"Die glyding skeiding" deur Lita van der Merwe

  • 0

Die glyding skeiding

Kulkunstenaars, deskundiges
Dermatoloë, nuwe bevindings
Geskryf op Kleenex                             
Die begin van ’n toekoms
In duisende rigtings

Koor

Prestik, Bostik, Milchik
Jode, gelowe, gasstowe
My Sta-soft raak min
My make-up was af                           
Stof op my wange
Grease op my oë
Maak ek toe?
Ek raak weg
Help my vrede tog te veg

Vers 2

Ja, nee, miskien, asseblief
Laat my toe om my taal te kies
Ek is swart en wit
Geskei, tussen jou en my                                   
Ons en hulle
Julle, sal nooit sien
Hoe dit was
In ’n era met klas

Koor

Prestik, Bostik, Milchik
Jode, gelowe, gasstowe
My Sta-soft raak min
My make-up was af                           
Stof op my wange
Grease op my oë
Maak ek toe?
Ek raak weg
Help my vrede tog te veg

Einde

Ek ry in my rooi motor
En saam ry ook talent
Rou in sy vorm                                    
Leeg in sy prent

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top