie Viljoen en Tumi Steyn
2021-04-21"Ek wou die klein lesertjies laat verstaan dat daar hulp sal wees as hulle praat, en ek wou hulle toerus met maniere waarop hulle hulp kan vra."
