Hier’s splinternuwe lirieke - soos lirieke vir Sing ’it, LitNet se liriekkompetisie, geborg deur Sanlam. Cool new lyrics – like lyrics for Sing ’it, LitNet’s lyrics competition, sponsored by Sanlam.
Venessa Atson2011-09-27Play your part I'm done crying, there's nothing left to see You've made your point and a fool out of me I'm done running after you, too tired to care Because whenever I call you're just not there
Jana Dreyer2011-09-26Atlas Soek my in jou atlas Soek my op jou kaart Soek my in die hemel Soek my op die maan Soek my in die velde Langs die pad waarop jy reis En as jy my gevind het Vat my saam tot by die huis
Melanie Joubert2011-09-26Gevalle engel Jy is ‘n verdwaalde wandelaar Jou soektog loop in sirkels, aanmekaar Soek jy na verlore skatte, jy het jou tyd verspeel Die stralekrans om jou het verdwyn
Connie Myburgh2011-09-26Droomkasteel Onbekende dreig op die horison gaan met vrae en onsekerheid my dae om net ‘n dowwe beeld wat voor my lê kontempleer en probeer vorentoe beweeg.
Connie Myburgh2011-09-26Soutwater-oë (my woorde) Soutwater-oë. Verlore geliefde. Wat moet ek sê om jou te troos? Almal wat saak maak, gaan verlore. Al wat uitkom is ... Ek’s jammer om te hoor.
Connie Myburgh2011-09-26Tussen stof Plaas my drome in ‘n boks onder ‘n pel se bed en daar vergaar dit stof. Daar gaan lê my drome tussen stof, tyd en buite bereik van ore.
Connie Myburgh2011-09-26Die enigste manier Hier staan ek nou, arms oop voor jou, en ek wens ek kon dit net beter vir jou sê Want dit wat ek voel wil ek net met jou deel ... al wat ek vra is om my ’n kans te gee Want dis die enigste manier wat ek ken en wat ek het Om te sê ...
Pierre Ackermann2011-09-26Die storie As dinge maar net gewerk het soos dit in feëverhale werk As elkeen van ons maar net ons perfekte love story kan hê Waar alles net perfek is, alles net reg is Alles net in plek val soos wat jy dit graag wil hê
Pierre Ackermann2011-09-26Hoop Soms is hoop ’n onwerklike droom wat nooit sal realiseer nie ’n leë gedagte wat nooit, ooit sal gebeur nie. Soms hoop ek dat als net oukei sal wees en dat dié hartbreek nie sal gebeur nie.
Pierre Ackermann2011-09-26Betekenislose verlange Dink jy nou aan my soos ek aan jou Wonder jy ooit of ek dit nog hier binne-in my hou Kan jy nog onthou ons tye saam Dit was min maar onvergeetlik daar