"Selfmoord" deur Sulani Grobler

  • 0

Selfmoord

jou liggaam lui
donker bel
in ’n stik huis,
stil
waar jou lyf
klepel hang
in ’n nok
’n dak
’n balk

het uil gehoor,
laasnag klapper-vlerk
iewers hoog
alleen
bo jou stilte

onthou lui
eggo eggo jou
tussen die balke

my genade
is ’n klokkespel
vir jou
’n tou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top