"Vasgevang" deur PW Dempsey

  • 0

Vasgevang

As ek kon wakker word en die hemele staan voor my
Sal ek alleen die langpad stap of sal jy vir my wag?

Ek het al baie gedroom dat ek jou vashou.
Sal jy my ooit probeer vind?

Ver weg, verwyderd en alleen.
Kom jaag die donker saam my weg.

Vasgevang in jou woorde wat raaisels vir my kweek.
Kan ons ons emosies vertrou?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top