Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Rachelle Greeff se mentorhart oop vir nuwelingskrywers
2021-02-11"Die laaste sewe jaar was Rachelle betrokke by die Breytenbach Sentrum se skryfskool in Wellington, en vanjaar sit sy haar begeleiding van belowende skrywers onafhanklik voort in ’n kleiner, intieme formaat."
Toekomsmens deur Isa Konrad: ’n onderhoud
2021-02-04"Die beste wetenskapfiksie daag die leser uit om jou realiteit opnuut in oënskou te neem deur jou ’n alternatiewe realiteit aan te bied. Mens kan dit seker as sinlose bespiegeling afmaak, maar goeie wetenskapfiksie laat my nadink oor my eie wêreld: waar ons vandaan kom, waarheen ons op pad is, en ons plek in die kosmos."
Kanaän: ’n onderhoud met Sophia Kapp
2021-02-04"Ja, ek het dit doelbewus so gekies, want dit gaan hier, soos in al my boeke, oor die idee dat ’n mens iewers hoort. Dat ’n mens aan mense en aan ’n plek behoort. Dis natuurlik dieselfde narratief wat die hele grondkwessie in die land onderlê: Dit gaan nie oor aan wie van ons die grond behoort nie, dit gaan oor wie van ons aan die grond behoort."
Antjie se oog op môre
2021-02-03"In die lieflike liggevulde vertrek gaan sit ek die eerste oggend en op die bladsy van ’n gedig waaraan ek wou werk, begin ek, asof in ’n dwaal, asof ek oor ’n groot skeur in die grond spring, die drama skryf."
Donkerdrif: ’n onderhoud met Deon Meyer
2021-01-28"Ek het nog altyd as leser van boeke gehou wat my met ’n morele dilemma laat, veral die konflik tussen die regsproses en regverdigheid."
Ouma Hester en die Getaway-kar: ’n onderhoud met Janie Oosthuysen
2021-01-25"[Ek skryf] seker maar vir die kind binne-in myself. En dan vir almal wat uit die alledaagse wil ontsnap en bereid is om die realiteit ’n bietjie op te skort en saam met ons drie helde op ’n wilde avontuur te vertrek."
Die heelal op my tong: ’n onderhoud met Anoeschka von Meck
2021-01-20"Hierdie boek is nie net vetfiksie nie, maar ook bisarofiksie. Deel van die lekkerte van hierdie verhaal is dalk juis om te kan bespiegel wat is waar en wat nie."
Koerant deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk en gesprek
2020-12-22"My groot passie en eerste liefde: die koerant in al sy dinamiese fasette."
Amper Frans – die perfekte antidoot teen styfhoofdigheid
2020-12-21"Lag, soos al ons oumas gesê het, is die heel beste antidoot vir styfhoofdigheid en ander hardnekkige nukke. Humor is vir my net so belangrik soos dankie en asseblief."
Om alles brutaal te herrangskik – Deon Wiggett oor ’n Enkele verhaal
2020-12-10“I can tell you for free dat die booswigte selde vreemde mans met lekkergoed in bakkies is.”
Skepsel: ’n onderhoud met Willem Anker
2020-12-10"Ek dink dit is Michel Foucault wat gesê het hy skryf om anders te word. Dis miskien nie die enigste rede nie, maar dis ’n goeie rede."
Annelie Botes en Deborah Steinmair gesels oor Voetstoots
2020-11-26"Daar is ’n musikaliteit in ou Afrikaanse gedigte. Dis selde dat ek ’n volle gedig memoriseer, maar sedert my hoërskooljare kan ek talle grepe in my slaap opsê."
Gewone taal, asseblief, sodat kwesbares ook verstaan
2020-11-25Eleanor Cornelius: "Indien daar met Afrikaanssprekendes gekommunikeer word in taal wat hulle geredelik kan verstaan, en konstruksies gebruik word wat nie uitermate kognitiewe inspanning vereis nie, sal al hoe meer mense geneig wees om belangrike dokumente te lees wat hulle lewens en lewenskeuses kan beïnvloed."
Beskut teen vrese: ’n onderhoud met Cas Vos
2020-11-25"Dit was nagdonker en ek moes die deur oopmaak. En wie staan daar? Corona met ’n opdrag: skryf oor my en my bondgenote."
Als is ’n f*kop: ’n gesprek met Tobi Jooste
2020-11-20"Die boek gaan nie oor COVID-19 nie, alhoewel die virus die mat onder my voete uitgeruk het, nes by die mense in die res van die wêreld," vertel Tobi. "Ek kon nog met van die inperkingsreëls (hoe belaglik dit soms ook is) saamleef, maar wat my bekommer, is die emosionele impak wat die pandemie op mense het."
Engela Duvenage, skrywer van Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika, ’n onderhoud
2020-11-18"Ek hou daarvan om ’n bietjie oor baie dinge te weet. ’n Skoolvriend het destyds al gesê ek het ’n brein soos ’n Chappies-papiertjie."
Verskeie voëls en Die 17de veer: ’n gesprek met Nanette van Rooyen
2020-11-18"Ek hou my kinders dop. Ek luister hulle af. Ek probeer kyk deur hulle oë."
Wys my jou Waarheid met Lidia: ’n onderhoud met Ivor Swartz
2020-11-13In haar eerste maandelikse podsending gesels Lidia Rauch met die skrywer (Die verlore seun vannie Gaatjie, Lux Verbi 2020) en jeugdominee Ivor Swartz.
Inter-review with Colleen Higgs about her memoir, My mother, my madness
2020-11-13"I think my mother’s death released me; I felt the burden of responsibility lift from me."
23-jarige student Joha van Dyk se debuutroman landswyd gepubliseer
2020-11-13"Ek was al aan die skryf vanaf ’n jong ouderdom en dit was nog altyd my droom om ’n skrywer te wees. Ek het op ’n punt gekom in my derde jaar op universiteit waar ek net besef het, 'Wel, ek wou nog altyd ’n skrywer wees; hoe lank wil ek nou nog wag voordat ek kanse begin waag en my manuskripte instuur vir publikasie?'"
