"Poppie" deur Monique Harris

  • 0

Poppie

Vers 1

Sy dra high heels en ’n skinny
Sy’s popular verby
Hang uit by ouer vriende en gluur vir my
Show af haar sexy ou
Met sy bruingebrande abs
Drink ’n cider uit die bottle
Dink sy’s vreeslik fab

Vers 2

Bly in ’n mansion
Is ’n biljoenêr
Ry ’n oopdak-sportskar
En kom van ver
Dra Billabong-bikini’s
Eet kaviaar
Permanent in die toilet
Want sy kry net nie klaar

Koor

Sy dra maskara
Asof dit uit die mode gaan
Sonder base of lipstick
Stort sy ’n traan
Poppie
As sy haarself in die spieël bekyk
Sy kan net nooit
Maer genoeg lyk

Vers 3

Met haar wit Barbie-hare
En haar ysblou oë
Kan sy enigiemand haar storie laat glo
Luister net harde rockmusiek
Trek haar neus op vir enige sale-fabriek

Vers 4

Doen nooit haar huiswerk
Kom altyd daarmee weg
Altyd besig op haar selfoon
Sy dink dis haar reg
Tune die meneer
Hy lyk gay
Sodat sy net nog ’n bietjie
aandag kan kry

Koor

Sy dra maskara
Asof dit uit die mode gaan
Sonder base of lipstick
Stort sy ’n traan
Poppie
As sy haarself in die spieël bekyk
Sy kan net nooit
Maer genoeg lyk

Vers 5

Sy gooi altyd groot paarties
Ek word nooit uitgenooi
Met groot sterk bouncers
Wat mense uit kan gooi
Sy moet altyd die ster van die aand wees
Vir almal behalwe ek is dit altyd ’n fees

Vers 6

Met kort sletrokkies en hooker-hake aan
Kan sy by enige club of party ingaan
Met ’n fake ID van haar beste pel
Voel sy op haar gemak in haar eie vel

Brug (stadiger)

Sy dra maskara
Asof dit uit die mode gaan
Sonder base of lipstick
Stort sy ’n traan
Poppie
As sy haarself in die spieël bekyk
Sy kan net nooit
Maer genoeg lyk

Koor

Sy dra maskara
Asof dit uit die mode gaan
Sonder base of lipstick
Stort sy ’n traan
Poppie
As sy haarself in die spieël bekyk
Sy kan net nooit
Maer genoeg lyk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top