Hier’s splinternuwe lirieke - soos lirieke vir Sing ’it, LitNet se liriekkompetisie, geborg deur Sanlam. Cool new lyrics – like lyrics for Sing ’it, LitNet’s lyrics competition, sponsored by Sanlam.
Melanie Joubert2011-09-26Gevalle engel Jy is ‘n verdwaalde wandelaar Jou soektog loop in sirkels, aanmekaar Soek jy na verlore skatte, jy het jou tyd verspeel Die stralekrans om jou het verdwyn
Connie Myburgh2011-09-26Droomkasteel Onbekende dreig op die horison gaan met vrae en onsekerheid my dae om net ‘n dowwe beeld wat voor my lê kontempleer en probeer vorentoe beweeg.
Connie Myburgh2011-09-26Soutwater-oë (my woorde) Soutwater-oë. Verlore geliefde. Wat moet ek sê om jou te troos? Almal wat saak maak, gaan verlore. Al wat uitkom is ... Ek’s jammer om te hoor.
Connie Myburgh2011-09-26Tussen stof Plaas my drome in ‘n boks onder ‘n pel se bed en daar vergaar dit stof. Daar gaan lê my drome tussen stof, tyd en buite bereik van ore.
Connie Myburgh2011-09-26Die enigste manier Hier staan ek nou, arms oop voor jou, en ek wens ek kon dit net beter vir jou sê Want dit wat ek voel wil ek net met jou deel ... al wat ek vra is om my ’n kans te gee Want dis die enigste manier wat ek ken en wat ek het Om te sê ...
Pierre Ackermann2011-09-26Die storie As dinge maar net gewerk het soos dit in feëverhale werk As elkeen van ons maar net ons perfekte love story kan hê Waar alles net perfek is, alles net reg is Alles net in plek val soos wat jy dit graag wil hê
Pierre Ackermann2011-09-26Hoop Soms is hoop ’n onwerklike droom wat nooit sal realiseer nie ’n leë gedagte wat nooit, ooit sal gebeur nie. Soms hoop ek dat als net oukei sal wees en dat dié hartbreek nie sal gebeur nie.
Pierre Ackermann2011-09-26Betekenislose verlange Dink jy nou aan my soos ek aan jou Wonder jy ooit of ek dit nog hier binne-in my hou Kan jy nog onthou ons tye saam Dit was min maar onvergeetlik daar
Pierre Smith2011-09-26Donasies Dit maak nie saak hoe hard ek skree nie Hoekom wil ons nou vergelyk? Dit maak nie saak wat met my gebeur nie Ek’s net ’n siel in ’n half-lewende lyk
Pierre Smith2011-09-26Plasties Jou plastiese bestaan laat my soms wonder wie jy is Jou aanhoudende opinies laat jou veilig onbewus Jou onbeperkte aandag aan jou honger en wellus Maak oop jou oë vir net een keer En sien dis als ’n klug
Carike Verbooy2011-09-26Martelfees Ek is toegesluit in ’n kamer wat my herinner aan ’n tronk. Die klanke dreun in van buite, gille van genot. Waar wandel jy vanaand, terwyl ek en sit wag vir jou? Waar soek jy vanaand jou bevrediging, oomblik van genot?
Lita van der Merwe2011-09-26Fisika Vers 1 Dis complicated Heavy underrated Die century se understatement Die grammatika van liefde ’n Probleem wat almal aanskou So waarna kyk ons nou:
Lita van der Merwe2011-09-26Sonskyn in die donker Vers 1 ‘Skuus liefling ek moet dit sê Dit wat ek elke dag van my bestaan wil hê So hier is my lirieke Geskryf met wonder en onaardse tegnieke
Lita van der Merwe2011-09-26Dowe klanke Vers 1 Gange van verlore skadu’s Dowwe note fluister in my oor Alles wat ek sien Niks wat ek ooit weer sal hoor Aangesig teenaan Die groen, rooi, geel lig Doof, blind en beroof
Lita van der Merwe2011-09-26Abstrak Vers 1 Vleuels, veels te veel Niks wat ek die kunstenaar kan steel Mooi, môre, myne Obstruksie tussen gekleurde lyne Vasgevang in skewe hande Senuwees hang aan die rante
Lita van der Merwe2011-09-26Die glyding skeiding Kulkunstenaars, deskundiges Dermatoloë, nuwe bevindings Geskryf op Kleenex Die begin van ’n toekoms In duisende rigtings
Lara Cameron2011-09-26Jy is Jy’s my lifeline Baby My dark chocolate Jy proe soos Savanna light op ’n warm dag Jy’s my adrenalin rush My energy junkie Jy’s my moonshine Baby